Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Nooit meer slaap nie deur Willem Frederik Hermans: 'n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2019-01-21

"As jy nou ’n roman wil lees oor ongewone gebeurtenisse in wêrelddele wat vir jou minder bekend is, is Nooit meer slaap nie dié boek vir jou."

Toe-val-lig deur Amore Bekker: Luisteraars se stories boei ook lesers

Maryke Roberts Resensies 2019-01-17

"Die boek het my verstom laat staan nie net oor hoe die toeval werk nie, maar oor hoe eenders ons almal is – ongeag waar ons woon, hoe oud ons is of wat ons inkomste of omstandighede is. Dit bring gewone mense se stories na ander gewone mense."

Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2019-01-15

"Hoewel Aankoms en vertrek nie dieselfde oemf as Stamatélos se vorige romans het nie, is dit wel die lees werd. Buiten die geloofwaardigheid van die karakters, verras die wendings en ontmoet die verskillende verhaalelemente mekaar op ’n besonderse wyse."

Kantelpunt deur Sophia Kapp

Nadia de Kock Resensies 2019-01-14

"Kapp kán ’n storie vertel, en haar waarnemingsvermoë is fyn ingestel. Die alledaagse word raak beskryf. Wie het nie al oë toegeknyp en meer kos probeer optower wanneer ongenooide gaste vir ’n braai-en-rugbykyk opdaag nie?"

Blasjan en die blou kitaar deur Koos Kombuis

Yolanda du Toit Resensies 2019-01-14

"Kombuis se gemaklike, vloeiende skryfstyl lees lekker en is ontspannend. Sommer van die eerste hoofstuk af is ’n mens reeds verdiep in Basjan se storie en is dit maklik om sy emosies te volg deur sy daaglikse gebeure en stryd op skool."

1 Recce, die nag behoort aan ons: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Izak de Vries Resensies 2019-01-10

"’n Leser wat deeglik ingegrawe is in die literêre verkenkuns, sal altyd weet dat enige kode in ’n teks soos 1 Recce, wat die meesternarratief skynbaar klakkeloos onderskryf, soos ’n Claymore-myn lê en wag om raakgetrap te word."

Die wêreld van die storie deur Willie Burger

Dewald Koen Resensies 2019-01-09

"In die inleiding skryf Burger dat sy boek ontstaan het 'uit die verwondering daaroor dat mens heeltemal meegevoer kan raak deur ’n storie'. Hy plaas veral klem op die ervaring wat die leser van ’n storie het en op watter wyse daar ’n beleefbare wêreld in die leser se verbeelding tot stand kom."

Retoer, Pretoria–Provence deur Marita van der Vyver: die begeerde lewe

Elkarien Fourie Resensies 2019-01-08

"Vir gewone mense is dit al klaar ’n ongelooflike avontuur om jou gunstelingaktiwiteit op ’n geïdealiseerde plek te kan beoefen en dan nog die pot daarmee aan die kook te hou. Van der Vyver kultiveer dus doelbewus ’n publieke persona met die sesde sintuig van ’n goeie selfpromotor, en dit dra baie by tot haar gewildheid as skrywer."

Deur vuur en water deur Karin Combrinck: ’n resensie

Helene de Kock Resensies 2019-01-07

"Karin Combrinck se taalgebruik is verfrissend en soos genoem, gee sy baie aandag aan besonderhede. Sy het ook ’n wye verwysingsraamwerk en het deeglik navorsing gedoen."

50 blertse blou deur Blouwillem: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2019-01-04

"In 127 bladsye is 50 koerantrubrieke van Blouwillem versamel. Op elkeen is daar iets waaroor jy spontaan glimlag, grinnik of hardop lag. Gewoonlik vir meer as een situasie of sêding op een bladsy."

Losprys deur Martin Steyn: ’n resensie

Samantha Buitendach Resensies 2019-01-04

"Steyn se boeke getuig van deeglike navorsing en bevat interessante karakters."

Prooi deur Deon Meyer: ’n resensie

Elzette Steenkamp Resensies 2019-01-03

"Prooi is klassieke Meyer op sy heel beste – deels Murder on the Orient Express, deels “buddy cop”-verhaal, met genoeg aksie, kwinkslae en intriges om te verseker dat jy die boek in een sitting sal wil verslind."

Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock: ’n resensie

Kleinboer Resensies 2018-12-19

"Lennet het intense herinneringe aan sy voormalige geliefde in die stad, Cecilia. Dit verryk die storie en werp lig op Lennet se verliese en hunkeringe. Ander geheueflitse en staaltjies uit sy jeug word ook vernuftig ingeweef."

Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn: ’n resensie

Marni Bonthuys Resensies 2018-12-18

"Alles in ag genome, is die roman ’n aangename leeservaring – soms kompleks, maar nie ontoeganklik nie; deurgaans met die tong stewig in die kies, maar met enkele donker skaduwees."

Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Marietjie Lambrechts Resensies 2018-12-14

"Die troebel tyd van Ingrid Winterbach is ’n meesterlike roman."

Namibiese verhale: Die keiservoël oor Namaland en Die vertes in

Chrisna Beuke-Muir Resensies 2018-12-12

"Wat tyd- en ruimte-aanbieding sowel as tema betref, gaan die verhaalgebeure in albei werke oor die lot van die inwoners van Duits-Suidwes-Afrika gedurende 1905."

Die generaal deur Hans Pienaar: ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2018-12-12

"Johan oorleef, nerfaf en ontnugter, maar met sy humorsin en sensitiwiteit intak. Dit speel op die grens, in kuierplekke, slaapkamers en sitkamers af, maar dis in werklikheid ’n reis na binne en stel pertinente vrae oor mag, individualiteit, kreatiwiteit en identiteit."

Die braambos bly brand, saamgestel deur Pieter Malan en Chris Jones: vars uitkyk van nie-teoloë

Laurie Gaum Resensies 2018-12-11

"Wat vir my opvallend met die lees van Braambos is, is hoe min 'aggressiewe ateïsme' daar tussen die blaaie van hierdie boek te vinde is. Die samestellers Pieter Malan en Chris Jones verdien ’n pluimpie vir die produk wat hul aanbied: dis kraakvars en propvol."

Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar: ’n resensie

Ton Vosloo Resensies 2018-12-06

"Pienaar het die wysgeer oor die reg vir die sg volk daar buite geword. Hy skryf met ’n liefde vir Afrikaans en die wye belangstelling van die weetgierige joernalis wat hy net sowel kon geword het as hy nie die regsberoep as loopbaan gekies het nie."

Sleeper deur Mike Nicol: ’n boekresensie

Org Potgieter Resensies 2018-12-05

"Die skrywer slaag daarin om jou met ’n paar beknopte en sinryke sinne in die middel van die aksie te plaas."

Top