Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Verskrikking in die ergste graad: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster
2022-04-12"Jaloesie is een van die eerste merkbare kenmerke van ’n narsis. Meng dit met beheer, ongegronde beskuldigings, verwyte, minagting, onredelike vereistes en woedebuie alles saam in ’n whiskeyglas met drie blokkies ys, dan het jy die volmaakte resep vir ’n gewaarborgde aanslag."
Nuances and other stories by Dianne Stewart: reader impression
2022-04-11"Dianne Stewart’s stories are effective because they, too, are rooted in the modern everyday experience of ordinary people with whom we can identify. We cannot predict their ending in most cases, because they are often left open-ended, but it is our imaginations that supply the denouement, depending on which door we open – it puts the reader in the position of being an arbiter of fate."
In die tyd van die gif deur Dana Snyman: ’n lesersindruk
2022-03-23"Die stories werk, omdat dit spreek tot baie soorte lesers, van die meer gewone mens op straat tot die meer gesofistikeerde intellektueel. Mens kan dit ’n bietjie vergelyk met ’n goeie ou Theuns Jordaan-treffer. Die hoofouderling en die kroegvlieg luister ewe lekker saam. So is dit met Snyman se boeke."
Openbarend: 1 Recce, volume 3 deur Alexander Strachan, ’n leserindruk
2022-03-23"Die moeilikheid met wysheid is dat ’n mens nie weet dat jy nie weet nie. Ek het my mond vol gehad oor die bosoorlog, net om nou met ’n bloedbek te bieg dat ek honderd en een persent boggherol daarvan geweet het nie."
Antoinette sê ... deur Antoinette Pienaar: ’n lesersindruk
2022-03-08"Mense wat gereeld na Radio Sonder Grense (RSG) luister, het waarskynlik al gehoor van “die kruietannie”. Gewoonlik is jy in jou kar, in die middel van die kruipende stadsverkeer met die radio aan, besig om te probeer jaag van punt A na punt B. Die volgende oomblik word jy meegesleur na die eenvoudige(r) lewe op Theefontein."
Die vloek van Levitikus deur Ben Viljoen, ’n lesersindruk
2022-03-07"Gaan ek my kind weggooi of wegjaag as hy of sy gay is? Gaan ek deel wees van die probleem, of die oplossing?"
’n Skeppie Kleur en karamel vir jou vrugteslaai
2022-02-22"Die waarheid is, ons voorgeslagte het vir ons gelieg! Om gay te wees, is so oud soos die mensdom self. Dit is maar net een aspek van menswees. As ek nie gay is nie, gee dit my geen paspoort om gay mense te veroordeel nie."
Tao van wakker word – spirituele gids tot innerlike ontwaking deur Abel Pienaar: ’n lesersindruk
2022-02-08"Ons vrese, ons illusies oor wie ons is, oor wat kan wees of kon gewees het – dit is nie wie ons werklik is nie. Maar daardie besef moet eers tot ons deurdring en dan kan ons bewustelik daarvan wegstap. Met Tao van wakker word verskaf Pienaar vir die leser ’n praktiese model van presies hoe om dit te doen."
Mission of malice: My exodus from KwaSizabantu deur Erika Bornman: ’n lesersindruk
2022-02-03"Die boek strek egter ook veel verder as die skrywer se persoonlike ervaringe en dokumenteer onder meer haar pogings om die beweerde menseregtevergrype by die sendingstasie aan te spreek. In die proses is daar getuienisse versamel, en voormalige inwoners getuig ook van ander skokkende beweringe, soos maagdelikheidstoetsing waaraan van die Zoeloesprekende jongmense onderwerp was, asook aanrandings."
Buigbreek deur Margaret Cordier: ’n lesersindruk
2022-01-24"Die oorhoofse tematiek van Buigbreek is dié van die mens as nomaad, ewig op reis deur die hoogtes en die laagtes, die stiltes en die storms van die lewe."
Ina Bonnette, hoop en geloof in ’n beter môre
2022-01-18"Haar besluit om nie as die slagoffer van die Modimolle Monster bekend te staan nie, is een van haar merkwaardige wilsbesluite."
A reflection on South Africa’s third Booker Prize winner: The promise by Damon Galgut
2022-01-14"The book is fabulous: ironic, moving, sacrilegious, shocking, painful, insightful."
Huiskos deur Herman Lensing hoort in elke kombuis
2022-01-10"Ek het ’n foutlose melktert uit hierdie prentjiemooi boek gemaak. Met die klem op 'foutloos'! Een, twee, drie, en almal kon weglê. Ek kan nie onthou of ek al ooit ’n resep die eerste keer suksesvol gemaak het nie."
Uiters aansteeklik: In die tyd van die gif deur Dana Snyman
2022-01-04"Net soos hierdie nuwe Omikron-variant is liefde uiters aansteeklik. Sal dit nie fantasties wees om met ’n liefdespandemie besmet te word nie? Dit begin by my en jou. Waarvoor wag ons?"
Nog stories teen my muur deur Matthys Strydom: ’n lesersindruk
2021-12-22"Nog stories teen my muur is ’n mengelmoesķardoesboek wat ’n waardevolle bydrae tot die geskiedenis en die wêrelde van kuns bied."
Losprys in Parys, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers
2021-12-20"Die byna humoristiese aanslag van die verhaal relativeer die spanning en die gevare waaraan sy blootgestel is. Die storielyn vloei lekker en dit kan tieners bewus maak van die gevaar daarvan om iemand té maklik te vertrou."
Karnivoor of veganis? Hier word vir jou ’n vuur aan die brand gesteek.
2021-11-29"Vis, vleis, hoender, blomkool en sjokolade – Mynie speel met vuur steek grense aan die brand en kry onwaarskynlike persoonlikhede, kulture en mense van alle kleure en voorkeure bymekaar."
’n Klein bietjie magic, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers
2021-11-26"Die verhaal handel uiteindelik oor Janke se ontwikkelende vriendskap met Stefan, wat belangstel in en kennis het aangaande sterre – hy wil ’n sterrekundige word. Hy en Adriaan en hulle pa woon in McDougallsbaai en gee vroeg in die verhaal te kenne dat hulle ’n ruimteskip gesien het en dit geheim hou."
Sol T Plaatje: A life in letters – edited by Brian Willan and Sabata-mpho Mokae
2021-11-26"Sol T Plaatje: A life in letters provides an important glimpse into the life of Plaatje, his ideas, his relationships and the world in which he lived. Another important feature of note in the book is the index, which is critically important and will greatly ease the task of future researchers."
Fanie Viljoen inspireer met Wêreld van wolwe: tweede asem
2021-11-23"Dit was ongelooflik lekker om vir ’n slag ’n fantasieboek in Afrikaans te kon lees wat nie ’n vertaling was van ’n oorspronklike Engelse roman nie. Daar is ’n groot leemte in die fantasiegenre in Afrikaans wat Viljoen met sy reeks vul."
