Is djy vesin in djou kop, FW?

  • 27

Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer) en FW de Klerk (foto: Wikipedia)

Bettina het vi my gevra om dié wiek haa rubriek as guest writer oo te vat. Haa nerves is klaa na SONA, sy need ʼn break, spin sy vi my. Snowflake.

Introduce djouself, sê sy. Maa sy gooi hom soe: “Fatima, mense wil weet dat hulle hul meningsvormers kan vertrou.” Sturvy, vegiet sieke sy’s gham. Maa djulle vegietie, nuh. Ek watch djulle. Soe, ko ôs kry dit reg. Ek is Fatima Mohamed. My vrinne roep my Tiemie. Die family kinnes roep my Tietie. Maa djulle, djulle kan maa vry voel om my Mrs Mohamed te roep. Lat ôs maa nie pretend ôs gan vrinne issie.

My credentials? Ek bly my liewe lank hiesa innie land. Dry white season, allie blerrie pad. Al wat gechange het na democracy, som vannie laanies het nou swart velle. Ek sien wat gan an, ek wiet wanne politicians mens virre gat vat. My education het ek innie college of knowledge gekry. Meedere as daai het djy nie noraggie.

Daais nou genoeg geforeplay.

Ek wil praat oo FW, en sy “apartheid issie crime against humanity nie”-storie. Is hy vesin in sy kop? Wanne laas het hy virre checkup gegan, op sy oudedom is Alzheimer’s ʼn reality. Wan soe waa as Allah, as hy reg in sy kop is en sukke bolle snot kwytraak, dan bieter hy maa sy Nobelprysie trug gie. Peace my voet inne visblik, hy’t mos hoeka maa ingegie vi Madiba oorlat hy inne corner gesit was.

Soe, apartheid issie ʼn crime against humanity nie, maa lat een plaasboer net gevemoo wod, dan skrie djulle ammel genocide. Double blerrie standard, as djulle my vra. White lives matter, maa black lives nie soe much nie. Daa’s mos altyd meedere waa daai vedaan kom. En is sieke soe, hoe kan djy iets acknowledge as ʼn crime against humanity as djy nie die pesone as human sien nie? Daais mos obvious.

En dan is daa daai whiteys wat dink hulle is soe slim, kom met hullese arguments oo wie die Convention geratify het. Maa check bietjie, allie Western colonial powers met hullese eie skeletons willie ratify nie. Cause why, netou moet hulle anwoode gie oo wat hulle in hullese colonial dae gedoen het. Oek maa soes apartheid op steroids. Soe sorry, maa as djy wil trugval op ouentjies wat netsoe ʼn sleg track record het met human rights violations, daa impress djy my noggie. Is ampe soes Trump wat vir Putin roep as character witness dat hy nie soe ʼn bad ou issie.

Soe, apartheid wassie soe bad nie? Nuh? Easy to say, as djou property nie onne djou uitgevat was en vi iemand anneste gegie wassie. Maa moenie worry nie, as die expropriation without compensation deukom, dan sal djulle gou ʼn anne song sing. Is mos net bad assit met djou gebeu, maa assit met die hotnots ennie houtkoppe gebeu, daa issitie soe erg nie. Maa ôs onthou hoe ôs diere gevat was, en ôs furniture oppie strate gegooi was en ôs property expropriate was. En as ôs baie praat, een twie drie en djy sit toegekap innie tronk. As ʼn whitey ankom, da moet djy vannie pavement af padgie. En djy maggie in hulle oë kykie. En djy moet baas sê. En djy kry nie dieselfde educational opportunities ie. En siekere jobs is gereserve vir whiteys, maakie saak hoe dom hulle issie. En as djy djou political rights uitoefen, dan issit death squads en disappearances en vlak graffies êrens innie platteland. Op FW se watch oek, maa hy pleit mos bewusteloos. Plausible deniability, kamlaaik.

Maa daai is mossie soe bad ie. Soelank djy nie annie ontvangkant issie, kan djy mos afford om te maak asof ittie gebeur hettie.

En hie sit djy, whitey, innie nuwe Suid-Afrika, nog net soe dikgevriet en met allie lekke jobs. Kla hoe sleg it met djou gan, meantime is djy nog alliepad innie grend huise mettie swimming pools. Apartheid privilege. Ennie hotnots ennie houtkoppe sit nog steeds innie HOP-huisies. Wiet djy hoevel generations se agtestand moet ôs try inhaal om te kom daa waa djy met djou apartheid-privilege gekom het? En save maa daai van djy moes soe had gewêk het om te kom waa djy is. Djy pitch met djou wit vel, en nog voo djy djou bek oepgemaak het, assume ammel djy wiet wat gan vi wat. As ek daa opdaag, gie hulle my bruin vel een kyk, en hulle assume ek is ʼn chancer. En kry ek ie job, dan issit mos net affirmative action, maakie saak hoevel experience en training ek hettie. Ek kry nooit die job op meriete nie. Djy kry altyd die job op meriete. Daais mos ie assumption. Soe, moenie vi my vertel van djy’t soe had gewêk ie. Vi elke een trie wat djy gie, moet ek drie sidesteps ennie cha-cha doen om as djou equal acknowledge te wôd.

Maa apartheid issie ʼn crime against my humanity nie.

Ek wêk my gat af ommie die bitter vatkans te gie nie, maa wiet djy, djulle maakit difficult, met djulle attitude dat die liewe djulle iets skuld. Maybe het djy nie self djou voet op my nek gesit ie, maa djy’t gebenefit vannie voet op my nek. Soe save djou trane en djou veskonings vi iemand wat omgie. I’m fresh out of daai.

Djulle judge die EFF dat hulle hooligans is, maa is hulle vekeed in wat hulle van De Klerk gesê het? Hulle methods was maybe nie okay ine, maa hulle issie vekeed nie. Djulle is soe used dat djulle in enage space kan instap en daas no accountability vi wat djulle innie velede gedoen het, lat djulle nou victimhood pleit as iemand virre slag sê die bus moet stop.

Soe FW, wat dink ek moet djy en djou foundation doen om te begin ommit te fix?

Step 1: Apologise. En nie daai fake apology storie van “ek het al oral ge-apologise” nie. Try wee, met gevoel en met meaning. Woode het meaning, en impak. Ek wiet djy vestaan daai, wan djy’t woode goed gebruik toe dit djou pas mettie negotiations. Soe ek assume dat djy goed gewiet het wat djy doen toe djy daai woode verlede wiek gebruik het. En djytie ʼn damn omgegie nie, wan djy play mos virre different audience. Een van pseudoliberals wat hulle woke baadjies dra en dink hulle kan nou maa destruction saai soe vê hulle kom, wan hulle is liberal.

Djy moet vestaan. Die democracy waavoo ôs ammel soe had gewêk het, die democracy waa ek my blood sweat en tears as equity gegie het, daai democracy vedien bietere as dat djy djou gat daa aan afvie. As djy nie deel vannie oplossing issie, dan is djy deel vannie problem. En let me be clear, FW: Djy’s deel vannie problem. Djou uitsprake is insensitive, tone deaf en maak asof ôs suffering niks wassie.

Step 2: Gie trug daai Nobel. Ennie geld. Met interest. Djy vedien ittie. Daai tyd toe djy genominate is daavoo, toe hettie UN mos klaa apartheid as crime against humanity gedeclare. Toe’s mos djou kans gewies om te sê apartheid issie soe bad ie, soe djy het mossie iets gedoen wat die Nobel vedien ie. Maa toe bly djy stil en vattie honours. Djy vedien it ie.

Toe ek die eeste kee gehooret vannie statement wat djy gemaak het, FW, toe wonne ek of djy vesin is. Nou beginne wonne ek of djy plein evil is. Die jury is noggie in oo daai nie.

