Anne-Marie Burger

Ek is Anne-Marie.

Ek het my hart verloor op woorde en nou het ek te min tyd.

Ek is ’n omroeper by Radio Overberg en blog op Klipkinders.

Ek het al meer dinge verbrou as wat ek reg gedoen het, omdat ek nie bang is vir foute nie.

My ma sê my eerste woord was hoekom, dit sal heel waarskynlik die laaste ook wees.

Ek is gek oor lees! Ek lees alles, en is selde sonder ’n boek en ’n bottel water.

“Stories is my lewe,” Sarel Seemonster.

Rebecca deur Wilna Adriaanse, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-03-27

"As dit vir jou vaagweg bekend klink, is jy op die regte spoor, want Rebecca het ná 20 jaar weer met mening op die rakke verskyn. Sy het niks ouer geword nie, maar wel ’n selfoon bygekry en rits nou met Uber wanneer sy nie kan stap waar sy wil wees nie."

Hoekom is Afrikanermense so bang vir ... dít?

Anne-Marie Burger SêNet-briewe 2025-03-07

"Blykbaar is pienk kleintoontjies ’n sigbare teken van ’n goeie sessie lakenvastrap. Dit mag dalk net jou uitsig op die lewe ook rooskleurig laat."

Die vyf susters deur Eleanor Baker: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-02-25

"Hierdie skeefgetrekte gesin het my vir ’n dag lank laat vergeet hoe ek al my rekeninge gaan betaal. Dit is woordlekkerte op steroïde."

Is jy gereed vir jou KI?

Anne-Marie Burger SêNet-briewe 2024-06-10

"Hier in ons geweste is KI iets heel anders. Of is dit? Ons hoor daarvan en sien dit oral, maar, my liewe maat, voor jy jou nog mooi kon voorberei op hierdie nuwe verskynsel, staan jy in ’n kopklamp vir jou eerste toediening."

Sy is veilig deur Emma van der Walt: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2024-05-23

"Emma is die stigter van die organisasie Brave to love. Sy is beeldskoon en laat my dink aan Sneeuwitjie, met haar donker hare en wit vel. Sy is ook ’n pastoor, ma en eggenoot. Dit is moeilik om die werk wat sy doen, met haar foto op die agterkant van die boek te vereenselwig. Die woord brave is egter nie om dowe neute die eerste woord van haar organisasie se naam nie."

Oor kraaie en neste: ’n lesersindruk van Salemstraat deur Erla Diedericks

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2023-06-22

"In Salemstraat kuier en bly die inwoners heel gemaklik langs mekaar en die lewe gaan sy gewone gang. Maar dis nou net hier waar al die moeilikheid begin, want hoe gewoon is jou bure se lewe?"

My eerste Afrika-avontuur deur Riaan Manser vir lesers drie of 300, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-11-28

"Skaf hierdie boek vol lewe, waarhede en lag-tot-jou-maag-pyn-oomblikke aan. Dit sal ’n wenner in enige kerskous wees."

’n Eerlike en heerlike reis: Hoerkind deur Herman Lategan

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-11-02

"Die lewe se harde hande het Herman toegerus met ervarings en emosies wat in sy talent as skrywer baie sterk na vore kom. Herman het sy liefde vir woorde en taal by die voete van meesters geleer, en dit is vandag die voorreg van elke leser om hierdie kunstenaar se werk te kan beleef op ’n vlak waar min mense presteer."

Is my waarheid dié waarheid? ’n Lesersindruk van Toe als groen was

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-09-06

"An-Mari do Carmo, baie dankie vir hierdie boek. Ek vermoed ek het meer emosies beleef terwyl ek Toe als groen was gelees het, as wat ek dalk in my hele lewe moes konfronteer. Ek meet ’n boek aan die tipe vrae wat dit oor my eie sienings ontketen. Gaan dit van my ’n beter weergawe van myself maak? Beslis!"

Verskrikking in die ergste graad: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-04-12

"Jaloesie is een van die eerste merkbare kenmerke van ’n narsis. Meng dit met beheer, ongegronde beskuldigings, verwyte, minagting, onredelike vereistes en woedebuie alles saam in ’n whiskeyglas met drie blokkies ys, dan het jy die volmaakte resep vir ’n gewaarborgde aanslag."

Openbarend: 1 Recce, volume 3 deur Alexander Strachan, ’n leserindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-03-23

"Die moeilikheid met wysheid is dat ’n mens nie weet dat jy nie weet nie. Ek het my mond vol gehad oor die bosoorlog, net om nou met ’n bloedbek te bieg dat ek honderd en een persent boggherol daarvan geweet het nie."

Die vloek van Levitikus deur Ben Viljoen, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-03-07

"Gaan ek my kind weggooi of wegjaag as hy of sy gay is? Gaan ek deel wees van die probleem, of die oplossing?"

’n Skeppie Kleur en karamel vir jou vrugteslaai

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-02-22

"Die waarheid is, ons voorgeslagte het vir ons gelieg! Om gay te wees, is so oud soos die mensdom self. Dit is maar net een aspek van menswees. As ek nie gay is nie, gee dit my geen paspoort om gay mense te veroordeel nie."

Ina Bonnette, hoop en geloof in ’n beter môre

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-01-18

"Haar besluit om nie as die slagoffer van die Modimolle Monster bekend te staan nie, is een van haar merkwaardige wilsbesluite."

Huiskos deur Herman Lensing hoort in elke kombuis

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-01-10

"Ek het ’n foutlose melktert uit hierdie prentjiemooi boek gemaak. Met die klem op 'foutloos'! Een, twee, drie, en almal kon weglê. Ek kan nie onthou of ek al ooit ’n resep die eerste keer suksesvol gemaak het nie."

Top