Verskrikking in die ergste graad: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster

  • 6

...
Hierdie “praktyk” is algemeen as die norm aanvaar en so aan elke dogter oorgedra in die huis by haar ma en op skool deur die huishoudkunde-juffrou. Kyk maar net na die film Mary Poppins, waarin Julie Andrews die hoofrol gespeel het, en jy sal verstaan dat dit aan die orde van die dag was.
...

Titel: So lyk ’n vrou ... my 40 jaar van hel saam met ’n narsis
Skrywer: Ilse Verster
ISBN: 9781776354863
Uitgewer: LAPA

Net om perspektief te kry oor die rol van die vrou, gaan ek met jou deel wat verlede week op een van my WhatsApp groepe gedeel is deur ’n vriend van my. In watter tydskrif dit verskyn het, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat dit my woedend gemaak het.

Dit is ’n foto van ’n tydskrifartikel.

Tips to look after your husband (Extract from 1950 Home Economics Book)

Have dinner ready

Plan ahead, even the night before, to have a delicious meal on time. (Onthou asseblief hierdie voorstel.)

This is a way of letting him know that you have been thinking about him and are concerned about his needs. Most men are hungry when they come home and the prospects of a good meal are part of the warm welcome needed. (Ek het my klaar vererg!)

Prepare yourself

Take 15 minutes (Wat ek waar gaan kry?) to rest so you will be refreshed when he arrives. Touch up your makeup, put a ribbon in your hair and be fresh looking. (Ja, sure! Nadat ek die heeldag voor die stoof gestaan het vir die de-flippen-licious meal!)

He has just been with a lot of work-weary people. Be a little gay (Ek sou heeltemal gay gewees het, nie net ’n “little” nie) and a little more interesting. His boring day may need a lift. (Dit klink vir my hierdie man doen nie veel nie!)

Clear the clutter

Make one last trip through the main part of the house just before your husband arrives, gathering up school books, toys, paper etc. (Om alles te kroon, is hier kinders na wie jy moet omsien.)

Then run a dust cloth over the tables. Your husband will feel he has reached a haven of rest and order, and (Hoor hier!) it will give you a lift too.

Prepare the children

Take a few minutes to wash the children’s hands and faces (if they are small), comb their hair, and if necessary, change their clothes. (Wat ek seker môre sal moet was?)

They are little treasures and he would like to see them playing the part. (Nou weet ek die donner wat hierdie artikel geskryf het, weet boggherol van kinders af.)

Minimise all noise

At the time of his arrival, eliminate all noise of washer, drier, dishwasher (Dank die hemele daar is een!) or vacuum. Try to encourage the children to be quiet. (Sien jy wat ek bedoel? Niks, nadda, zero kennis van kinders.)

Be happy to see him. Greet him with a warm smile and be glad to see him. (Ek moet wát?)

Die einde is nog nie in sig nie!

Some don’ts

Don’t greet him with problems or complaints. (Ek dink in elk geval hy sou net mooi niks daaraan wil doen nie ... )

Hier kom die gedeelte waar ek jou gevra het om te onthou.

Don’t complain if he’s late for dinner. Count this as minor compared with what he might have gone through that day. (Asseblief net nie dit nie! Om na die huishouding en kinders om te sien is mos nie werk nie. Die arme man!)

Asof ek nie kwaad genoeg is nie, het die skrywer dit goed gedink om die volgende vereiste vir ’n versorgde man te stel.

Make him comfortable. (Hoe comfortable wil die ou dan nog wees?)

Have him lean back in a comfortable chair or suggest he lie down in the bedroom. (Nou vloek ek in hoofletters!)

Have a cool or warm drink ready for him. (Ek is nou aan Daisy de Melker se kant. Ek stel voor jy gee hom “Blue death” – dis nou te sê as jy dit nie ook vir hom moet drink nie.)

Arrange his pillow and offer to take off his shoes. (Ek moet wát?)

Speak in a low, soft, soothing and pleasant voice. (Nee wat! Ek gil al!)

Allow him to relax – unwind. (Van wat?)

Listen to him

You may have things to tell him, but the moment of his arrival is not the time. Let him talk first. (Dis in elk geval beter so, want teen hierdie tyd is ek stomgeslaan.)

Make the evening his.

Never complain if he does not take you out to dinner or to any other form of entertainment. (Wie gaan dan na die kinders kyk en dink aan môre se delicious aandete?)

Instead, try to understand his world of strain and pressure, his need to come home and relax. (Want van strain en pressure weet jy as vrou mos niks nie! Jy is dan heeldag by die huis.)

Ek sal moet gaan kyk of ek nog iewers ’n kalmeerpil of drie het vir die volgende een.

The goal

Try to make your home (Ja, nou is dit so ewe myne!) a place of peace and order where your husband can renew himself in body and spirit. (Dit klink vir my na ’n plan! Spirits, dis wat ek nou nodig het!)

Hoe kan enige mens hierdie scenario regverdig, of verdedig? Dit is windskeef! Die hartseer is dat dit vroue was wat hieroor gelag en met smileys of laggende karaktertjies gereageer het op hierdie skreiende skande.