  • Sedert hierdie rubriek geskryf is, het De Klerk die verklaring teruggetrek.
  • 27

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    Op 83/84 dink ek nie daai oupa moet meer toesprake maak of verklarings uitreik nie. Nie dat ek se onse senior burgers is oor die muur nie verstaan my mooi. Net dat 84 dalk goeie tyd is om jou aftrede te geniet. Maar as Nobelpryswenner maak hy seker te lekker baie geld elke keer wat hy sy mond oopmaak. Nou sukkel hy om dit toe te hou. So ek steun ook die idee dat hy sy Nobelprys teruggee en sommer ook onthef word van sy amp en alle presidensieele voordele. Dis net vir my ietwat vreemd dat die mensdom NOU SKIELIK so te velde trek teen die man. Dit terwyl sy standpunte nog al die jare bekend was. Al sedert die tyd van die WVK in 1996. Dalk was die geheuens maar net bietjie kort.

    Nietemin, ek wens ek het ook 'n huis gehad. Met of sonder 'n swembad. Ek het reeds die wit vel. Ag wat, ek is net dankbaar vir alles wat ek wel het. My ou kar wat 20 jaar oud is. My vriende en familie. My werkie. Onbenullig soos dit mag wees in die wereld se oge.

    Die artikel is geskryf asof De Klerk my verteenwoordig. Asof ek hom as 'n groot held beskou. Nee wat daar is geen politikus waarvan ek veel hou nie. Beslis nie De Klerk nie. Dit was nou maar 'n besluit wat hulle daai jare geneem het om nie Nuremberg tipe verhore te hou nie. Die resultaat was dat nie 'n enkele politikus in die tronk geboet het vir apartheid nie. Nie een nie. Daar was wel van die staatsamptenare soos polisiemanne tronk toe, mense wat eintlik maar net die politici se opdragte uitgevoer het. Nou skielik kom die politici bietjie onder vuur. Nou na al die jare.

    Dit is hoekom mens nooit politici moet vertrou nie.

    Nooit.

    Dis 25 jaar later en die politici aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir staatskaping nie.

  • Ah bon! T'as un problème avec les propos de monsieur de Klerk. Aucune souci mon pote, mais alors rien du tout.

    Sauf, si t'as envie d'une engeuellade avec celui-ci, faut pas généralisé. Moi chui blanc mais sans piscine. C'est sur que c'était par hasard que j'aie trouvé un boulot et que je le faisait sans problème même facilement.

    Mais ça n'a rien avoir avec toi. Tu ne me connaît pas donc ferme ta geuele petit interlocuteur

    Ce qui est vrai c'est que j'ai bossé dur pour obtenir ce que j'en ai besoin. J'était nullement soutenu par personne.

    Pour conclure ma bafouille donc va te foutre la geuelle de ce mec-la pas moi. Ton avis ne m'intéresse pas. J'ai assez des épreuves dans ma propre vie dont t'en sais rien.

    On ne vie pas dans le passé pour faire semblant que t'es une victime. On se trouve tout sur un bateau qui est en train de s'écrouler et t'en va faire qoui sauf pour utiliser chaque occasion, peut être vrai peut être naz, pour te pleins sans arrêt.

    Merci pour la leçon mais malheureusement ça ne sert à rien du tout. La prochaine écrire a monsieur de Klerk. Moi, j'en ai marre de ce type de connerie

    Passe une excellente journée et bon courage avec le français.

  • Desere Barnard

    Baie goed geskryf. Elke punt is geldig en onaanvegbaar. De Klerk se uitlating was en is steeds skokkend.

  • Tom McLachlan

    Ek het op die internet gaan soek en 'n onderhoud op Times Live gekry waarin die onderhoudvoerder vir De Klerk vra of hulle kan saamstem met wat die VN oor apartheid gesê het, naamlik dat dit 'n misdaad teen die mensdom was.

    Daarop het De Klerk geantwoord: "I don't fully agree with that. I'm not justifying apartheid in any way. Apartheid cannot be compared with genocide." Nie "I don't agree" nie; "I don't FULLY agree" en dan verduidelik hy wat hy bedoel.

    Dit is darem nie dieselfde as 'n blatante stelling dat apartheid nie 'n misdaad was nie.

