Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Resensie: Koningin Lear deur Tom Lanoye
2019-09-13"’n Veglustigheid gryp jou aan die kraag soos ’n dronk boer in 'n kroeg met die lees van Koningin Lear."
Resensie: Melk en vleis en Bloed en bodem deur Marina Albertyn
2019-09-13"Met die toename in geweld teen vroue in Suid-Afrika, is Marina Albertyn se werk meer relevant as ooit. In beide Melk en vleis en Bloed en bodem word die vroulike karakters tot die uiterste beproef. Albei vroulike hoofkarakters weier egter om as slagoffers beskou te word."
Peter Pan en Laurie deur Marié Heese: ’n lesersindruk
2019-09-10"Om vir ewig sorgvry te lewe, is ’n universele wens wat oor elke mens se pad kom. Dit is moontlik ook die grootste bydraer tot die verhaal se sukses."
Boekresensie: Ek kom terug deur Adriaan van Dis (vertaal deur Daniel Hugo)
2019-09-10"Die Nederlandstalige Ik kom terug het in 2014 verskyn en is in 2015 bekroon met die Libris Literatuurprys. Die Afrikaanse vertaling is behendig deur Daniel Hugo behartig."
Boekresensie: Koebesie deur Trienke Laurie
2019-09-10"Die bundel inkorporeer beide Laurie se voorliefde vir kuns met dié van poësie. Talle van Laurie se tekeninge en skilderye verskyn in die bundel asook op die voorplat."
Verslag deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk
2019-09-04"Verslag is Du Plessis se tiende bundel, en volgens hom ook sy laaste. Dit sal ’n verlies wees vir Afrikaans as dit die geval is dat hy nooit weer gedigte sal publiseer nie."
Die vrou van die klippesee deur Meg Vandermerwe, vertaal deur Kirby van der Merwe
2019-09-04"Meg Vandermerwe skep met Die vrou van die klippesee ’n magiese verhaal van verlies, liefde, onwaarskynlike vriendskap en herstel. Die verbeeldingryke manier waarop sy gladweg verskeie weergawes van een mitiese figuur tot een sissende, blasende visvrou vervleg, betower mens onmiddellik."
Resensie: Tussen toeval en willekeur deur Kobus Lombard
2019-09-04"Meestal skryf Lombard kort, netjies-afgeronde gedigte wat gestroop is van enige pretensie of deklamasie. Met sy nuwe versameling dig hy voort op hierdie vormgewing wat ook sy vorige bundels kenmerk."
Book review: The echo of a noise: A memoir of then and now by Pieter-Dirk Uys
2019-09-03"When Pieter-Dirk Uys appeared on a lonely stage at the 2017 Woordfees in Stellenbosch, dressed in black and discernible only by a white face, white hands and the words 'Almost famous' dancing white on his chest, I was in the audience. For over 90 minutes, I was mesmerised."
LitNet-resensente op die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-kortlys
2019-08-30LitNet het twee boekresensente wat op die kortlys vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-prys verskyn. Baie geluk aan die finaliste!
Resensie: Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds, vertaal deur Nathan Trantraal
2019-08-29"Van die hooftemas is die trauma en effek van bendegeweld op die individue maar ook gemeenskappe, die rouproses van diegene wat familie en vriende weens bendegeweld verloor, en die rol wat dwelms en dwelmhandel speel."
Resensie: Doodsengel deur Madelein Rust
2019-08-28"Dis mos hoe 'n misdaadriller begin: met 'n moord in die eerste sin! Daarna neem die skrywer die leser op 'n rit van geweld en vergelding totdat sy op bladsy 366 'n puik ontknoping skryf."
Resensie: My mother’s mother’s mother deur Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk
2019-08-28"Die titel van die boek is geneem uit Diana Ferrus se Ons komvandaan en dit word ingespan om die boek te raam as ’n teks waarin dit juis generasies vroue is wat deur hulle skryfwerk aan die woord kom."
Lesersindruk: Sewentig vrae oor evolusie vir Christene deur Albert Alberts
2019-08-28"My belangstelling in Alberts se boek lê egter by wat ek noem die argumente oor die oermense. Die studie van die argeologie. Waaroor daar maar betreklik min in Afrikaans geskryf is, sover my kennis strek."
Boekresensie: Mans en hulle wonde deur Cas van Rensburg
2019-08-22"Wat my interesseer het, is dat die Kerk (generies gesien) dikwels as plaasvervanger vir die moeder dien. Seuns moet analoog aan sprokies op ’n 'heldereis' gaan waarvoor hulle manlike mentors nodig het. Maar dan moet jy ook 'begin by jou pa' en jou pa 'agterlaat' deur hom te leer ken of verstaan."
Reader impression: Where do you go to by Jean Cerfontaine
2019-08-21"Despite the occasional punctuation blunder many a self-published book is guilty of, Where do you go to is a lovely and unforgettable read, and a fitting tribute to Sarstedt’s song; and, although one expects a feel-good ending culminating in Marie-Claire learning more about the first few years of her life, the revelation still comes as a surprise."
LitNet Akademies-resensie-essay: Koshuis en Hostel
2019-08-15"Selde die laaste tyd het ’n essay my geraak soos die opsommende een deur Enrico Pedro voor in die boek Hostel, saamgestel deur Hein Willemse en William Murray. Dit het ’n ongemaklike vraag geskep: In al die jare na die seminale Junie-opstande onder swart skoliere wat in Soweto begin het, het ek, en waarskynlik baie ander mense, die UWK se bydrae as ’n randverskynsel gesien."
Die oorkantste oewer deur Abel Pienaar en Flip Schutte: ’n resensie
2019-08-14"Beide skrywers is dit eens dat ons in ons denke oor God en lewe die blik op die kosmos moet integreer. Ons moet besef dat ons binne ’n verweefdheid met alles om ons leef; dit sal meebring dat ons die lewe hier en nou sal sien as heilig en daarvolgens wíl leef."
In my vel deur Azille Coetzee: ’n skrywer wat haarself blootlê sodat ons onsself kan sien
2019-08-14"Hierdie is ’n grondverskuiwende boek. Dit is slim. Dit is vlymskerp. Dit is uitstekend geskryf. Dit is ’n dapper skrywer wat haarself so blootlê, en wat haar eie verhaal gebruik om ons te laat besin."
"'n Gladde klippie in 'n suiwer stroom": Corlia Fourie se digdebuut
2019-08-13"Die gedigte gaan meestal oor tipiese sake of kenmerke van die spesifieke vrou waaroor die gedig handel en waarmee die leser reeds vertroud is. Wie 'mites' wat met betrekking tot vroue in stand gehou het wil eien en ontmasker, moet self en interpreterend hierna op soek gaan."