My beste vriend, wat nie met my getroud is nie, het vir my ’n boodskap gestuur en vir my om verskoning gevra. (Let wel, dit was nie hy wat die artikel gedeel het nie.) Sy woorde was: “Ek het gesien hoe my ma deur my pa behandel is, en ek is tot vandag toe spyt dat ek nie tóé iets daaromtrent gedoen het nie. Ek kry skaam hieroor.” 

Hierdie “praktyk” is algemeen as die norm aanvaar en so aan elke dogter oorgedra in die huis by haar ma en op skool deur die huishoudkunde-juffrou. Kyk maar net na die film Mary Poppins, waarin Julie Andrews die hoofrol gespeel het, en jy sal verstaan dat dit aan die orde van die dag was. Die vrou en die kinders is gebruik om mee te loop en pronk in hulle kiskleertjies met valle en kantjies, almal met gesonde pienk wangetjies.

Ek word eenvoudig woedend dat daar mense is wat hieroor grappe maak, en nóg kwater vir dié wat hieroor lag! Dit is glad nie snaaks nie. Dit is mishandeling en ’n skending van menswees, ongeag geslag, kultuur of godsdienstige oortuiging. Dit is bloot net onaanvaarbaar.

Daar is eers onlangs met bewusmaking van geweld teen vroue en kinders begin, pogings wat beslis nog nie eens aan die punt van die ysberg begin beitel het nie. ’n Tema sonder grappe. Eerder verminkte, stukkende en vertrapte mense, fisiek en emosioneel tot in die diepste menswees denkbaar.

Dit alles bring is by So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster.

Ilse het haarself gestaal en het uiteindelik haar storie van 40 jaar van hel met ’n narsis gedeel.

In daardie tyd was die woord narsis nie alom bekend nie. Die man was die hoof van die huis en die vrou was onderdanig aan haar man. No questions asked. Dít is ’n heerlike speelpark vir ’n narsis en patriarg.

Ilse kon ná 40 jaar uit hierdie siek situasie kom. Haar voormalige man was nie net ’n narsis nie, hy was ook ’n alkoholis. Vir 40 jaar moes sy die vernedering en pyn verduur, omdat sy gesmag het na liefde en aanvaarding.

Die gebrek aan ’n vaderfiguur in haar ouerhuis het haar gedryf na ’n innerlike verbond wat sy met haarself aangegaan het om haar eie kinders nooit sonder hulle pa te laat grootword nie. As hy ’n goeie man en pa was, sou daar niks verkeerd gewees het met hierdie selfopgelegde vereiste nie. Sy het egter die mishandeling verduur en verdra ter wille van haar twee seuns.

Hierdie boek het sy geskryf al moes sy hierdie emosionele mishandeling herbesoek en dit weer beleef. Dit is nie iets wat net verdwyn het die oomblik toe sy uitgestap het nie. Sy is beskadig en het nie net fisieke letsels nie. Die emosionele letsels is die lelikste.

Hoe kry jy ’n verminkte siel en gees op die pad van genesing?

Lees Ilse se boek.

’n Vraag wat almal haar seker wil vra is: Hoekom 40 jaar lank?

Ek het dit vir haar gevra. Sy het in haar onskuld en onkunde alles in haar vermoë gedoen om haar man se liefde en aanvaarding te verdien. Sy was immers net ’n tiener van om en by 16 jaar oud.

Indien jy sou dink dat dit verskriklik moes gewees het om met so ’n man getroud te wees ... Hierdie man se ma en broers was net so erg. Sy het oral deurgeloop.

Selfs voordat sy met Bart getroud was, het sy broers en ma seker gemaak dat sy nie rondloop nie – hulle het elke beweging van haar dopgehou. Sy ma het gereeld gebel en daarop aangedring om met Esli (sic) te praat sodat sy seker kon wees dat Ilse tuis was.

Ja, in die boek noem sy haarself Esli.

Bart se broer het in sy motor voor Esli se huis haar bewegings gemonitor, sodat hy aan Bart kon verslag doen. Selfs dit het nie gemaak dat hy Esli vertrou nie.

Jaloesie is een van die eerste merkbare kenmerke van ’n narsis. Meng dit met beheer, ongegronde beskuldigings, verwyte, minagting, onredelike vereistes en woedebuie alles saam in ’n whiskeyglas met drie blokkies ys, dan het jy die volmaakte resep vir ’n gewaarborgde aanslag. Selfs in sy pogings om verskoning te vra vir sy uitbarstings het hy haar subtiel die sneller gemaak van die skoot wat gevuur is. 

Dit is ’n verskrikking in die ergste graad.

Jy sal jouself kort-kort moet herinner dat dit haar werklikheid was en nie ’n fiktiewe gruwelverhaal nie.

Wat my ook geheel en al verstom het, is die skryftalent wat sy het. Dit is haar eerste boek, maar daar is nie ’n enkele sin wat jou sal laat dink dat dit die eerste keer is dat sy ’n boek gepubliseer het nie.

Ook opvallend is die feit dat sy haarself die naam Esli in die boek gegee het. Dit is natuurlik Ilse van agter na voor. Vir my is dit ’n baie duidelike verwysing na die 180˚ ommekeer in haar lewe. Sy is nie meer ’n slagoffer nie, sy is ’n oorlewende getuienis van ’n moontlikheid van oorwinning vir elke mishandelde vrou. Jy kan kies om regte liefde en aanvaarding te ervaar. Dit is nooit te laat om met jou lewe te begin nie.

Met Esli het Ilse ’n ereplek in my hart gekry. Sy is ’n pragtige vrou, met die moed van ’n leeu. Leer haar ken tussen die blaaie van So lyk ’n vrou .... Dit mag jou dalk die moed gee om vir jouself op te staan en jou lewe te begin, selfs al sou jy gedink het dis die einde. My dogters gaan elkeen ’n eksemplaar kry om te lees.

Een slagoffer van gesinsgeweld is een te veel.  Kom ons hou asseblief op om grappe te maak oor hierdie misdaad. Stap weg, en om vaders naam moenie hieroor lag nie. Dis geen grap om met ’n gebreekte neus en blou oë aan jou kollegas te vertel dat jy in ’n kasdeur vasgeloop het as jy jou eie bloed van die mure af moes was nie. Ek sal nooit weer hieroor kan lag of grappe kan maak nie.

Mans en vroue wat dit aan hulle lewensmaats doen, hoort in die tronk tussen misdadigers. Nie in die samelewing tussen eerbare en doodgewone mense nie. Dit is nie net ’n misdaad teen een persoon of gesin nie; dit is ’n misdaad teen die samelewing in sy geheel.

Hier is ’n onderhoud met Ilse Verster.

Lees ook:

Eerste slukkie: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster

Hier is jou naaste tak van Bargain Books

As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.

 

  • 6

Kommentaar

  • Francois Verster

    Verskoon my my subjektiwiteit, maar dis tog relevant om te noem dat SO LYK 'N VROU vandag (16 April) wat verkope betref, nr. 1 is onder alle Afrikaanse boeke, en nr. 4 is onder alle boeke wat tans in SA verkoop word. Soos Anne-Marie Burger noem, moet die euwel van mishandeling beveg word, en die eerste stap is bewusmaking. Dit is die doel van die boek. Ek is ook bly dat sy noem dat Ilse 'n goeie skrywer is - toe Lapa die ekstrak - eerste bladsy van die manuskrip - ontvang, het hulle dadelik belanggestel en beweer dat dit "goeie, sterk skryfwerk" is. Almal wat terugvoering gee, noem dat hulle nie net diep geraak was nie, maar ook nie kon ophou lees totdat hulle dwarsdeur was nie. Ons is verheug oor die verbluffende ontvangs van die boek en net so dankbaar dat die boodskap uitgedra word.

  • Baie kinders word groot in ’n ouerhuis wat goed vergelyk met Ilse se hel. Glo my, dit het ’n lewenslange invloed. Party kan gelukkig ontsnap en hulle voorneem om die verskrikking nie in hulle eie lewens te herhaal nie.

    Ek is 59 jaar getroud met ’n goeie man wie ’n pragtige pa vir sy kinders is. Ons kinders glo steeds hulle het die beste kinderdae ooit gehad.

    Maar ...

    Daardie “Tips to look after your husband” was algemeen.

    Daar is nooit van mans verwag om te help met die huishouding nie. Hulle kon ’n motor se enjin oorbou, maar het geen benul gehad van hoe die wasmasjien en stoof se knoppies werk nie.

    Hulle het die kinders met hulle huiswerk gehelp, maar nie doeke omgeruil of oepse opgeruim nie.

    En hulle WAS baas van die huis.

    Gelukkig kon selfs ons ouer vroue mettertyd ons stemme vind. Dit het wonders gedoen vir ons huwelik en in baie gevalle was die mans verlig om hulle baasskap prys te gee.

  • Dankie, Francois en Cathy. Ilse het 'n skrywerstalent wat sy nie nou meer kan wegsteek nie. Ek hoop werklik sy hou aan met skryf. Sy is 'n uitsonderlike mens!

  • Francois Verster

    Ilse was van plan om 'n fiksieboek te skryf, maar elke boek het sy tyd en die tyd was reg vir hierdie een. En dalk skryf sy nog eers 'n opvolg op hierdie een voordat sy na fiksie beweeg. Ons dink aan 'n meer positiewe boodskap, van opstaan en oorleef, maar eers moet sy hierdie een se bemarking afhandel. Jy kan egter gerus wees dat sy weer sal skryf. En baie dankie vir jou ondersteuning.

  • Sjoe, ek weet glad nie hoekom ek die stuk eers vandag, 24 November 2022, raaksien nie, maar baie dankie, Anne-Marie Burger, vir jou resensie. Ek staan steeds verstom oor dit wat So lyk 'n vrou steeds vermag. Reeds ses herdrukke in sewe maande beleef. Ek is dankbaar dat die boodskap steeds uitgedra word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top