    Myns insiens is dit hier 'n ware geval van aanhaling buite konteks. Die Rooi Brigade sê in die parlement De Klerk het gesê apartheid is nie 'n misdaad nie, en nou spring dese en gene op die lawaaiwa en praat dit agterna, waarskynlik sonder om eers seker te maak wat De Klerk werklik gesê het.

    Wat hy en sy stigting agterna gesê het, was polities inkorrek, selfs dwaas, maar die aanleiding daartoe was 'n moedswillige halwe waarheid. En 'n mens moet darem 'n mate van billikheid behou.

  • Adam Kok XII.

    Bettina, ek gattie vi djou in kind paybackie. Djou kop raas, man! Ken djy dannie daai ding van Christian charity nie? Skaam vi djou.

  • Henning Janse van Vuuren

    Apartheid is nie ʼn misdaad teen die mensdom nie ‒ wat de hel dit ook al mag beteken. Apartheid is die motief/rede vir apartheidsmisdade soos intimidasie, ontvoering, verkragting, moord ens wat tydens die ongewenste staat van apartheid plaasvind.

    1. A hoekom het jy vir B vermoor? Ek was jaloers.

    2. A hoekom het jy vir B vermoor? Ek versamel ore.

    3. A hoekom het jy vir B vermoor? Ek haat ander rasse, is beter as hulle en glo hulle moet apart van my woon en toe sien haar hier tussen ons (rassisme lei tot apartheid wat lei tot misdaad).

    Om bloot met die VN saam te gaan is ʼn bietjie soos: “In the end the Party would announce that two and two made five, and you would have to believe it.” Nineteen Eighty-Four, George Orwell

    Ek het dit gewaag om skool te hou en iets in my klas te verander wat tot skok en afgryse onder pedagoë gelei het. Wanneer ek antwoordstelle klaar gemerk het (bv. skryfwerk), voorstelle gemaak en verbeteringe daarop aangebring het, het ek dit terug aan die kinders gegee sodat hulle hopelik iets daaruit kan leer.

    'NEE! NEE! NEE! O Gots! Dit moet in ʼn portefeulje geliasseer en in die kluis gestoor word?'

    'Maar hoekom? Hoe leer hulle uit hulle foute?'

    'Nee-nee-nee! Hoe gaan jy bewys daardie kind het ʼn toets afgelê? As ʼn inspekteur opdaag het jy groot moeilikheid.'

    'O, maklik. Ek het al die punte opgeteken, almal het insae gehad en ek is tevrede.'

    Verslae. Verbystering. Angs.

    Tonne vrae- en antwoordstelle word in kluise in hierdie land geberg omdat onderwysers nie vertrou kan word nie en kinders moontlik vraestelle onder mekaar gaan vergelyk waarvoor baie opvoeders nie kans sien nie ...

    You better believe it: Emosie vertroebel logika.

  • Interesting that both FW and Helen have generated much froth with their outpourings of late, and only the froth in society tend to take exception.
    Never forget that both of them have been pivotal in bringing about major change in our society through loads of personal courage and conviction. Then you have the absurdity of those who call for FW's Nobel prize to be withdrawn. Where would this country have been had this man not had the courage to garner his supporters at a critical moment in our history and called a halt to Apartheid. Some could say that given the immense implosion of across the board social standards and general mayhem witnessed under ANC rule since that fateful day in SA's history its quite possible that many rational folk quietly sit and ponder the wisdom of of handing over a country to the devil and his underlings, As FW sat listening and watching the so-called freedom antics a la EFF in parliament last week he must surely had a few misgivings about stepping down with his fellow verligtes. He and other stalwarts from our past should much rather sit back in retirement and leave the now absurd political arena completely while our country continues to crash and burn.

  • Barend van der Merwe

    Dis nou interessant dat 'n stuk wat in Kaaps geskryf is sommer Franse en Engelse reaksies ook lok. Mens wonder of dit ons eie Engelse is wat reageer of Engeland se Engelse. Nietemin, ek het die saak weer mooi gaan loop deurdink. Ek sal eintlik nie 'n swembadhuis wil he nie. Ek is 'n baie lui outjie. Ek wil nie naweke grassny en swembad skoonmaak nie. Ek ry sommer see toe as ek wil swem.

