Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

’n Spook in die huis deur Francois Loots: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-05-28

"Die boek word baie aanloklik aangebied. Die titel prikkel die verbeelding; so ook die buiteblad en flapteks. Maar al die laasgenoemde kan maklik die verkeerde indruk wek. Die boek lees moeilik en is nie besonder boeiend nie."

Afrikaner-kapitalisme: van brandarm tot stinkryk deur David Meades: ’n resensie

Dirk Laurie Resensies 2019-05-28

"Die boek se goue draad is die kentering van ’n idealistiese volksgerigte jongeling, in sy middeljare beginselvas alhoewel blootgestel aan volksvreemde elemente, wat op die ou end die waardesisteem van sy vorige teenstanders omarm."

Afrikaans poems with English translations, saamgestel deur HP van Coller, Helize van Vuuren en Louise Viljoen: ’n resensie deur Louis Esterhuizen

Louis Esterhuizen Resensies 2019-05-27

"En dít is beide die omvang en prestasie van hierdie publikasie: enersyds is daar die bevestiging van dit wat geliefd en bekend is, en andersyds die wonderlike avontuur van nuwe literêre horisonne wat danksy hierdie bloemlesing verken kan word."

Witboy in Berlyn: Avonture in die Eerste Wêreld deur Deon Maas: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-05-27

"Maas doen baie moeite om die geskiedenis van Berlyn en Duitsland te absorbeer en dit op ’n gemaklike manier weer te gee. In sy beskrywinge weerlê hy, getrou aan sy aard, baie stereotipes."

Ons raaiselpad met alzheimersiekte deur Elise Nel: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2019-05-23

"Elise het sóveel fasette van die uitmergelende alzheimerpad wat sy saam met haar man gestap het, in hierdie boek vervat."

Wanneer water wyn word deur Vivian Kleynhans (soos vertel aan Jacqueline Leuvennink): ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2019-05-23

"Wat wel vir my die hardste praat in hierdie boek, is die krag van ’n vrou. En hoewel hierdie ’n bruin vrou is wat swaargekry het onder apartheid en die verhaal uit daardie oogpunt geskryf is, is haar storie universeel."

Die Groot Jaco Jacobs-storieboek deur Jaco Jacobs: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2019-05-23

"Dié boek is ideaal vir die beginnerleser, veral kinders tussen 7 en 12 jaar, en die verhale is gepas vir seuns én meisies. Daar is ’n goeie balans tussen die illustrasies en teks en dis ook verfrissend om te sien dat die illustrasies nie aangepas is om konsekwent te wees vir die omnibus nie."

Wanneer bloekoms dans deur JM Gilfillan: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2019-05-23

"Gilfillan konstrueer verhale met eenvoudige intriges; biopsies oor die menslike toestand. Haar fokus is die broosheid (en wreedheid) van verhoudings en in bykans elke verhaal word die lot van vroue deur ’n Tsjechofiaanse bril bekyk."

Min Shaw: Sprokie van ’n liefling deur Shaun Andrew Mynhardt: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-05-23

"Benewens die hordes kleurfoto’s en die teks wat Shaw se lewe dokumenteer, bevat die boek ook ander interessanthede. Daar is byvoorbeeld persoonlike boodskappe van haar aan haar ondersteuners ingesluit."

Die verevrou beeld wêreld van volstruise epies uit

Elbie Adendorff Resensies 2019-05-21

"Jan van Tonder se oeuvre bereik ’n hoogtepunt met Die verevrou. Dit is ’n moet-lees vir diegene wat van verweefde karakters en storielyne en motiewe hou."

Kanker Schmanker deur Madelein Rust: ’n resensie

Yolanda du Toit Resensies 2019-05-21

"Madelein span haar kennis van die sielkunde in om spanningsromans te skep, maar Kanker Schmanker, ’n outobiografie, is haar eie spanningsverhaal. Hierin laat sy die leser in haar binnekamer toe waar sy ’n intens persoonlike verhaal van lief en leed deel."

Medusa deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2019-05-21

"In ’n besonder sterk ontknoping met verrassende wendings wen die speurders die stryd teen misdaad en geweld met hul volharding wanneer hulle die deurslaggewende ontdekkings maak en die ontbrekende dele van die legkaart op ’n knap wyse aanmekaar sit."

Duinhuis, ’n kookboek deur Isabella Niehaus: ’n resensie

Elsibe Loubser McGuffog Resensies 2019-05-20

"Soos die woorde op die voorblad aandui, gaan die boek oor smake en geure en dus die sintuie wat herinneringe diep inprent."

At the edge: The writings of Ronnie Govender by Rajendra Chetty: a review

Annie Gagiano Resensies 2019-05-17

"I highly recommend this valuable text, the worth and interest of which I hope the above review has given some indication."

Philippolis deur Jens Friis: ’n resensie

Jan JP van der Merwe Resensies 2019-05-17

"Jy sal beslis van die boek hou as jy van die platteland en/of die Vrystaat hou."

LitNet Akademies-resensie-essay: Bill Henderson se Afrikaanse vertaling van antieke Griekse poësie

Cas Vos Resensies 2019-05-17

"Hierdie skitterende werke behoort voorgeskrewe materiaal vir elke (voornemende) literatuurwetenskaplike te wees, nie alleen wat betref die inhoud nie, maar veral wat die skrywer se metodologiese omgang met die tekste betref."

A person my colour – love, adoption and parenting while white by Martina Dahlmanns: a review

Izak de Vries Resensies 2019-05-16

"A person my colour is by no means easy, but it is important. Apart from the ill-conceived introduction, which ought to have been a reflection at the end, the narrative is stylish and gripping."

Stad vol ballonnen: burgemeestersvrouw over rouw en afscheid

Hendrik-Jan de Wit NeerlandiNet 2019-05-16

"Daarmee is Stad vol ballonnen een mooi boek over rouw. Dat het hier om de vorige burgemeester van Amsterdam gaat, verbindt en raakt je daarom misschien nog meer."

Louis Botha: A man apart by Richard Steyn: a reader's impression

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-05-13

"The book is by no means a hero-worshipping publication, and the oppression of black South Africans by the Union government forms an important part of the book. It is a fresh appraisal of Botha, but even this bold attempt will, I believe, not stir any long-term interest in the former prime minister."

Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s web of capture by Pieter-Louis Myburgh: a reader’s impression

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-05-07

"It is quite a bold move on the part of the author to make claims such as the ones he makes. The book more than raises the eyebrows, as false claims would certainly land the author in hot water. However if there is any truth to these claims, it would mean that the ruling ANC is in really deep trouble as a party – and not only the ANC, but the country as a whole."

Top