Op 10 Oktober is uitspraak in die Konstitusionele Hof gelewer ten gunste van die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid. Lees die volledige uitspraak hier.
US-taalbeleid en die Konstitusionele Hof se beslissing: Afrikaans? Afrikatale? Stellenbosch?
Kommentaar
Nie as 'n verassing gekom nie. Die taalgety het lankal reeds geswaai en ek twyfel of jy in Suid-Afrika 'n hoër hof sal vind wat nog bereid sal wees om partikuliere uitsprake oor taal te maak. Maar Gelyke Kanse moes vir ons hierdie vasstelling kry sodat ons nou die hele privatiseringskwessie met groter entoesiasme orent kan kry. Die red-wat-te-redde-benadering aan die enkele staatsondersteunde instelling(s) waar Afrikaans nog in die klaskamer gebruik word (en nie deur middel van tolke nie - hoe belaglik) gaan net verdere energie verspil. Kom ons gee nou maar toe - daar staan nie iets in ons grondwet wat 'n meertalige bestel verskans nie, so waarom nou nog daardie ou snaartjie tokkel? So grappig gewees om De Villiers en Schoonwinkel vanoggend op RSG aan te hoor oor hoe Maties 'n meertalige beleid handhaaf! Die instansie wat dit regkry om via Engels as voorkeurtaal institusionele meertaligheid te bevorder, moet seker nog opgerig word. So laat ons nou van al hierdie en ander naïewiteite afstap en aanvaar dat ons nie verder sal vorder met Afrikaans binne die staat se dampkring nie (veral nie aan universiteite wat soos takkantore van die Ministerie behandel word nie), dat die strewe na institusionele meertaligheid misluk het en werklik nie realiseerbaar is nie. Buiten die oprig van private Afrikaanse tersiêre instellings kan ons eerder ons energie bestee aan die voorbereiding van Afrikaanssprekende studente wat nog in Afrikaans onderrig ontvang, vir 'n Engelstalige tersiêre milieu, totdat ons eendag daarin kan slaag om hulle almal van staatsuniversiteite weggekanaliseer kan kry. Ek dink hier aan 'n soort naskoolse brugopleiding wat kan help om die minder wordende Afrikaanse skole te help red. En sulke oorbruggingsinstansies kan ook sommer help op leerders se akademiese geletterheidsvlakke te lig; selfs nie-Afrikaanssprekende leerders kan hierby baat.
In aansluiting by Theodorus du Plessis: Daar kan ook gerus gekyk word na die gehalte van die skoolonderrig en onderrigmateriaal van Afrikaans, veral as tweede of vreemde taal. Werklik goeie kursusse vir die aanleer of effektiewe gebruik van Afrikaans kan net 'n positiewe uitwerking he vir die taal al los dit nie die probleem van marginalisering op nie. Dit kan by geinteresseerde onderwysers (en dosente wat Afrikaans as tweede of vreemde taal onderrig) self begin
Blykbaar is Blade 🔪 Nzimande op kruisvaart om Afrikaans uit ons kloue van "verregse" moedertaal sprekers te red? Seker sy goeie kommunistiese reg om Afrikaans te nasionaliseer?