    Ek dink die onteiening sonder vergoeding, waarna die skrywer verwys, dit gaan oor veel meer as wat hier geskryf word. Die toenemende sosialistiese koers wat die regering inslaan is besig om die fiskus aansienlik te laat krimp. Die uiteinde gaan maar net meer armoede en werkloosheid wees. As Suid-Afrika nie weer gaan begin om welvaart te produseer nie, dan gaan daar op die einde niks meer wees om te herverdeel nie. Privaatgrondeienaarskap is een van die hoekstene van kapitalisme.

  • Ce genre de discussion ne sert a rien. C'est comme tout le monde dans ce pays vie dans le passé. C'est que des insultes et des mots blessants qui tourne en bouclé. De nos jours ce pays est mal dirigé ensuite il s'écroule petit a petit.

    Quoi faire quand on est en train de se noyer? Ça va continuer comme ceci alors?

    Pitoyable et inutile!

    L'heure de se réveiller des rêves et faire quelque chose est arrivé. Faire un sort que l'on puisse être en mesure de secouer ce bateau tragique.

    On a vécu 24ans dans une soit disant démocratie et rien n'a changé. Plus de pauvres, plus de chômeurs et encore des gens corrumpus.

    Au lieu de faire une engeuellade à chaque coup de geuelle décroche toi du passé. On est 2020.

    Très bonne fin de la semaine à tous et à toutes

  • Ek het in my lewe geleer, jy gaan nie 'n geveg betrokke raak met persone onder jou emosionele en intellektuele vermoë nie. Dit is 'n futiele oefening en mors van tyd energie en asem. Elke saak het drie kante. Myne joune en die waarheid. Nie net die anderskleuriges is in die land benadeel of te na gekom nie. Ongelukkig word net een deel van die bevolking beskuldig, aangekla en gehang. Hoe meer jy droog maak hoe meer probeer jy die blaam na iemand anders verskuif.

  • Apartheid as ’n misdaad kan ons almal aanvaar as bewys word ’n misdaad word aan Internationale reg gemeet. Interessant dat onteiening van eiendom ook beskou word as een van die elemente.

    Daar is twee vrae: Een, aan watter elemente van die misdaad sou De Klerk skuldig bevind kon word en twee, aan watter van die elemente sou die Nasionale Party oor hulle tydperk skuldig bevind kon word.

    Ek dink dit sou baie moeilik wees om De Klerk aan enige van die elemente skuldig te kon bevind en twee, net so moeilik vir die Nasionale Party. Op die oog af lyk dit dalk nie so nie, maar as jy soort van "Devils Advocate" speel, kry jy ’n ander prentjie. Ek sit die elemente hieronder uiteen.

    Article II

    For the purpose of the present Convention, the term "the crime of apartheid", which shall include similar policies and practices of racial segregation and discrimination as practised in southern Africa, shall apply to the following inhuman acts committed for the purpose of establishing and maintaining domination by one racial group of persons over any other racial group of persons and systematically oppressing them:

    Moet onthou word dat die moes 'n "policy" gewees het.

    (a) Denial to a member or members of a racial group or groups of the right to life and liberty of person:

    (i) By murder of members of a racial group or groups;

    (ii) By the infliction upon the members of a racial group or groups of serious bodily or mental harm, by the infringement of their freedom or dignity, or by subjecting them to torture or to cruel, inhuman or degrading treatment or punishment;

    (iii) By arbitrary arrest and illegal imprisonment of the members of a racial group or groups;

    (b) Deliberate imposition on a racial group or groups of living conditions calculated to cause its or their physical destruction in whole or in part;

