Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Resensie: Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur deur Flip Buys
2019-12-19"Soos Hermann Giliomee in die voorwoord skryf, moet Die Pad na Selfbestuur 'dringend en deeglik gelees word deur almal wat ’n premie plaas op die Afrikaners se voortbestaan' in Suid-Afrika."
’n Kat se kans en Elke hond kry sy dag: ’n leser se indrukke
2019-12-19"Dié twee boeke is beslis ’n aanwins vir enige boekrak, tuis, by die skool of die biblioteek. Veral op die lang reise tydens die skoolvakansie. Kinders kan hope interessante dinge leer oor honde en katte."
Draakasem deur Jaco Jacobs: ’n lesersindruk
2019-12-19"Hierdie eenvoudige verhaal is pragtig geïllustreer en die drake lyk indrukwekkend. Beslis ’n goeie opsie vir die Kerskous."
Nuwe vrese deur Willem S van der Merwe: ’n resensie
2019-12-19"Soos wat dit staan, laat die meeste verse in Nuwe vrese my onbevredig, met die uitsondering van daardie enkeles wat wel verpletter."
Jan Smuts: Wie en wat was hy eintlik? deur Paul Grobbelaar: ’n Ope brief
2019-12-18"Mag ek u met eerbied maar oom Jannie noem? Ons mense het mos altyd van Slim Jannie gepraat, of van oom Jannie. Ek onthou toe my oorlede moeder in trane was nadat u in 1950 oorlede is, al was sy 'n vurige Nasionalis."
Resensie: Vloek deur Rudie van Rensburg
2019-12-13"Vloek is beslis ’n boek wat jou vasgenael hou, byna soos ’n speurderverhaal wat op die kassie afspeel. Skielik lees jy nie net meer'n boek nie, jy is deel van die gebeure ..."
FMR-resensie: Wanneer bloekoms dans deur JM Gilfillan
2019-12-12"Bykans tagtig jaar van fyn waarneming tydens 'n lewe wat nie die gewone gebaande weë gevolg het nie, put sy behendig uit 'n welige bloekombos van ervaring en verbeelding."
Boekresensie: Grondwoorde 2018 saamgestel deur Wouter J Gildenhuys
2019-12-04"Die afgelope paar weke het dit my weer eens opgeval hoe die Afrikaanse taal gedurig onder beleg verkeer. ... Meer projekte van hierdie omvang is nodig om nie alleen Afrikaans as taal te bevorder nie, maar ook om kreatiewe skryfwerk onder ’n nuwe generasie jongmense aan te moedig."
Resensie: Die man van Quatro deur Calvyn van Niekerk
2019-12-04"Sodra ’n leser dink hier is net nóg ’n nuwe misdaadroman in Afrikaans, word jy aangenaam verras met Van Niekerk se roman wat nie bloot ’n voorspelbare resep van clichés is nie."
Lesersindruk: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-le Roux
2019-12-04"Dit is ’n onthutsende verhaal oor die skending van onskuld, die toesmeer van dinge en ook die aandeel van elkeen wat kies om daaroor te swyg."
Resensie: Gedeeltelik bewolk deur Ruan Kemp
2019-12-02"Geen skrywer kon tot op hede die trauma wat dienspligtiges tydens die Grensoorlog ervaar het so eerlik oopkloof nie."
Resensie: Alchemie van my muse deur Pieter Hugo
2019-11-28"Op elke bladsy kon ek opnuut iets anders vind wat my roer of bewonderend laat stilstaan voor 'n vernuftige stukkie woordspel."
Lesersindruk: Zwarte Socrates. Gesprekken over recht, tijd en verzoening deur Bert van Roermund
2019-11-28"Die ryk gesprekke stel die vraag hoe 'daders' en 'slachtoffers' van politieke en gewelddadige konflik met mekaar kan saamleef."
Resensie: Noorman deur SD Fourie
2019-11-28"Hierdie boek staan heeltemal goed op sy eie voete en aan leesgenot is daar beslis geen tekort nie, maar ek glo as die skrywer se ander twee boeke vóór Noorman gelees word, dit sal bydra tot een van die lekkerste leestrio’s in ’n baie lang tyd."
Resensie: Die kinders van Spookwerwe deur Lize Albertyn-du Toit
2019-11-28"Dit is ’n roerende verhaal wat inderdaad, soos die voorblad beloof, 'soos die vaal stof van die Bo-Karoo diep in jou hart kom lê'."
Humboldts avonturen overtuigend verstript
2019-11-27"Daarmee is de biografische strip De avonturen van Alexander von Humboldt een must voor elke liefhebber van de natuur, ontdekkingsreizigers en waanzinnig spannende verhalen."
Bibi Babbelbek praat tot sy blou word: ’n lesersindruk en ’n onderhoud met die skrywer
2019-11-25"Bibi Babbelbek praat tot sy blou word verdien ’n spesiale ruimte in die biblioteek van elke omgee-ouer."
Resensie: Brisant deur Hein Viljoen
2019-11-25"Die epos lees vloeiend en maak mildelik gebruik van die uiteenplasingstegniek wat momentum gee aan die leeshandeling en soos ’n springveer die volgende versreël(s) voortsneller."
Resensie: Mooier as Marilyn deur Anita du Preez
2019-11-22"Die teks loop soos stroop sodat die verhaal se pas vinnig en op ’n drafstap in hoë hakkies op Kaapse keistene is."
Resensie: Waterberg echoes deur Richard Wadley
2019-11-22"Protea Boekhuis word gelukgewens met hierdie praguitgawe deur Richard Wadley, vir wie dit 'n lewenstaak was om hierdie omvattende boek saam te stel."
