Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

FMR-resensie: Vervleg deur Petro Hansen

Danie Botha Resensies 2019-11-22

"Daar's nog ’n soort vervlegting in die boek: Die afsonderlike rubrieke word in so ’n volgorde geplaas dat skakels onderling ontstaan."

Resensie: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux

Anke Theron Resensies 2019-11-20

"Die karakters worstel elkeen met ’n tweeledige proses van (her)belewing; hulle beleef dit in die verlede en herbeleef dit met verloop van die roman."

Resensie: Soekmekaar deur Dana Snyman

Alta Cloete Resensies 2019-11-15

"Soekmekaar is onontbeerlike leesstof vir elkeen wat hierdie land liefhet, elkeen wat ons uitdagings probeer deurgrond, elkeen wat probeer om ten alle koste die hoop te behou."

Resensie: Sewe-en-veertig deur Irma Venter

Nadine Petrick Resensies 2019-11-14

"Sewe-en-veertig is die ideale leesstof vir die naderende somervakansie en dit bevat al die regte bestanddele om jou vas te pen in ’n leesgreep wat moontlik jou familie gaan irriteer."

Resensie: Shadow flicker deur Melissa A Volker

Yolanda du Toit Resensies 2019-11-14

"Melissa slaag ongetwyfeld daarin om die leser vasgenael te hou, van begin tot einde."

Resensie: Penseel-studentebundel 2019

Nini Bennett-Moll Resensies 2019-11-14

"Die bundel reflekteer in sy geheel ’n nihilistiese bestaanswêreld, een waarin die studentedigters ontgogel staan voor die groter maatskaplike uitdagings van die dag."

Lesersindruk: Vegters deur Lucia Prinsloo

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2019-11-13

"Dit bied ’n leeservaring wat die leser se emosies deur ’n vleismeultjie jaag en jou laat voel dat jy sélf ook deur ’n oorlog is..."

LitNet Akademies-resensie-essay: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Dewald Koen Resensies 2019-11-12

"Wat Hond se gedagte van ander rugbyromans onderskei, is ongetwyfeld Breytenbach se skerp sin vir humor."

Lesersindruk:  Robey Leibbrandt. ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake

Handré Brand Lesersindrukke 2019-11-12

"Die skrywer hanteer die biografiese geskiedenis van hierdie Suid-Afrikaanse vryheidsvegter uit die jare dertig en veertig van die vorige eeu baie professioneel en bykans soos 'n kliniese gevallestudie."

Lesersindruk: Die Wonderwese deur Carina Stander

Clari Niemand Lesersindrukke 2019-11-11

"Die Bergengel-trilogie is baie meer as fantasie. Dit is allegorie, besinning, kommentaar en prosa, en in die eerste plek ʼn goeie storie."

Resensie: By die brandende berg deur Piet van Rooyen

Alta Cloete Resensies 2019-11-11

"By die brandende berg is die verhaal van ’n man en sy gesin se aftakeling, gesien in die konteks van die stroping van Afrika deur verskeie rolspelers wat hulle hande op haar rykdom wil lê."

Lesersindruk: Na verre hawens deur Hennie van Deventer

Sarel Venter Lesersindrukke 2019-11-06

"Hierdie gesellige lekkerleesboek word gekenmerk deur Van Deventer se vloeiende skryfstyl, fyn waarnemings en beskrywings, soos verwag kan word van ’n joernalis met ’n leeftyd van skryf agter hom."

Reader impression: Tobacco wars by Johann van Loggerenberg

Clifford Roberts Books and writers 2019-11-06

"Overall, the book sheds light on the darker workings of a massive industry. But it also provides much-needed insight into SARS and the world of tax collection."

Resensie: Too many tsunamis deur Vincent Pienaar

Nini Bennett-Moll Resensies 2019-11-06

"Pienaar kyk deur ’n ongewone en lighartige bril na verskynsels soos selfvernietiging en selfdood, maar oppervlakkig is die boek gewis nie."

LitNet Akademies-resensie-essay: Verset en opbou deur JC Steyn

Hein Willemse Seminare en essays 2019-10-31

"Die band tussen Afrikaans, Afrikaners en Afrikanernasionalisme is vir Steyn so natuurlik dat hy nie vir een oomblik reflekteer oor sy basiese aannames nie. Kan hy byvoorbeeld intellektueel die moontlikheid oorweeg dat Afrikaans sonder die Afrikaner kan voortbestaan?" 

Resensie: Vervleg deur Petro Hansen

Elbie Adendorff Resensies 2019-10-31

"Die titel van die bloemlesing verwys na die ineengevlegtheid van die temas. Maar die belangrikste is seker die emosionele reaksie wat die stories ontlok: hartseer, nostalgie, humor en verlange."

Resensie: Zola deur Johan Jack Smith

Nadine Petrick Resensies 2019-10-24

"Smith kry dit gemaklik en ongedwonge reg om ’n merry mixture van rasse en klasse bymekaar te gooi in ’n pot vol pap en wors en kerriesous sonder dat dit voel asof ’n uitgewer hom aangepraat het om dit te doen."

Resensie: 'n Belofte vir Bippie deur Elsa Winckler

Alta Cloete Resensies 2019-10-23

"In die eerste instansie is dit 'n lekker liefdesverhaal met aantreklike mense wat na liefde soek en dit vind. Die Christelike ondertoon gee 'n verdere dimensie aan die boek, maar oorheers nie die liefdesverhaal nie."

FMR-resensie: Kammaland deur Annelie Botes

Danie Botha Resensies 2019-10-22

"In Kammaland gaan dit om die tydperk Oktober 2017 tot Januarie 2018 toe sy en Chris alias die ou gryse rondgevaar het op die kanale in Engeland."

Boekresensie: Die dekonstruksie van Retta Blom deur Zelda Bezuidenhout

Elbie Adendorff Resensies 2019-10-16

"Dit is ’n roman wat handel oor verhoudinge – veral die huweliksverhouding en hoe vroue hulleself in ’n huwelik kan verloor. Maar dit is ook ’n verhaal oor veral die vriendskappe tussen vroue, en met hierdie twee temas kan baie lesers identifiseer."

Top