    (c) Any legislative measures and other measures calculated to prevent a racial group or groups from participation in the political, social, economic and cultural life of the country and the deliberate creation of conditions preventing the full development of such a group or groups, in particular by denying to members of a racial group or groups basic human rights and freedoms, including the right to work, the right to form recognized trade unions, the right to education, the right to leave and to return to their country, the right to a nationality, the right to freedom of movement and residence, the right to freedom of opinion and expression, and the right to freedom of peaceful assembly and association;

    d) Any measures including legislative measures, designed to divide the population along racial lines by the creation of separate reserves and ghettos for the members of a racial group or groups, the prohibition of mixed marriages among members of various racial groups, the expropriation of landed property belonging to a racial group or groups or to members thereof;

    (e) Exploitation of the labour of the members of a racial group or groups, in particular by submitting them to forced labour;

    (f) Persecution of organizations and persons, by depriving them of fundamental rights and freedoms, because they oppose apartheid

  • Hoe sou die huidige ANC regering vaar as hulle "policies and practises" en die wat hulle beoog hieraan gemeet word? Selfde vir die skrywer van die stuk waarin die skrywer so lekker smeul aan die onteiening van grond sonder vergoeding, wat ook ’n Apartheidsmisdaad is, net soos BEE, Affirmative Action en plaasmoorde, wat hulle ignoreer.

  • De Klerk het nie Apartheid afgetakel nie maar hy't Afsonderlike Ontwikkeling afgetakel. Verwoerd was die ou wat die Britte se Apartheid verander het in Afsonderlike Ontwikkeling (maw wáre demokrasie)

  • Deur 'n besluit van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies no 1761 6 November 1962 word apartheid verklaar as 'n misdaad teen die mensdom.

    Om 'n ogie oor die die toestand te hou word 'n spesiale komitee gestig bestaande uit Algeria, Costa Rica, Federation of Malaya, Ghana, Guinea, Haiti, Hungary, Nepal, Nigeria, Philippines en Somalia.

    Almal lande met bedenklike burgerregte. Tussen 5 en 7 Julie 1962 vind die massa moorde van Oran in Algeria plaas.Die dodetal en vermistes word beraam op so laag as 95 tot so hoog as 453.Van die slagoffers sluit in 'gemengde mense' die sogenaamde 'Pieds-Noirs' -'swart voete'.mense gebore in die tydperk van Franse oorheersing van 1830 tot 1962 en wat terugkeer na Frankryk na onafhanklik wording in 1962.Na beraming is sowat 800 000 verskuif na Frankryk.

    So word die spreekwoord van wolf skaapwagter maak bewaarheid.Oor die ander skaapwagters is die gene wat vir die resolusie gestem het blyk ek maar stil, behalwe om op te merk dat menseregte in die (USSR) feitlik nie bestaan het nie en daar slegs een politieke party was. Amper so Ford se beleid van, jy kan enige kleur motor koop solank dit swart is.

    Dat beleid van afsonderlike ontwikkeling later 'Apartheid' genoem totaal skeefgeloop het en ontaard het in iets wat veroordeel is neem nie die feit weg dat van diegene wat tengunste daarvan gestem het ,self die grootste skenders van menseregte was, soos uit die enkele voorbeelde duidelik is.

    Dit was dus maklik om 'n bevolking van 3.1 miljoen Blankes in 1962 die muishond
    van die wêreld te maak. Die VN is mi 'n organisasie van bo blink en onder stink
    as ek so na die deelnemers se menseregteskendings kyk.

  • Kobus Engelbrecht

    Tom McLachlan se nugtere kommentaar hierbo was die beste wat ek tot dusver oor hierdie kwessie gelees het.

  • Vir een keer in sy lewe was F.W. doodmoeg om voor te gee en moeg vir die alewige dwepery, witvoetjie-soek skynheiligheid en godskreiende politiese korrekte afro-marxistiese rooiberet slagofferskap en toe-eiening (ja, ons is "slagoffers", maar ons mag se net wat ons wil aan wie ons wil en andere se menswaardigheid en bestaansreg GENADELOOS aanval; en basta met die res) brigade; en wou hy DIE WAARHEID praat en het hy hom dit inderdaad op die hart geneem om uiteindelik die ONVERDUNDE weergawe daarvan te gee; kommunistiese meelopers en simpatiseerders "be damned"! .... mooitjies word hy toe deur "borge" (Soros en kie?) en die polities korrekte NWO anti-blank, anti-Westerse mafiabende gemuilband.

