Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
FMR-resensie: Toy van Carnarvon deur Stephen le Roux
2020-01-22"Toy as die ek-verteller vereenselwig hom so met sy jeugervarings dat dit jou absoluut oortuig, laat glimlag of ontroerd laat."
Resensie: The Stellenbosch Mafia – Inside the Billionaires’ Club deur Pieter du Toit
2020-01-21"Ten slotte is Stellenbosch Mafia 'n lekker stukkie navorsing wat blitskennis en insig gee oor Suid-Afrika se rykste Afrikaners. Du Toit kan op die skouer geklop word dat hy probeer het om netelige Boeremafia-aantygings in hierdie era van dezinformatsiya uit te klaar. Het hy geslaag?"
Resensie: Tronkhond deur China Mouton
2020-01-21"Die dienshonde word karakters in eie reg: heroïese en gevalle helde, wat inderwaarheid ook lede van die Mag was, maar nooit die erkenning wat hulle verdien het gekry het nie."
Resensie: For the love of the land, saamgestel deur Ivor Price en Kobus Louwrens
2020-01-15"Wanneer ’n mens omsingel voel deur die felle nasionale debat oor grondonteiening sonder vergoeding, bring innige kreatiewe samestellings soos Price en Louwrens se bundel niefiksie ’n behaaglike oomblik van ontspanning."
Resensie: Kammaland deur Annelie Botes
2020-01-14"Kammaland is ’n boek wat jy nie lig gaan vergeet nie, want Annelie Botes weet hoe om emosies en ervarings te verwoord wat die gewone mens nie eens in sy privaatste gedagtes kan omskryf nie."
LitNet Akademies-resensie-essay: Grensgeval as interteks tussen môre en gister
2020-01-09"Marita van der Vyver se werk lees só lekker dat ’n mens dit op die sand by die see, knus onder die komberse met ’n beker warm sjokolade, of selfs hoog in die berge met ’n kopliggie in ’n grot wíl lees."
LitNet Akademies-resensie-essay: Die storie van Afrikaans uit Europa en van Afrika. Deel 2 deur WAM Carstens en Edith Raidt
2020-01-08"Hier staan Afrika in die sentrum en gaan die storie eintlik oor hoe Afrikaans wortel geskiet het in Suidelike Afrika."
LitNet Akademies-resensie-essay: Breytenbach in 2019
2020-01-08In hierdie LitNet Akademies-resensie-essay skryf Dewald Koen oor drie publikasies deur en oor Breyten Breytenbach: breyten breytenbach – woordenaar woordnar: ’n Huldiging; Rooiborsduif: Gedigte oor die liefde en op weg na kû.
Resensie: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
2020-01-07"Met hierdie roman bewys Van Heerden hom opnuut as waagmoedige prosaïs: ’n skrywer wat nie skroom om ongerymdhede in die samelewing aan te spreek, of hom daaraan steur om polities korrek te wees nie. Hy skryf eerder hierdie taboes oop."
Grensgeval deur Marita van der Vyver: ’n resensie
2020-01-07"Grensgeval is ’n onderhoudende boek met genoeg storiekinkels én diepgang om te boei."
Resensie: Blinde gode deur Dibi Breytenbach
2020-01-07"Breytenbach het haar reeds as een van die land se beste krimiskrywers gevestig en bou in Blinde Gode voort op haar reputasie."
Resensie: Blood on her hands: South Africa’s most notorious female killers deur Tanya Farber
2020-01-07"Farber het haar navorsing gedoen en gee die feite weer, maar sy gebruik ook ’n goeie skeut verbeelding om die vertellings so aan die begin van elke hoofstuk in te kleur dat dit aan fiksie herinner."
Gestaag ontvouwen van een blad
2020-01-06"Met unfurl. Four Essays (Klara du Plessis) geeft zij de lezer en zichzelf alvast inkijk in de poëticale mindset."
Lesersindruk: Michel Houellebecq se Serotonin
2019-12-30"Hierin lê waarskynlik sy belangrikste bydrae – ’n tipe ontmaskering en konfrontering van die spektakelsamelewing, sy woordvoerders en sy weefkunstenaars."
I wish I’d said ... Vol 1, edited by Johann de Lange and Mantoa Matonyane: a review
2019-12-24"Even if these poems might not make for easy reading, I can only urge you to read them anyway. Read them slowly, and take long breaks to process what they reveal to you."
Kantelpunt deur Sophia Kapp: ’n FMR-resensie
2019-12-23"Kantelpunt is nie net prikkelende leesstof vir die denkende vrou nie; dit is ook die ideale geskenk vir elke man wat tot nou toe gedink het dat hy reeds alles het."
Die ses weke van Thomas en Ella deur Zelda Bezuidenhout: ’n jong leser se indrukke
2019-12-23"Want watter Afrikaanse boeke lees jy as jy alreeds al die Saartjie-boeke, al die Maasdorpe en al die Stalmaats gelees het? Hier is jou antwoord: Die ses weke van Thomas en Ella."
Philip Kerr se Hans-Nazi’s is donker Berlynse noir
2019-12-20"Die ooreenkomste met ons eie land se benarde situasie – eers die agterdog van die Apartheidsjare; mense wat oornag verdwyn en dae later in riviere of oop stukke veld opduik, met flou verskonings van ongelukke wat deur lompheid veroorsaak is; en dan die neiging om die verlede as beter voor te hou – is ooglopend."
Brand deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2019-12-19"Hierdie boek is beslis vir enige leser wat die somervakansie aan die brand wil lees."
Die vrede van Vereeniging deur Jan Scholtz en die stilswye van die bitter beginners
2019-12-19"Die stuk is in 1982 in boekvorm uitgegee nadat dit as televisiedrama op Maandagaand 19 Oktober 1981 oor die Afrikaanse televisiediens van die SAUK uitgesaai is."
