Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Bos deur Jaco Wolmarans: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2019-04-09

"Hierdie is hopelik die begin van ’n lang lys suksesboeke in die spanningsgenre. Hy kan beslis kers vashou by ons land se voorste misdaadskrywers."

Sandveldstories deur Ferdinand Deist: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2019-04-09

"Die verhale is deurgaans geskryf soos die karakters in daardie landstreek die woorde uitspreek en inspan: rewirs, kestrolle, opkoenek, lantering, badskamer, bykenvelletjies, ens."

Oor grense deur Ton Vosloo: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-04-08

"Nogtans is die boek die lees werd, veral omdat dit baie inligting dokumenteer oor Naspers se geskiedenis sedert die ontstaan van die internet, en ook omdat dit Vosloo se perspektief op van die gebeure uit sy lang loopbaan gee."

Oor grense deur Ton Vosloo – ’n resensie

Jan-Jan Joubert Resensies 2019-04-08

"Dis ’n voorslagverhaal uit die pen van ’n meesterstorieverteller, en ’n verhaal vertel uit sy hoek."

Rookskerm deur Joubert Odendaal: ’n resensie

Hendrik du Plessis Resensies 2019-04-01

"Joubert Odendaal het die talent om situasies haarfyn te beskryf sodat jy werklik in vervoering kan raak oor die kleiner besonderhede, maar in ’n spanningsroman kan dit ongelukkig soms die spoed van jou verhaal breek."

Secret keeper by Kerry Hammerton: book review

Karina Magdalena Szczurek Resensies 2019-03-27

"In Secret keeper, Hammerton manages to capture the essentials of most adult lives – love, loss, loneliness, anxiety, ageing and death – and leaves us pondering our own mortality, and that deep longing not to feel our insignificance 'at night' when we are all alone under the 'black sky, stars,/ the milky way'."

The resurrection of Winnie Mandela: A biography of survival by Sisonke Msimang: reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2019-03-20

"The history of Winnie Mandela (1936–2018) is one of the most painful stories to emerge from South Africa. It is a story of injustice and oppression, but it is also, for many South Africans, a story of triumph and hope."

There goes English teacher deur Karin Cronjé: ’n resensie  

Elkarien Fourie Resensies 2019-03-20

"In kort, gedrae sinne of frases en met onverbiddelike eerlikheid neem sy die leser deur haar moeilike aanpassing as plattelandse onderwyser by ’n buitemuurse skool."

Die verevrou deur Jan van Tonder: ’n lesersindruk

Sonja van der Westhuizen Lesersindrukke 2019-03-19

"Die verevrou is nie ligte leesstof nie, en dis goed so. Nie alle romans hoef lig en donsig te wees nie. Ons het nodig om, soms onder protes, uit ons gemaksones gesleep te word."

Sara deur Maretha Maartens: ’n resensie

Helene de Kock Resensies 2019-03-19

"Maretha Maartens slaag daarin om die leser met ’n helder onmiddellikheid in die antieke verlede te plaas."

Steinheist: Markus Jooste, Steinhoff and SA’s biggest corporate fraud by Rob Rose: book review

Barend van der Merwe Books and writers 2019-03-19

"Rob Rose’s Steinheist is not the first book to appear in the aftermath of the Steinhoff crash, but it is, by far, the most comprehensive and most compelling."

Hostel deur Hein Willemse: ’n lesersindruk

Michael le Cordeur Lesersindrukke 2019-03-18

"As sulks is die bundel ’n noodsaaklike dokument in die strewe om die volle waarheid oor apartheid te verwoord. As jy dus ’n alumni van die Universiteit van die WerkersKlas is, is hierdie boek ’n absolute móét."

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé: ’n resensie

Marni Bonthuys Resensies 2019-03-13

"Dít was vir my die bekoring van die roman – die verwewing van gegewes maak dit bekend, maar ook totaal onbekend, nes die dubbelgangers wat in dieselfde en parallelle wêrelde leef."

Olga Kirsch: ’n Lewe in gedigte: Egonne Roth se biografie oor Olga Kirsch, ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Lina Spies Resensies 2019-03-12

"My bedoeling met dié artikel was om aan die biografie reg te laat geskied deur veral te konsentreer op hoe kennis van Olga Kirsch se lewe bydra tot begrip en waardering van haar gedigte. Dit is ’n eis waaraan Roth se biografie oortuigend voldoen." 

Olga Kirsch. ’n Lewe in gedigte deur Egonne Roth: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2019-03-11

"Afgesien van Kirsch se bydrae as Afrikaanse digter, kom haar Hebreeuse en Engelse poësie onder die soeklig, byvoorbeeld die publikasie van Nevertheless (1966), wat nêrens in enige ander biografiese opgaaf rondom Kirsch se lewe vermeld word nie."

’n Kantopmerking oor Richard Steyn se Louis Botha, a man apart

Handré Brand Seminare en essays 2019-03-10

"Die titel vir die biografie kon selfs ook Louis Botha: a man of courage gewees het."

Het jy jou Retoer-kaartjie al gekoop?

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2019-03-09

"Van der Vyver se roman bestaan uit vele meer soortgelyke en ander kortverhale, meestal net twee bladsye, soms langer. Geskryf in die eerste persoon, die taalgebruik lewendig en aktief."

Kainsmerk deur Annelie Botes: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2019-03-09

"Nes die karakters, sal die meeste lesers van die broeiende verhale in Kainsmerk in hul menswees groei."

Liefde in die tyd van die internet: ’n stadsprokie deur Fransi Phillips: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-03-09

"Die boek vertel die verhaal van ’n vrou se vlug van haar gewelddadige minnaar na eksotiese Rusland, waar sy ’n Engels-onderwyser word en dan ’n verhouding aanknoop met een van haar studente, ’n welgestelde Russiese man, wat haar uiteindelik red nadat haar wrede voormalige minnaar haar ontvoer."

Die helaasheid van die dinge deur Dimitri Verhulst: ’n boekresensie

Wium van Zyl Resensies 2019-03-07

"Met Die helaasheid van die dinge word die Afrikaanse leser toegelaat tot ’n deel van die Vlaamse samelewing waaroor die toeris en bewonderaars van Breugel en Rubens of die skone argitektuur van Brugge skaars oor kan droom."

Top