Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Wen met jou lesersindruk vir LitNet!
2017-09-29Lees jy ’n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van ’n boek wat gedurende die laaste twee kalenderjare verskyn het, te skryf en te stuur.
Alles begin met Anna deur Annemari Coetser
2017-09-28"Alles begin met Anna is ’n familiesage met storielyne wat soos treinspore Suid-Afrika se oorlogsgeskiedenis deurkruis en uiteindelik by dieselfde eindbestemming aankom."
Swanesang deur Karel Schoeman: ’n FMR-resensie
2017-09-28"In hierdie werk slaag die skrywer in ’n besondere mate daarin om die veelvuldige faktore wat die nedersetting aan die Kaap – op daardie stadium ’n uithoek van die wêreld – beïnvloed het, aan te dui."
The Life of Worm & Other Misconceptions: a review
2017-09-26"Barris will make you laugh, weep and think. Read The life of Worm & other misconceptions for the pure delight of experiencing the short story at its versatile best: take a flying room, add a saurian, and see where they might take you."
On record deur Schalk van der Merwe: ’n resensie
2017-09-26"Schalk van der Merwe het ’n fassinerende boek oor populêre Afrikaanse musiek gepubliseer."
Die reis gaan inwaarts deur Cas Wepener: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-09-22"Die reis gaan inwaarts en Slot van die dag hou met mekaar verband deurdat albei fokus op die temas van dood en doodsbegeleiding by Schoeman. Belangriker nog: albei tekste bevestig watter fenomeen Schoeman in die Afrikaanse letterkunde was en steeds sal bly: ’n meester van die woord, ’n diepsinnige denker, ’n komplekse en fassinerende mens."
Vet feetjies vlieg nie deur Kristel Loots: ’n resensie
2017-09-20"Chicklit soos Vet feetjies vlieg nie is maar een van die subgenres wat deesdae gretig gelees word en in haar werk in hierdie kategorie sluit Loots weer eens aan by die neiging tot meer realistiese heldinne in romantiese fiksie."
Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie
2017-09-20"Die stories het sye en kante wat om en om gedraai moet word en van alle kante af bekyk moet word om Venter se fyn nuanses met taal (soms verruklik mooi!) en tema- en karakterontwikkeling te waardeer."
Op ’n dag, ’n hond deur John Miles: ’n resensie
2017-09-19"Op ’n dag, ’n hond is ’n boeiende verslag van ’n karakter wat sonder die rigtingwysers van die religie, spesifiek die Christelike godsdiens, met ongelyke sukses probeer om aan ’n morele bestaan beslag te gee in ’n vyandige wêreld waarin wreedheid en geweld te dikwels orde en stabiliteit versteur."
Wolf trap by Consuelo Roland: book review
2017-09-19"Somewhat darker and less fanciful than Lady limbo (although the same delightfully eccentric characters people its pages), Wolf trap takes Paola from a twisted Wonderland to a far more sobering reality (there are sly allusions to Through the looking-glass, and what Alice found there)."
Hallo, Hekel deur Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding: ’n resensie
2017-09-19"Hekelaars sluit juriste, medici, D-studente, bedryfsielkundiges, bikers, wynplaasbestuurders en byderwetse oumas in. Mans hekel lustig saam en ’n hekelende apteker het onlangs laat weet dat ’n polisiemanvriend op aanbeveling van sy sielkundige begin hekel het om sy stresvlakke onder beheer te kry."
Elevation: the rising tide deur Helen Brain: ’n resensie
2017-09-19"Lesers van jongvolwassene-literatuur en fantasieverhale behoort hierdie reeks as uitdagende, maar opwindende leesstof te ervaar."
Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-09-15"Venter se fyn waarnemingsvermoë is ’n aanslag op die sintuie. Soos ’n goeie reisskrywer slaag hy daarin om die omgewing waarin die karakter hom bevind, telkens deeglik en op amper poëtiese wyse te beskryf."
Die Bergengel deur Carina Stander: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-09-14"Met die lees van Carina Stander se Die Bergengel het ek uiteindelik besluit dat ek nou maar gerus kan voel oor die stand van fantasie in Afrikaans. Stander se pragroman is ’n waardevolle bydrae tot nie net die afgeskeepte fantasiegenre nie, maar ook die Afrikaanse letterkunde in sy geheel."
’n ope brief aan Dorian Gray deur Ruan Fourie: ’n resensie
2017-09-13"Fourie is ’n ambisieuse jong digter. ’n ope brief aan Dorian Gray is ongelukkig ’n voortydige debuut wat ’n vraagteken laat hang oor die rol en verantwoordelikheid van die keurder en uitgewer in die publikasieproses."
Moordhuis deur Madelein Rust: ’n resensie
2017-09-12"Moordhuis is ’n vars en baie komplekse storielyn wat wye draaie maak, ook in die Bloemfonteinse onderwêreld van dwelms, bordele, molestering en kinderpornografie."
Gesprek sonder einde deur Chris van der Merwe: ’n resensie
2017-09-07"Binne die reeds interessante gesprek tussen die teoloog en die letterkundige in hom betrek Van der Merwe die huidige aktuele 'gesprek tussen geloof en wetenskap' ook op ’n besonder deurdagte en stimulerende wyse in die ontwikkeling van sy gedagtes oor die meer omvattende en allesbepalende gesprek tussen God, mens en wêreld. Hierdie belangrikste van alle gesprekke is vir hom 'die gesprek sonder einde'."
Heiliger deur Dibi Breytenbach: ’n resensie
2017-09-07"Heiliger kan – as jy geduldig deur die dryfsand gestoei het! – goed vergelyk met Dibi Breytenbach se debuut, Saliger, en sy opvolg, Vrediger. Sy het reeds 'n groot aanhang verwerf en lewer 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse spanningslektuur."
Die Poort: Krygers deur Nelia Engelbrecht, ’n resensie
2017-09-05"Tieners lees dikwels eerder Engels as Afrikaans, waarskynlik omdat die genres wat hulle verkies (soos fantasie, wetenskapfiksie en futuristiese verhale), nie geredelik in Afrikaans beskikbaar is nie. Juis om hierdie rede is die Poort-reeks so ‘n lekkerlees- en uiters waardevolle toevoeging tot die fantasiegenre in Afrikaans."
On Your Bike deur Chris en Tim Whitfield: ’n resensie
2017-09-05"Dié boek, wat [die skrywers] in hul besige skedules kon aanpak, som die wêreld van bergfietsry in Suid-Afrika, dws die nuwe gholf, mooi op, en lê baie mooi naweekontvlugtings mooi uiteen."