Merle Danhouse

Merle Danhouse is ’n digter en lid van Mengelmoes Digters. Sy is ook ’n maatskaplike werker en navorser wat fokus op familieverbondenheid en die welstand van kinders met gedragsuitdagings. Sy skryf gereeld oor families, verhoudings en hoe stories en navorsing mekaar kan ontmoet om mense se lewens beter te kan verstaan.

Wat kan Winnie the Pooh ons oor families leer?

Merle Danhouse Seminare en essays 2026-04-16

"As ons weer terugkeer na die wêreld van Winnie the Pooh, sien ons iets eenvoudig maar diep: Die karakters is nie perfek nie. Piglet bly bang, Tigger bly impulsief, en Eeyore bly soms hartseer. Maar hulle bly verbind. En dalk lê juis daarin die belangrikste les vir ons families vandag. Gesonde families is nie families sonder probleme nie. Dit is families waar mense aan mekaar bly vashou déúr die probleme. Families waar kinders weet hulle word gesien. Families waar hulle weet hulle word gehoor. Families waar hulle weet hulle behoort."

Lostorring deur Jadrick Pedro, ’n lesersindruk

Merle Danhouse Lesersindrukke 2026-02-04

"Die gedigte beweeg deur trauma, identiteit, manlikheid en oorlewing, maar sonder drama of pretensie. Dit is eerlik. Dit is rou. Dit is herkenbaar."

McGregor-poësiefees 2023: ’n dekade van poëtiese verkenning en groei

Merle Danhouse Menings 2023-12-13

"In die viering van ’n dekade van die McGregor-poësiefees vier ons ook ’n dekade van poëtiese evolusie, gemeenskapsbou en die onwrikbare oortuiging dat poësie ’n geskenk is wat bedoel is om deur almal gedeel te word. Hierdie een is vir McGregor – ’n toevlugsoord vir digters, ’n baken vir die aspirant en ’n bewys van die blywende krag van woorde."

Afvlerkmens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk

Merle Danhouse Lesersindrukke 2022-07-27

"Die Afrikaanse literatuur het dit nodig dat daar altyd met ’n vars perspektief oop en eerlik geskryf word oor die liefde, soeke na ’n identiteit en die verwerking van trauma soos deur hierdie jong skrywer."

"Pondokkie" deur Merle Danhouse

Merle Danhouse 2013-09-09

Die Belofte

Merle Danhouse 2013-06-04

"Oom John woon al nou agt jaar in die ouetehuis, die mooi siersteengebou regoor die Magnoliawoonstelle waar soveel mense in een kamer bly."

Top