Afvlerkmens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk

  • 1

Foto van Grant Jephtas: verskaf

Afvlerkmens
Grant Jefthas
Minimal Press

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

Grant Jefthas debuteer met sy digbundel AfvlerkMens.

Hy neem jou op reis en dwing jou om te glo aan die veerkragtigheid van die mens wanneer hy uitspel dat om te val, lê en opstaan, ’n realiteit is. Hoop, sê die skrywer, is dus alomteenwoordig. Elke afvlerkmens kan dus weer opstaan.

..........

...........

Die Afrikaanse literatuur het dit nodig dat daar altyd met ’n vars perspektief oop en eerlik geskryf word oor die liefde, soeke na ’n identiteit en die verwerking van trauma soos deur hierdie jong skrywer.

“In die soek na self, vind jy jou voor ander se deur,” sê hy. Dit is waar jy jou eie identiteit najaag of jouself probeer vind. Selfontdekking noop jou om weer op jou weë terug te keer en jou behoort aan te gaan vind by familie, die bekende, daar waar jy veilig voel – “dit sal ek bly, ’n Kind vannie Scheme.”.

..........
Kolonialisme, die dopstelsel en om ’n slaaf te wees van omstandighede, impakteer steeds gesinskringe oor die generasies heen; daarom is die gedig “Wyn” ’n waardevolle insluiting tot die bundel.

“Alleen – hulle self is opgewentel in hul eie dinge.” Om alleen en verlore te voel lei tot eensaamheid, donker oomblikke en die vergryping na drank. Derhalwe is aspekte soos depressie, die verwerking van trauma en ook die soeke na liefde soms selfvernietigend. Iets waarmee geïdentifiseer kan word. Dat elke val kan lei tot ’n opstanding word deurgaans deur die temas in die bundel versterk. Hoop kom dus as jy jouself vergewe: Vergifnis – “leer om myself ook te vergewe”.

Die digter gebruik dus metafore om ’n dieper insig weer te gee oor die omgang en traumatiese ervaringe van mens-wees.  Hy skryf eg en eerlik, vanuit ’n manlike perspektief oor onderwerpe wat soms net onder die tafel weggevee word of bloot net nie oor gepraat word nie.

.........
AfvlerkMens is juis nou belangrik, veral in hierdie periode waarin die emosionele welsyn van almal ekstra versorging nodig het. Hierdie bundel skep ’n bewustheid dat daar ná gebrokenheid wel hoop kan kom. Dit behoort gelees te word.
............

Lees ook:

Afvlerkmens: ’n onderhoud met Grant Jefthas

  • 1

Kommentaar

  • Mientie Kroukamp

    Grant, met alles wat hoop is het jou afvlerk aangegroei en jy vlieg en een van die dae sweef jy …

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top