Jitsvinger: 10 most influential albums

  • 0

Jitsvinger skryf rubrieke vir LitNet, soos hierdie een:

Hoëgraad-boemelaar

Aan die einde van 2019, kyk hy terug op musiek wat 'n groot invloed op hom gehad het. Hier is sy lys.

  1. Nas – It Was Written (1996)

My eerste introduction aan ’n liriese profeet en ’n staple van my hoërskoolvakansies se soundtrack as ’n twaalfjarige soos ek deur my cousins se kamervenster in Matroosfontein kyk.  Asof hy terug kyk na my toe aan die ander kant van die flats al die pad van New York deur die album cover. Nasir Jones se stempel is geprikkel met aanskoulike imagery, woordspel soos oor-gel en projectiles uit sy oë-vertelling marinated in moordende realisme wat jou perspektief met elke treffer assault. Sy gebruik van personifikasie spog die skerpste lem in sy toolkit met die kultus “I Gave You Power”.  Dit was die jaar toe ek my eerste rap gepen het.

  1. Fugees – The Score (1996)

Na die popularity van hulle song “Nappy Heads” (Remix) was ek sold. The Score was liries skerp, musikaal wyd en polities- en gemeenskaplik-ingelig. Definitely ’n pop-culture classic wat universally oor generasies strek met sterk spirituele solicitation.’n Tributary aan Bob Marley wat dreads in my siel gekweek het onder my gekamde kroeskop as ’n kerkgaande tiener. Rap-musiek was nie so gewild destyds nie so dit was ’n vibe toeKilling Me Softly” en “No Woman, No Cry”  tussen die hits gerank het op radio wat dit ’n moet-saak gemaak het vir jukeboxes en bootleg-CD’s in gameshops, taxi’s, taverns, smokkelhuise en house parties innie 90’s. The Fugees het intelligent rap exceptional gemaak vir my met treffers soos “How Many Mics”, “The Mask” en title snit “The Score”, onder andere.

  1. Black Noise – Rebirth (1996)

Die eerste keer toe ek musiek gesteel het. Letterlik. Dit was ’n ominous cultural object op die voorkamer tafel. My oudste broer het tjommies gemaak met die nuwe laaitie op innie pad wat ’n meer localized awareness gehad van die Hip Hop-scene wie hom hierdie kasset geleen het. Dis hoe die kasset in ons huis beland het. Elke song was wêrelde apart van al die ander rap musiek waaraan ek exposed was tot op hierdie punt. “TV Deceives We”, ”Black Facts”, “Who Taught You” en “Africa For Sale” het ’n moerse impression gemaak op my education en perspektief oor my wêreld wat ek Suid-Afrika noem. Dit was ’n 360 grade headspin.

  1. Godessa – Spillage (2004)

Daars nie baie albums soos Spillage wat die saak straight maak met conscious delivery sonder om taste te verloor nie. Waar jy iets het om te sê en te klink asof jy protest nie maar wat die ding laat ruk met tegniek en individuality. Drie emcees, elkeen met haar eie style staan myle bo baie andere in ’n manlike oorheersende industry. Vi my het hulle die deur oopgetrap met die single, “Social Ills” in 2003 en later gevolg deur “Minds Ablaze” wat vir ’n lang tyd op Goodhope FM gekloppit en critical acclaim deur local music critics.

  1. Method Man – Tical 2000: Judgement Day (1998)

’n Sentrale album tydens my hoërskool-rap-dae as senior scholar en period waar ek ook baie duiwels getoets het. My pad na vernacular rap was gesaai met hierdie artist se woordspel en tegniek wat sy gritty skeppings begelei het. Dis nie jou pretty-boy liedjie skrywery nie. Die album is vol post-apocalyptic komposisies wat klink soos die klankbaan van ’n Mad Max-movie soos jy glip deur Mr Mef se ballads soos “Perfect World”, “Retro Godfather”, die storievertelling op “Party Crasher” en die romping muses van “Sweet Love”.

  1. Jimmy Dludlu – Afrocentric (2002)

Ek het in 2004 die guitar opgevat as my instrument waarmee ek my raps wou begelei en het gesoek na ’n African guitarist wie my sou “mentor” in die proses om my eie sound te vind. Hierdie album ag ek ’n classic en must-have vir enige jong musikant op soek na haar/sy roots en identity deur musiek. Die album trek weg met sy meesterlike phrasing vermoëns op Afrocentric. Die horizon van Jimmy se musical encyclopedia vat jou van Brazilian samba na bossa nova tot diep in die klowe van African musical idioms van marabi en maskande met intensiteit en krag.  Sy solo op “Library In Flames” laat my nou nog die air guitar uitpluk.

  1. Moodphase 5ive – Super Deluxe Mode (2003)

Ek het vir Moodphase 5ive een aand ’n live performance van Uneek op TV gesien doen. Die ruimtetuig was eklekties onoortreflik met ’n kombinasie wat strek van funk, jazz en hip hop tot latin breaks en bass-heavy dub plaas hulle op die international map. Super Deluxe Mode was ’n beacon vanuit ’n bekende galaxy waar die lewe dieper is as “Adidas and a drunken night out” soos rapper Dform getuig. My konsep van kontemporêre local music se ceiling was gelig. Die onbekende het bekend geword.

  1. Prophets Of Da City – Ghetto Code (1997)

Die skoolbus het uiteindelik by Sunbird Park gestop en ek is daar uit soos ’n pyl uit ’n boog oppad na Donnie se huis met sy Sony hi-fi system. Hierdie keer was dit vir die bekroonde final offering van legendary POC. Die huishulp het later ook saam gedans op “Mahala Jive”, “Heyta Da” en “Roots Resurrected”. Daar is jol vol genoeg vir die album nie. “Net ’n Bietjie Liefde” en especially “I Remember District 6” verdien sommer nog baie spins oor die airwaves vir jare om te kom.

  1. The Roots – Phrenology (2002)

Na ’n kort stint in college werk ek in ’n nabye fabriek en pen die frustrasies van my realiteit op die drum roll intros van ?uestlove. Een van my songs op Skeletsleutel is ’n homage aan hierdie album. Daar is baie waarvoor ek vir die frontman, Black Thought moet bedank maar as ’n span het hulle my waardering vir die interessante gebruik van klank en subject matter verdiep. “The Seed”, “Break You Off” en “Pussy Galore” kry altyd ’n repeat na ’n volledige luister. Die spokerige “Something In The Way Of Things” met Amiri Baraka sny soos ’n chirurg aan die hamster-wiel samelewing se psige om die banality daarvan ten toon te stel.  

    10. Madvillian – Madvilliany (2004)

Lank voor die kritiese lof en yslike afwagting van hierdie ikoniese meesterstuk het ek na die uitgelekde mp3 version van MF DOOM en Madlib geluister wat later gesprinkel was tussen die spindels en gigabytes van song files op hard drives en USB sticks. Enige song van die offering was bliss. Niks word gemors nie. Die twee venture tussen liriese salvos van ’n prettige en soms schizophreniese MF DOOM gekomplimenteer deur Madlib se avant-meets-antiques sampled musiek produksie. Die blockbuster alliance bied ’n teengloed van juwele soos “Rhinestone Cowboy”, “Figaro”, “Accordion”, “All Caps” en “Great Day”.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top