Lesersindrukke

Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.

Selfs Job sou empatie hê met die rateltaaie Ethienne Reynecke

Izak de Vries Lesersindrukke 2021-11-23

"Rateltaai is egter nie juis ’n boek oor rugby of gevegskuns nie. Enige een wat belangstel in ’n storie van ’n man wat skynbaar alles teen hom gehad het en steeds kon opstaan, sal hierdie boek geniet. Ek het."

Op die maat van Maya, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-11-22

"Die titel is meerduidig – dit kan handel oor musiekritme (maat), en ook oor Maya se vriende (maats)."

Stil vloei die Komati deur Elize Parker: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-11-17

"Die storie bly regdeur vloeiend en mens raak nooit verveeld nie – dit is wat die boek so ’n aangename ervaring maak."

The flight of the bat by Dan Wylie: reader impression

Elzette Steenkamp Books and writers 2021-11-09

"The flight of the bat is an engaging, thought-provoking novella and a valuable addition to the growing genre of South African speculative fiction."

Koerantkamerade deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk

Sarel Venter Lesersindrukke 2021-11-09

"Koerantkamerade – in Van Deventer se reeds kenmerkende, boeiende en vloeiende skryfstyl – is ’n besonder insiggewende en waardevolle magnum opus-bydrae tot die vroeëre eietydse geskiedenis van die koerantbedryf, en ook van Suid-Afrika."

Wetenskap, poësie én teologie – dit bied Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg

Izak de Vries Lesersindrukke 2021-11-08

"Bybelstories in perspektief is ’n aktuele werk, een wat die dwaalleringe oor onderwerpe soos evolusie deeglik die loef afsteek. In die plek daarvan bied hy feitelik korrekte, wetenskaplike antwoorde aan jong (en ou) gelowiges."

Die wetenskap van evolusie in 112 bladsye: Waar kom ons vandaan? deur Andreas en Schalk Engelbrecht

Izak de Vries Lesersindrukke 2021-11-08

"Waar kom ons vandaan? is ’n moedige poging om die wetenskap kaalkop en baie eerlik aan jongmense bekend te stel. Ek sou dit baie graag in elke klaskamer in die land wou sien, maar wees gewaarsku: Die regse koalisies gaan kwaai hierop reageer."

Sending as medemenslike lewenswyse – ’n lesersindruk oor die outobiografieë van Koos Oosthuysen en Lucia Oosthuysen

Wilhelm van Deventer Lesersindrukke 2021-11-03

"Terwyl Lucia afsonderlike stories skryf, verpak Koos sy herinneringe in ’n aaneenlopende kronologiese formaat. As egpaar van sestig jaar is dit vanselfsprekend dat hulle boeke gedeelde ervaringe en selfs hier en daar oorvleuelings sal insluit."

Future tense – reflections on my troubled land by Tony Leon: reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2021-10-25

"This concludes what was for me a quite enjoyable book, one which is an important addition to the literature on South African politics, and of which the main subject of importance is Leon’s exposé of the internal DA politics."

Mary Anning’s grewsome beasts by Deshan Tennekoon: reader impression

Irene Schoonwinkel Books and writers 2021-10-25

"This teaches and encourages the youth of today not only to believe or trust someone because they are a person they love or respect, but also to remain curious and question things for themselves."

Verkleurmannetjie deur François Bloemhof, ’n lesersindruk

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-10-20

"Omdat die roman baie slim geskryf (gekonstrueer) is, wil ek die skrywer salueer deur dit so deeglik as moontlik te bespreek."

Tyd om te skaats deur Jacolet van den Berg, ’n lesersindruk

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-10-18

"Hannah se kreatiewe taalgebruik deur middel van vars vergelykings en metafore in beskrywing van haar gedagtes en gevoelens kan die leser se verbeelding stimuleer om só opnuut bewus te raak van die kreatiewe krag van taal en hoe dit ’n ewewig skep en moralisering voorkom."

Palaces of stone: Uncovering ancient southern African kingdoms by Mike Main & Tom Huffman: reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2021-10-18

"It is important for us to learn as much as we can of these long-forgotten societies – how they were organised and what happened to them before Africa was divided up by colonial powers into its present form."

Gerugte van ’n ontvoering deur Chris Karsten, ’n lesersindruk

Maryke Roberts Lesersindrukke 2021-10-06

"Chris se karakters is goed ontgin – net genoeg om konteks en diepte te gee sonder om te veel kollig op sommige te plaas en die ander in die skaduwees te laat kwyn."

Dik dun thick thin deur Nataniël: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-10-04

"Van die verhale in die boek is, soos dikwels die geval is in Nataniël se skryfwerk, gewoon meesterlik geskryf, soos net hy kan."

Floreer deur Ilse Salzwedel: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-09-30

"Die boek is so geskryf dat dit eenvoudig ’n plesier is om te lees. Gestroop van ingewikkelde woorde en konsepte en teorieë. Onpretensieus."

Wildekus deur Morné Malan, ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2021-09-22

"Morné Malan kry dit reg om vrae te vra oor Die Lewende Vlees, maar toon ook aan hoe hulle sorg vir mense wat andersins nooit iewers sou kon tuis wees nie. Is Die Lewende Vlees goed of sleg? Lees gerus self."

Afrikaner-Sondebok? Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwag-leier deur Albert Blake: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2021-09-21

"Onder die huidige omstandighede is dit juis ’n boek wat gelees moet word om meer begrip vir die Afrikaner en sy geskiedenis te vorm en ook te verstaan waarom sekere optredes gevolg het."

Soldaat deur Reynardt Hugo, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2021-09-20

"As jy blaamvry is, tel maar op jou klippe, maar as jy besef ons maak almal gruwelike foute, lees gerus Soldaat."

’n Hart is so groot soos ’n vuis deur PP Fourie: ’n lesersindruk

Rentia Weber Lesersindrukke 2021-09-14

"Die punt van die boek is myns insiens om dubbelsinnigheid in die mens en die lewe self uit te beeld: Niks is slegs wit of swart nie, maar eerder ’n enorme mosaïek, in volkleur."

Top