Moer
Michèle Meyer
Protea Boekhuis
ISBN: 978-1-4853-1328-1
Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.
Wat my heel eerste opgeval het met die lees van hierdie boek, was die gebruik van die tweedepersoonsverteller. Ag nee, het ek gedink, dis een van daardie morbiede literêre werke waardeur ’n mens moet swoeg. ’n Jy-en-jou-storie wat uiteindelik vreeslik eentonig en klinies is en jou jou kop teen die muur wil laat stamp.
Wel, moenie vrees nie, want dis toe glad nie die geval nie. Eerstens word die vertelperspektief slim afgewissel met die ek-verteller, en soms selfs met die derde persoon. En uiteindelik het hierdie verskillende stemme ’n doel; dis nie net ’n fancy truuk nie. Terugflitse uit die hoofkarakter, Kylie, se kinderdae word deur die “ek” vertel, wat ’n intieme, kinderlike toon daaraan verleen, terwyl die volwasse Kylie se verhaal deur die “jy” vertel word.
...........
Eerstens word die vertelperspektief slim afgewissel met die ek-verteller, en soms selfs met die derde persoon. En uiteindelik het hierdie verskillende stemme ’n doel; dis nie net ’n fancy truuk nie. Terugflitse uit die hoofkarakter, Kylie, se kinderdae word deur die “ek” vertel, wat ’n intieme, kinderlike toon daaraan verleen, terwyl die volwasse Kylie se verhaal deur die “jy” vertel word.
............
En die tweede persoon is werklik gepas. Dit gee aan die verhaal ’n effe onwerklike, buiteliggaamlike gevoel, en dit wérk vir ’n verhaal waar ’n vrou se “gees gevlug het uit haar lyf”. Maar dis ook gepas, want Kylie se verhaal van moederskap, wat begin by haar eerste swangerskap, is eintlik ook joune, die leser s’n. Dis die universele verhaal van vrouwees en moederskap.
............
Moer is nie net ’n roman nie. Dis ’n versameling sketse wat die lot en intense ervaring van die vrou en moeder belig. Daarom is die vroeë insluiting van ’n skets oor Maria, die moeder van Jesus, juis so gepas.
.............

Ek kon, as ma, sterk identifiseer met Kylie se ervaringe, veral met die hoofstuk getiteld “Ablusieblok”. Die onmoontlikheid daarvan om twee jong kinders onder die ouderdom van drie te moet hanteer, en die verwagting dat jy moet kalm bly en nooit jou humeur mag verloor nie, terwyl ander vroue op die kantlyn staan en jou oordeel in plaas van om te help, was vir my absoluut in die kol.

..............
Ook in die kol was Michèle se poëtiese beskrywings wat nooit oordadig voorgekom het nie. Mens hoef nie ver te soek vir voorbeelde nie:
“Jou bewussyn spu soos ’n kers met ’n nat pit.” (15)
“Verlang spring nie tussen sinapse nie. Dit vleg vas in vesel, ’n luislang wat oral in.” (137)
“Die meringue-krulle van die kantgordyn word ’n silwer see tussen diefwering se reghoeke …” (144)
Elke karakter in hierdie boek vertel ’n stukkie van die ma-wees-verhaal. Katrin word Kylie se spieëlbeeld, se ander moontlikheid. Sal ’n vrou ooit die skoene van moederskap kan volstaan?
Hierdie boek sal jou hart uit jou borskas ruk.
Lees ook: