Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Pianis Charl du Plessis gesels oor eerste solo-album
2019-11-07"Ek staan telkens verstom voor die vermoë wat musiek het om ons uit ons onmiddellike omgewing te laat ontsnap en ons buie te beïnvloed."
Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie II
2019-11-07In hierdie podcast gesels die skrywers oor “jong stemme”. Hulle vra wat dit beteken, hoe lank mens nog ’n jong stem bly en hoe elkeen van hulle hierdie deel van hul loopbaan tans bestuur.
“In the belly of the beast”: South Africa’s education discourses associated with the fourth industrial revolution (4IR)
2019-11-06"An emphasis on the transfer of generic skills is rapidly becoming a core foundation of education policy, curriculum and pedagogy. The emerging 4IR knower is touted as a future-proof knower."
Die versmelting van outeur, skrywer, verteller en karakter in André Letoit se Suidpunt-jazz
2019-11-05"Protokol vereis sogenaamd dat die verteller en die skrywer heeltemal apart gehou moet word. Op geen manier mag hulle as dieselfde persona gereken word nie. .... Daarom die caveat aan letterkundiges: Vergeet van die mens agter die boek! Dit sou egter tot 'n verdraaide en verarmde interpretasie lei as iemand Suidpunt-jazz so wil lees."
Ubuntu-kortkursus bevorder gemeenskapsbou
2019-11-04Studente van die Universiteit Stellenbosch en die Brandvlei Korrektiewe Sentrum by Worcester in die Wes-Kaap het onlangs die land se heel eerste interdissiplinêre kortkursus wat in die tronk aangebied is, voltooi. Marli van Eeden gesels met Mary Nel, akademiese direkteur van die Ubuntu-kortkursus en senior dosent in die Departement Publiekreg aan die Universiteit van Stellenbosch.
Suid-Afrika en die terugbons-faktor
2019-11-04"Dis ’n span wat weet van terugbons na ’n terugslag. Dis ’n span wat weet wat dit beteken om jouself af te stof, op te staan en terug te baklei, al veg jy ver buite jou gewigsafdeling. Dis ’n span wat weet van aanhou en uithou."
“Ex unitate vires”
2019-11-04"En ek wiet dat die lese het ’n baie heavy apartheid feel, maa ek hou van die geskiedenis wat ek hie gekry het: 'Ex unitate vires' – wanne ôs een is het ôs krag."
Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie
2019-10-31In dié podcast-reeks gesels die skrywers oor hul agtergronde, die dramas waaraan hulle gewerk het, verskillende vraagstukke waaroor hulle geskryf het, die skoliere wat die Paulet-huis besoek het en saam met wie hulle kon werk, asook die toekoms vir elkeen as jong Afrikaanse skrywer.
Monument herdenk Kaapse rebelle
2019-10-31By Laborie in die Paarl het vroue in 1900 twee keer van regoor die Kaapkolonie vergader om teen die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog beswaar te maak. Dit is ook hier waar een van die mooiste monumente wat die Kaapse rebelle herdenk, opgerig is, skryf Elsabé Brits.
LitNet Akademies-resensie-essay: Verset en opbou deur JC Steyn
2019-10-31"Die band tussen Afrikaans, Afrikaners en Afrikanernasionalisme is vir Steyn so natuurlik dat hy nie vir een oomblik reflekteer oor sy basiese aannames nie. Kan hy byvoorbeeld intellektueel die moontlikheid oorweeg dat Afrikaans sonder die Afrikaner kan voortbestaan?"
Akademia reageer: Afrikaans en hoër onderwys – stééds ’n opsie
2019-10-31"Vir mense wat ernstig oor Afrikaans is, het die tyd aangebreek om moue op te rol en medewerkers en -bouers te word."
US en Afrikaans: die student se werklikheid
2019-10-31"Die rektor se bewering dat die US nie ’n Engelse universiteit is nie en dat die US nie op verengelsing ingestel is nie, is kennelik teenstrydig met die student se werklikheid op kampus."
Beleidskrisis verdeel DA in wit en swart
2019-10-31"Maimane en sy mede- swart sosiaal-demokrate in die DA het die ideologiese oorlog verloor, nadat die klassieke liberaal en kolonialis Helen Zille tot die invloedryke pos van voorsitter van die federale raad verkies is."
Franklin Sonn op 80 oor Oos-Kaapse menslikheid en waardigheid
2019-10-31"In ’n onlangse onderhoud op kykNET het Sonn beklemtoon bruin mense is swart, maar bruin binne die swart gemeenskap. Hy sê bruin mense is die voorbeeld van ’n eintlike nierassige Suid-Afrika."
LitNet Akademies Weerdink: Verklarings vir die bedanking van Mmusi Maimane en ander prominente leiersfigure uit die DA
2019-10-30"Gegewe die gebreke eie aan die kapitalistiese model in die bekamping van ongelykheid, sowel as die bestaan van alternatiewe ekonomiese modelle wat wel ongelykheid, armoede en werkloosheid kan teenwerk en bekamp, was dit onafwendbaar dat skerp ideologiese verskille tussen Maimane en etlike ander leiers in die DA sou ontstaan."
Vlaamse skrywers kom in Suid-Afrika skryf
2019-10-30Die Jakes Gerwel Stigting verwelkom vir die eerste keer skrywers wat van buite Suid-Afrika afkomstig is by Paulet Huis in Somerset-Oos. Hierdie veelbekroonde internasionale skrywers sal die huis deel met twee Suid-Afrikaanse skrywers.
Departement Afrikaans en Nederlands: Junior lector Nederlands (termijnaanstelling)
2019-10-30Einddatum voor aanzoek: 1 december 2019
Onderhoud met Catrina Wessels oor PEN Afrikaans
2019-10-29"Ons sal ons bes doen om skrywers se stem te laat hoor waar nodig, ’n bydrae te lewer tot die bevordering van die Afrikaanse woordkuns en diensbaar teenoor ons lede te wees."
Is sport die barometer van hoe polities gesond ’n nasie is?
2019-10-29"Maar wat van die spelers? Maak nie saak wie en wat hulle van die veld is nie, op die veld is hulle ons ambassadeurs. Hulle verdien ons ondersteuning. En as hulle in die proses ons nasie vir een middag in eenheid saamsnoer, maak die uitslag regtig soveel saak?"
