Die gedierte op ôs rug: ’n inleiding

  • 2

Olivia Coetzee (foto: verskaf)

Na ʼn gesprek tussen twie mense wat ek volg op Facebook is ek “vasgevang” in die hele identiteitskrisis waamie “bruin” mense mien sit, en hoe dit ôs nog tot vandag toe affekteer. Soe baie vrae staan regop in ʼn lyn voo my soes hulle wag om hulle plek in te vat op papier dat dit vi my voel dat ek nettie genoeg ure in die dag het om deu dit te wêkie. Maa dissie net van sê, ja daa is ʼn identiteitskrisis nie, maa waa kô dit vandaan? Dis een ding om vrae vi myself te beantwoord waa ek net pik-pik an Google se feite, en dis ʼn hele anne ding om die vrae te beantwoord soes ek ʼn dissertasie skryf, wan dié is ʼn hele komplekse storie, en miskien is ek nie die mees geskoolde een om dit alles an te pakkie, maa miskien is my proses om die vrae te vra, en om te try om dit te beantwoord deel van die groter prentjie.

Met al die selfhelpboeke wat ek nou al soever gelies het, wôd daa altyd vewys na die feit dat die ienigste manier om rid te raak van die baggage wat mens dra is om deu dit te wêk. Maa hoe wêk mens deu baggage wat djy nie eens wiet djy dra nie? Of hoe maak mens vriede met ʼn veliede wat djy nie eens van wietie?

En dit bring my by die eintlike gedierte wat ek wil bespring wat se naam intergenerasie-trauma is, of IT hiena, en die gedierte krap nou al vir ʼn hele tyd tien my deur. Die teorie van IT praat oo hoe trauma wat ôs voo’ouers deugemaakit, nog steeds vedag op ôs skouers sit. En ek vra dan wat is die trauma en deu wat was dit gecause? En hoe het dit “bruin” mense geaffekteer? En hoe kô ʼn mens uit die cycle uit?

Miskien moet ʼn mens begin by die trauma wat mens kan sien.

En die trauma lê vi my in dinge soes slawerny en die geskiedenis van “bruin” mense in slawerny, en die name wat ôs dra soes, bruin, kallid, kleurling, mixed-race, en selfs die vanne wat ôs dra. Ek mien, was Coetzee rêrig my grootouers se van? Die feit dat ôs se voo’ouers hulle land veloo het, en dit nog steeds ʼn uitwerking het op wat nog vedag te siene is in “bruin” mense? Soes waa is ôs wortels geplant as ôs dan nou nie ʼn “kraal” hettie? Die dop system, die pencil test, en die forced removals wat “bruin” mense nog steeds deu’maak tot vedag toe? Hoe het die feit dat ôs voo’ouers se tale uitgesterf het, en nie an ôs an gegie wassie ʼn effect op ôs? Hoe tas dit ôs as “bruin” mense an om te hoo dat die taal wat ôs praat is ʼn halfnaaitjie nes ôs en dit hoortie in plekke soes skole, in die gawement, of in boeke nie? Ek wonne oek oo hoe ôs altyd die dinge van ôs liewens in God se hanne los, en hoe dit die agency van ôs af wegvat om actually self vi ôs die opportunities te maak wat ôs soe graag wil hê. Daa is niks vekeerd om in God te gloe nie, maa waa is ôs tradisionele geloewe, en hoe môs dit ôs op dat ôsie ienige waarde in ôs voo’ouers se geloewe sien nie? En hoe is godsdiens gelink met IT en oek die minnerwaardigheidskompleks wat ôs mien rondloep? En dan is daa oek die vraag van hoekô voel soe baie “bruin” mense dat hulle nie swat issie? Ek mien toe president Ramaphosa by die SONA vewys het na “black people”, wiet ek dat daa somme klompie van ôs “bruin” mense was wattie gevoelit soes dit met hulle gepraat wôd ‘ie. Wat ôs wiet, is dat trauma dan oek wee op veskillende maniere kop uitstiek. Soes miskien in die vorm van geweld teenoo self en teenoo anne mense, dwelmmisbruik, miskien in die vorm van onstabiele emosionele vehoudings met self of met anne mense, en miskien kan dit na vore kô deu ʼn minnerwaardigheidskompleks wat “bruin” mense mien sit? En die minnerwaardigheidskompleks issie net iets wat hulle self dra nie, maa “bruin” mense sien maa min die waarde in anne “bruin” mense.

Maa hoe wêk mens deu die traumas wat nou al vi djarre en djarre en generasies an die “bruin” mense se skouers klou?

Trauma is ʼn tricky storie om van te praat en skryf, wan elke een se trauma gattie dieselle lykie, maa in ôs “bruin” gemienskappe is daa duidelik tiekens van trauma waamie ôs sit, en dan call ôs dit maa net op ʼn anne naam, en dis tyd dat die gedierte in die lig gebring wôd.

  • 2

Kommentaar

  • Bravo Olivia! Jy laat ons almal diep dink oor hierdie diepdenkende nodige vrae makie saak van watter dialek os praatie! Ek wens net meer van ons makie saak Wie nie, praat reguit duidedlik en respectful oor goeterse wat ALMAL raak veral waar ons inpas in die taal van ons ouers...en ja beslis ons ander tale in ons familieboom!

  • Jou artikel spreek so tot my- alles wat jy noem voel of dit vir elke groep praat op’n manier. Ons kan nie loskom van die verlede sonder om dit te face nie en dit is baie swaar!! Maar baie nodig!! Dankie vir hierdie mooi en eerlike werk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top