    Goed vir jou de Klerk, goed vir jou, as jy tog net by jou standpunt gebly het!

  • Barend van der Merwe

    Op die horison van droomland seker Charles. Waar dit gaan bly. Die Wes-Kaap het miskien 'n ander regering op provinsiale vlak, maar dit beteken nie veel nie. Kyk mens na skedule 5 van die grondwet dan besef jy hoe beperk die magte van die provinsiale administrasie is. 'n Abbatoir hier. 'n Biblioteek daar. Hoe wil die Wes-Kaap afstig? Gaan hulle die N1 een oggend toemaak? En die lughawe? Hoe maak jy dan met al die duisende staatsamptenare wat deur Pretoria betaal word? Die polisie. Die howe. Die onderwysers. Die verpleegkundiges. Die dokters. Die Wes-Kaap het geen inkomstediens nie. Waar gaan die geld vandaan kom?

    Daai kite gaan nie vlieg nie. Hy herinner my baie aan die manne wat hulself so beywer vir Afrikaner onafhanklikheid - die sit maar net heeldag rond en identifiseer "grondgebiede", en daar bly dit. Elkeen wil sy plaas binne die "grondgebied" kry.

  • Voici une citation qui s'agit des evenements à Oran 5 juillet 1962. Bonne lecture.

    Le massacre d'Oran
    Le dernier épisode de la guerre d'Algérie a lieu à Oran le 5 juillet 1962, le jour même de la proclamation officielle de l'indépendance algérienne et deux jours après son indépendance effective.

    Cette grande ville de la côte occidentale (400 000 habitants) était la seule à majorité européenne pendant la période coloniale. De nombreux pieds-noirs y étaient encore présents au lendemain de l'indépendance. D'autres, fuyant le bled (la campagne), s'y étaient installés dans l'attente d'un hypothétique exode.

    Une ville sous tension
    Du 1er juillet, date du vote de l’indépendance, jusqu’au 4, il n’y a en ville que quelques défilés de voitures surchargées de musulmans, hommes et femmes hurlant des slogans et des you-you, plutôt bon enfant… Le 5 juillet 1962, la radio donne l'ordre aux habitants d’ouvrir les magasins, les bureaux et de reprendre le travail.

    Scène de rue à Oran le 5 juillet 1962Mais dès le matin, une foule déferle des quartiers arabes vers les quartiers européens, de la place Kargentah vers la Place d’Armes, « pour un défilé pacifique ». La plupart des manifestants n'en sont pas moins armés.

    À 11 heures, un coup de feu retentit sur la place d’Armes, un signal sans doute. Des cris jaillissent : « L’OAS, c’est l’OAS qui nous tire dessus ! » Assertion invraisemblable car nul, même au sein de l'OAS (Organisation de l'Armée Secrète), n'aurait été assez fou pour provoquer ainsi une foule déjà surexcitée.

    C'est le début d'un carnage : une chasse à l’Européen commence, sauvage, systématique, dans toute la ville.

    Les auxiliaires de l'armée algérienne, les ATO, emmènent les Européens prisonniers par longs cortèges vers le commissariat central où ils sont battus et tués, ou vers le Petit Lac, ou vers la Ville Nouvelle. Pourtant, dans cette folie sanguinaire, des musulmans sauvent des Européens, d’autres font délivrer des prisonniers.

    Le général Joseph Katz, qui commande les 18 000 soldats français encore à Oran, survole la ville à plusieurs reprises. Il téléphone au président Charles de Gaulle pour l’informer de l’ampleur du massacre et demander l'autorisation d'intervenir. « Surtout, ne bougez pas ! » lui est-il répondu. Les soldats restent donc dans les casernes.

    La tuerie dure près de six heures. Lorsque, à 17 heures, les gendarmes français sortent enfin dans la rue, le calme revient aussitôt. Les cadavres jonchent la ville, on en trouve pendus aux crocs des bouchers, dans des poubelles...

