Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Noodsaaklik: Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief, ’n lesersindruk
2022-08-24"Alhoewel Die slegte nuus van die evangelie nie ’n boek vol aardskuddende nuwe bevindinge is nie, is dit volgens my wel ’n belangrike en noodsaaklike boek."
My father’s blazer by Phelelani Makhanya, a reader impression
2022-08-16"In this hauntingly beautiful volume of poetry, Makhanya chronicles the all too familiar, universal experience of the dysfunctional family. However, My father’s blazer quickly transitions to a wider family, that of the South African people, Africa – and mankind."
Fyn nagevors: ’n lesersindruk van Die Bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks
2022-08-08"Die spanningslyn is deurentyd naaldskerp en neem naby die klimaks dramaties toe."
Afvlerkmens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk
2022-07-27"Die Afrikaanse literatuur het dit nodig dat daar altyd met ’n vars perspektief oop en eerlik geskryf word oor die liefde, soeke na ’n identiteit en die verwerking van trauma soos deur hierdie jong skrywer."
Omvattend en deeglik: ’n lesersindruk van ELP Stals se Die geskiedenis van Die Broederbond
2022-07-21"ELP Stals se geskiedenis van die AB is goed gebalanseerd en dit is die belangrikste en omvattendste boek wat nog oor die AB verskyn het. Hy skram geensins weg van omstrede sake nie, en lewer verskeie vars insigte in die geskiedenis van dié omstrede organisasie."
Lesbies? Gewoon eietyds? ’n Lesersindruk van Kleur en karamel deur Analize Viljoen
2022-07-19"Sy het geensins probeer om die karakters in enige boksie te plaas, of spesifieke 'gay' optrede verwag van die karakters nie. Dit is ’n segment van die lewe, ’n liefdesverhaal soos enige ander."
Trauma en verlies in Kamphoer deur Francois Smith
2022-07-18"Die trauma wat Susan Nell beleef het is veelvuldig. Haar verkragting in die Winburgse konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog deur twee Britse offisiere en ’n joiner word vererger deur die wreedaardige wyse waarop sy vir die dood agtergelaat is."
Rut en Boas – ’n liefdesverhaal deur Barend Vos: ’n lesersindruk
2022-07-14"Die verhaal van Rut het dus waarde vir die gelowige, vir die Christen, maar ook vanuit die sekulêre oogpunt is dit duidelik dat mens hier te make het met ’n literêre interessantheid wat die lees werd is. Alhoewel die samelewing ter sprake in aard en konteks totaal verwyderd is van ons eie wêreld van vandag, is Rut ’n verhaal met elemente soos hoop, vertroue, mededeelsaamheid, liefde en vreemdelinge wat met mekaar moet saamleef."
Verweefde emosies in ’n brandspoor: ’n Lesersindruk van Vlam deur Sidney Gilroy
2022-07-07"As die brandpatrone korrek geïnterpreteer word, sal dit jou teruglei na die oorsprong van die brand. Maar jy moet terugwaarts beweeg, in die verlede in, terug op die spore van verwoesting wat gelaat is."
’n Lesersindruk van Spel deur Annerle Barnard
2022-07-05"Alles behoort aan die staat en alle vorme van religie is verbode. Tegnologie word gesien as die oplossing vir alle probleme en selfs die kos is kunsmatig."
Die brug van ongesêde dinge deur Elna van Niekerk, lesersindruk
2022-07-01"Dis die ongesêde dinge, die implikasie, wat sorg vir misterie en ’n betekenis wat jou tussen die oë tref. "
Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief: Sakkie Spangenberg deel sy indrukke
2022-06-07"Die reis wat hy afgelê het, is ’n reis van ’n al groter wordende ontnugtering en hy vra verskoning dat hy deel gehad het aan die indoktrinasie en misleiding van mense."
Moer deur Michèle Meyer: ’n lesersindruk
2022-06-01"Elke karakter in hierdie boek vertel ’n stukkie van die ma-wees-verhaal. Katrin word Kylie se spieëlbeeld, se ander moontlikheid. Sal ’n vrou ooit die skoene van moederskap kan volstaan? Hierdie boek sal jou hart uit jou borskas ruk."
Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk
2022-05-31"Christo van Rensburg se Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar is werklik ’n boek waarvan mens kan sê dat dit die perspektief verruim."
’n Klassieke verhaal: Labirint deur Chanette Paul
2022-05-23"Labirint is geskoei op ’n storie in die Griekse mitologie wat vertel van die doolhof wat deur koning Minos onder sy paleis gebou is om sy stiefseun, ’n minotaurus met die kop van ’n bul en die lyf van ’n man, in weg te steek."
As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies: ’n lesersindruk
2022-05-16"Dit is die soort boek dié wat nuwe wêrelde vir die leser ontsluit, en mens laat uitsien na wat nog alles in die verskiet lê vir die Afrikaanse verhaalkuns."
’n Steam punk-keilhoed vol pluimpies vir Die 17de veer as hoërskoolroman
2022-05-12"Die 17de veer kan beslis goed werk as ’n voorgeskrewe boek vir hoërkoolleerders en kan vir lewendige gesprekke in Afrikaans Huistaal- of Eerste Addisionele Taal-klasse sorg."
Rise deur Siya Kolisi en Boris Starling: ’n lesersindruk
2022-04-26"Die laaste woord oor hierdie inspirerende en legendariese rugbyheld is Rise egter nog lank nie. Alle rugby-oë sal spoedig wees op die 2023-Wêreldbeker, wat beloof om ’n verwoede stryd af te gee."
Inferno, vertaal en verklaar deur Cas Vos: ’n lesersindruk
2022-04-19"Hy hou in Afrikaans met rym vir die kanto’s van Inferno vol en slaag ook daarin om die essensie van Dante se poësie deur te gee."
Die ompad terug deur Helena Hugo, ’n lesersindruk
2022-04-13"In haar gemoed is Janine nou verdeeld tussen drie mans: Greg, die pa van haar drie dogters; Bennie Kowalski, wat haar skoolliefde is en wat die hoop koester op Janine se terugkeer na die Weskus; en dan Werner Hougaard, die stinkryk sakeman vir wie geld geen probleem in die lewe is nie, maar wat getroud is."
