Lesersindrukke

Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.

60 op 60 deur Clinton V du Plessis, ’n genuanseerde bundel

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-02-06

"Afrikaans en die Suid-Afrikaanse ervaring staan sentraal in Du Plessis se verse, maar agter al die dokumentasie van stories en karakters skuil daar ’n boodskap in Du Plessis se verse, ’n mens kan sê ’n metanarratief, wat spreek van die mens se ewige soeke na konneksie, sin, betekenis; in kort: stories."

’n Lesersindruk van Hunter Killer deur Brad Taylor

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-01-24

"Gewere kletter sonder end, almal ken hul wapens en die boeke is deurdrenk van inside inligting – hierdie boek is geen uitsondering nie."

Die tweede wenner van die R1 500-prys

LitNet, Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2023-01-24

"Enige joernalis kan beaam dat as mens moeilikheid wil soek, jy dit die maklikste sal regkry deur oor godsdiens te skryf, en spesifiek ’n wenkbrou te lig oor die aard en relevansie van die Bybel vir die moderne leser."

Heimwee deur Sophia Kapp: ’n lesersindruk

Cliffordene Norton Lesersindrukke 2023-01-20

"Dit is ’n wonderlike getuigskrif van ’n ma, nie die stereotipiese goeie of slegte moederfiguur nie, maar van ’n vlees-en-bloed-ma. Met al haal foute en haar tekortkominge. Dit maak Heimwee besonders."

AfvlerkMens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk

Anschen Conradie Lesersindrukke 2023-01-20

"Die digter waag om die bundel in kombinasies van Standaardafrikaans, Engels en Kaaps aan te bied en wend die variasies doeltreffend aan om die onderskeid in lewenstadiums te illustreer. Die gedigte wissel eweneens tussen tradisionele rymvorme en vrye verse en dis veral by laasgenoemde waar die digter se talent rou en onbeskroomd geopenbaar word."

Spesmagte tops in Andy McNab se The hunt, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-01-10

"Die reeks, wat met The hunt afskop, handel oor ware spesialemagteoperasies. En alhoewel hy in die boek spesifiek op die SBS (Special Boat Service) se operateurs fokus, kleur McNab die volledige prentjie in van wat alles agter die skerms gebeur."

Kisduiweltjies en reeksmoordenaars: Into the fire deur Gregg Hurwitz, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-01-06

"Ek hou daarvan dat die skurke in elke nuwe Orphan X-boek opgegradeer word na iemand erger. Dalk ontmoet die Nowhere Man eendag sy gelyke."

Olé vir die matadors van die howe. ’n Lesersindruk van Slagoffer

Izak de Vries Lesersindrukke 2023-01-05

"Die hele boek is geskoei op die verskillende stadia van die bulgeveg – die advokate word die stiervegters in ’n ou rituele drama wat volgens fyn reëls bepaal word."

Uiters aktueel, ’n lesersindruk van Don Bentley se Zero hour

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-12-20

"Met die huidige wêreldgebeure kan Don Bentley se Zero hour netsowel môre se voorblad wees."

42: Die antwoord op die uiteindelike vraag van die lewe, die heelal en alles

Jean Oosthuizen Lesersindrukke 2022-12-20

"Die skrywer met die nom de plume Deep Thought se regte naam is David Vandenheever. Hy is ’n Suid-Afrikaanse akademikus en medeprofessor in biomediese ingenieurswese aan die Mississippi State University in die VSA."

Skets die lewe soos dit is: Strega deur Andrew Vachss, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-12-19

"Afrikaanse krimiskrywers sal veral baat vind by die lees van Vachss se skryfwerk."

Serial killers of Mexico deur Wensley Clarkson, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-12-13

"Krimiskrywers sal ná die lees van dié boek ’n sielkundige rypheid in hul reeksmoordenaars kan bring."

Francois le Vaillant, die safari as ’n spirituele jagtog

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-12-05

"Aanhangers van Rousseau se filosofie was van mening dat die Europese samelewing tot ’n groot mate gekorrupteer was, dat die mens van nature 'goed' is (in teenstelling met sommige Christelike interpretasies) en veral dat die jeug met onnodige aangeleerde gedrag gekorrupteer word."

Die eerste Crito-prys vir Lesersindrukke word aangekondig

LitNet, Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2022-11-30

"Dit was interessant om te kyk na die ingesonde resensies, en agterna ’n gevoel van opgewondenheid oor te hou. Ek het waardering vir die manier waarop Maryke Roberts en Stefaans Coetzee hul resensies aangepak en gestruktureer het, asook vir die reaksie uit die hart deur Anne-Marie Burger oor die opspraakwekkende boek Hoerkind."

My eerste Afrika-avontuur deur Riaan Manser vir lesers drie of 300, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-11-28

"Skaf hierdie boek vol lewe, waarhede en lag-tot-jou-maag-pyn-oomblikke aan. Dit sal ’n wenner in enige kerskous wees."

Tom Clancy’s chain of command is steeds propvol akskie, ’n lesersinkdruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-11-28

"Terwyl Ryan poog om die Kongres te oortuig om ’n wetsontwerp op medisyne goed te keur, maak die gewetenlose farmaseutiese biljoenêr Harjit Malhotra planne om die VSA-mark met counterfeit dwelms te oorspoel."

Geseënd is dié wat treur deur Susan Jordaan, lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-11-22

"Het die welsyn, nadat hulle na hul fancy huise weggery en hul hande soos Pilatus van ouds in hul blink wasbakke gewas het, geweet dat dié dronkgat my hero was?"

Toeganklik, nie maklik nie; ’n lesersindruk van Veldhospitaal 12 deur Marinda van Zyl

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-11-21

"Die oorwegende indruk wat ek van hierdie boek het, is dat dit ’n interessante onderwerp is wat op ’n boeiende manier verpak is. Deur die gebruik van briewe word die onderwerp op ’n toeganklike manier vir ’n leser aangebied."

The terminal list deur Jack Carr, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-11-18

"Alhoewel hierdie boek nooit enige literêre pryse sal inpalm nie, sluit Carr hom met hierdie aksiebelaaide debuut by die groot name in die politiese-spanningsgenre soos Brad Thor, Vince Flynn en Brad Taylor aan."

Lesersindruk: Boipelo se slim ruilhandelprojek sal jou nie onaangeraak laat nie

Maryke Roberts Lesersindrukke 2022-11-15

"Dis meer as ’n baie goeie tienerboek; dit fokus jou aandag weer op die klein juwele in die lewe, wat so maklik deur die oorverdowende geraas van die alledaagse verdwerg word."

Top