    Le drame d'Oran va accélérer l'exode des pieds-noirs vers la métropole et mettre fin à l'espoir d'une cohabitation entre anciens colons et musulmans dans l'Algérie indépendante.

    Voir la version intégrale

  • Kobus Engelbrecht

    Ek stem nie net saam met Tom McLachlan nie, maar wens bydraers kan, nes Tom, hulle standpunte in eenvoudige en korrekte Afrikaans stel, en die bal speel en nie die man nie. Ek het 'n broertjie dood aan hoogdrawende taal in 'n poging om soos 'n intellektueel te klink. Dit gaan oor die stel van standpunte en hoe jy dit verdedig met behulp van geldige argumente. Ek lees juis nou die dag 'n onderhoud van die filosoof Pieter Duvenhage met 'n ander filosoof Bert Olivier, ek dink. In een van sy antwoorde verduidelik Olivier dat dit sy strewe was om in eenvoudige Afrikaans met sy studente oor die filosofie te kommunikeer. Die aanstellerige taalgebruik van sommige sogenaamde intellektuele/ kwasi-intellektuele irriteer dikwels.

  • Tom McLachlan slaan die spyker op die kop!
    Ek sal ook graag wil weet aan die hand van watter kriteria apartheid as ’n misdaad teen die mensdom definieer word. Indien “apartheid” definieer word as uitbuiting en onderdrukking dan is dit wel ’n misdaad teen die mensdom en dan is veral die Britte daaraan skuldig, en ook menige ander nasies. Terloops, die vraag ontstaan dan waarom is hulle ook nie onderworpe aan allerhande vergeldings- en boetedoeningmaatreëls nie maar dis seker ’n onderwerp vir ’n ander debat.
    Afsonderlike ontwikkeling, aan die ander kant – die beleid wat in ’94 tot ’n einde gekom het – was dan die apartheid per definisie nie. Die hele Europa, die hele wêreld om die waarheid te sê, is “apart”; Duitsers stem nie in Portugal nie, Franse nie in Spanje nie, ens. ens. en elke volk het sy eie taal, volkslied, weermag en vlae.

  • Johann Basson

    My uitdaging aan die skrywer:

    Kom na vore met opbouende voorstelle vir ’n definisie van ’n spoedige, toekomstige, verbeeldingryke “Suid-Afrikaanse Nasie-identiteit” waarmee ALLE Suid-Afrikaners hulself met ’n gevoel van warmte kan vereenselwig en wil uitleef ter bevordering van geregtigheid en naasteliefde.

    Terloops, ek is ’n kreool-Afrikaner.

  • Klippen den Bosch

    Ek het ’n probleem met Kaaps waar dit met die hardop lees ook maar baie klink soos die "standaard" wat met 'n goeie skeut Engels gemeng is -- maar vir die effek en om duidelik anders te wees, word koddighede soos noraggie (nodig nie) geskryf. En as dit dan norag is om die uitspraak so te beklemtoon, waarom word daar nie norag ie (twee woorde) geskryf nie? Daar is immers ook verskillende rededele in taalvariante en dialekte, of nie?
    Dit herinner aan die geradbraakte manier waarop plaaswerkers se taal in die ou dae in boeke weergegee is. Dikwels met 'n ondertoon van meerderwaardigheid en spot.
    Ek wil sover gaan om te sê Kaaps is weinig meer as 'n vermenging van Engels met Afrikaans met 'n Kaapse aksent. Met eiendomlike sêgoed van die Kaapse kontrei. En baie Kapenaars van alle skakerings -- van leliewit tot roetswart -- praat so.

  • Kerrie Krimpvarkie van Kaapsfontein

    Ons is almal setlaars in Suid-Afrika. Gun mekaar ’n plekkie onder die Suid-Afrikaanse son en onder die nagtelike suiderkruis in die sterrehemel. En respekteer mekaar se identiteite en menswaardigheid. Want die mens se lewensduur is uiters kortstondig. Geniet en waardeer ons Suid-Afrikaanse smaaklike vrugte. Lekker slaap.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top