Hoëgraad-boemelaar

  • 0

Korrupsie is die antwoord.

Aweh. Soe getuig die headlines in jou weeklikse poniekoerant of getroue nuus app van jou mobile phone. Selfs in jou local barbershop of taxi trip tot by die city centre. Jy kan verseker wees die week se brokkie is sappiger as laas naweek se braai.

Vee jou oë yt met die latest skandaal vanuit die boenste rakke. Die paper trail blur met die dood van Gavin Watson en wie wat gesteelet uit Bosasa se vaults; die regsdienaars wat weier om die kriminele element weg te bêre; en die hooggeplaastes wat omgekoop word. Van Zuma se Nkandla fire pool tot tenderpreneurs wat die tjommieskommel doen en groot gate in die munisipale geldwoud brand soos fratsvure innie Amasone. Soos '‘n bullet in die pistool wat spin in die Russian roulette van Suid-Afrika se ekonomiese stabiliteit.

Daagliks vreet dit aan jou gewete en dit knaag aan jou moral fibre soos 'n ou tannie met stomp valse tande. Die res van ons gaap die tragedie aan. 'n Titanic op pad na die gletser. SAUK, 'n Bermuda Triangle wat miljarde rande uit die land se koffers opsypel. Prasa, wie se CEO’s talle transaksies vannie rails afgegooi het tot die ontwikkeling van die Spanish Afro wat nou nog witweg is soos die Malaysia Airlines Flight 370.

Dis daai gevoel wat jy kry wanneer jy staan met jou lotto ticket in jou hand en die GVS-waentjie optrek by die mall of by die bank en jy sien die gewapende sekuriteitsbeampte met sy gelaaide AK-47 sakke vol geld wegdra.

Daylight robbery?

Dit voel so en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. In jou gedagte hoop jy dat die waentjie net skielik per ongeluk oopbars en die wind die geld soos konfetti in die main pad rondstrooi. Dink net. Honderde pedestrians zig zag oor die pavement om die manna op te gaar en hulle sakke vol prop. Die car guard los sy duties en stamp iemand in 'n rolstoel uit sy pad om die chaos te join. Die hipster verstik aan sy vape pen, charge op die dansende randelas af in sy crocs en prop sy K-Way jacket se sakke vol. Almal is een voor God: Geld.

Wat is geld?

'n Simbool van waarde. Kapitaal. Eiendom. Munt.

Dit is kragtig. Deurdringend. Subtiel. Dit is georganiseerd met wortels wat strek tot diep in die Ou Testament. Daar is nie 'n enkele rolprent of treffer wat die ware betekenis van geld verduidelik nie. Publieke skole weerhou die geskiedenis en teorie agter die origins van hierdie element. Gelowiges glo dit is die wortel van die kwaad alhoewel die mens in sy/haar korrupsie die skuldige party is. But nou ja, soos die local proverb sê: “Don’t be djadjirag!”

So wat is dit eintlik? Dit is 'n dokument wat die lener teken as 'n belofte wat hom/haar verplig om sy/haar skuld (met rente) terug te betaal aan die bank, anders verloor hy/sy collateral, byvoorbeeld die huis of kar.

Oor die eeue was enigiets gebruik as geld: krale, skulpe, gekerfde been, skape, metaal en weefstof, onder andere, solank dit draagbaar was en genoeg mense met die geloof dat dit goed met waarde daarvoor kon verruil. Koloniale magte het die rykdom van die plaaslike pastorale lede van geslag aka die sogenaamde Boesmans gou agtergekom en deur middel van slinkse manipulasie handel gedryf met hulle. Die resultaat hiervan is tot vandag nog steeds so sigbaar dat jy die veneer met jou vingernael kan afkrap. Denkbeeldig gesproke natuurlik. Vra maar die plaaswerkers van Ashton tot in McGregor wat die prys vir regte opvoedkunde is: verbanning van die plaas. Die hele gesin. Hoekom? Omdat korrupsie, nes die donker eeue van ouds, nie kritiese denkers verdra nie.

Wanneer die homeless langs die pad staan met 'n cardboard sign en jy nie jou motorvenster wil afdraai nie, voel jy skuldig? Te gemaklik in jou bubble terwyl jy met jou skelmpie chat op WhatsApp? Meanwhile word meer as sewentig persent van die land se resources beheer deur 'n skamele een present wat dit ... uh .. met die sweet van hulle arbeid verdien het. Reg?

Is orraait, die neongeel pullover met die silver shadow reflectors het society gehelp om poverty te normalise. Nou verdien húlle ten minste 'n plek in die son wat nie die dwalende toeris in die voorstede sal afskrik nie. Om te bedel met dignity. Daai’ s mos empowerment tesame met al daai equal rights stront.

Ek wietie.

Iets stink.

Suid-Afrika se rykdom lê in die hoerhuis van korrupsie se verminkte gierigaarde. Die slagaar bloei nog steeds sedert Madiba se ekonomiese kompromie met die duiwel in 1994 en verkleur die nasionale vlag met die illusie van eenheid. Jy moet gesyp is om die gees te vang. Dis hoekom drankhandelsmerke en ander multinasionals dik pennies inpalm tydens Wêreldbekertoernooie. Is fokkol is festive.

Sodra die Faf-gety oorgewaai het en die ontsmetmiddel uit die lap getrek het, ruik jy die fumes van die neoliberal eenoogmonster met die finansiële minister hoog op sy boggel. Twaalf horings op sy kop. Die pienk olifante van Fifa 2010 se karkaste word gerenovate vir vermaaklikheid sodat talle plaaslike gladiators betalende kliënte na die sirkus kan lok.

Die belastingbetaler moet maar altyd die prys betaal.
Keer op keer op keer.
Elke keer.

Afkop hoenders
Gee jou oë kos en sien wat jy need
Deesdae word ons dors
Geforce deur consumerism en greed
Tyd voer  'n stryd en ons baklei op alle fronte
Almal is caught up en hardloop soes afkop hoenders
Al in die rondte
Papsak gorrel die volgende oggend platsak
Jobless op 'n skarrelbaan
Talle youngsters op tik
Innie drom
Innie swart sak
Aan die loaf
Innie tronk
Innie son as 'n joke en dit gaat swaar
Masekind, wat? Is ons fucked up?!

Mirrelmanne druk teen’ie rand
Tot in 'n resessie
Olie vultures gooi dollars soos confetti
Advertensies pla die gedagtes
Gunpoint propaganda, daai’s die plan
So val ons vi kaarte wat hulle skiet
Jou indigenous word nog once getreat soes gemors ou pel
'n Nuwe Suid-Afrika is 'n ou regime net onder die vel
Vanaf D’Almeida tot die VOC
Fight ons continuously
En die music is vital
Soldate unite!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top