"Pondokkie" deur Merle Danhouse

  • 0

Vers 1:
Ons huis, ons paleis
Waar ons ook al reis
Dit is waar die geboë planke effens lig
Die gekromde spykers sy oë op ons rig
En die druppels van die reën ons trane seën

Refrein:
Almal sien dit as `n ou pondok
Maar dit is waar ons twee nessie skrop
Lepel lê, die sterre tel en hoog wil skop
En die liefde na ons huisie lok
Onder die warm vleuels van ons pondok

Vers 2:
Die klam komberse en dou op die dak
Met die geroeste sinkplaat en skewe kraak
Is waaroor ons altyd saam kan praat
Tot die aand sy goue rante agterlaat
In ons huis, paleis ons eie pondok

Refrein:
Almal sien dit as `n ou pondok
Maar dit is waar ons twee nessie skrop
Lepel lê, die sterre tel en hoog wil skop
En die liefde na ons huisie lok
Onder die warm vleuels van ons pondok
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top