Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Liefdegroete, Grootseun: Kronieke van ’n dominee deur Barend Vos: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-11-14

"Wat veral vir my waardevol is, is die feit dat Vos met hierdie briewe iets van die platteland, wat besig is om verby te gaan, dokumenteer ‒ die gemeenskap en ouer gemeentelede, en die sentrale rol wat die kerk in hulle lewens speel." 

Oor grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering – ’n resensie

Martie Retief-Meiring Resensies 2018-11-07

"Totdat hy nie net ’n goeie sportverslaggewer nie, maar ook ’n vertroude politieke joernalis, ’n leidinggewende redakteur en uiteindelik, heeltemal tot sy eie verbasing, die skakel tot die ontstaan van een van die wêreld se groot mediahuise (ja, dit is so!) sou word."

Prooi deur Deon Meyer: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-11-07

"Wat ’n vreugde was dit darem nie om weer ’n boek van Deon Meyer te lees nie!"

The enumerations by Máire Fisher: a book review

Karabo Kgoleng Books and writers 2018-11-05

"This is a triumphant, hopeful work of fiction, and Fisher deserves commendation for writing about such a difficult, stigmatised topic in a creative and gripping way."

The history of intimacy by Gabeba Baderoon: a review

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2018-10-31

"The history of intimacy by Gabeba Baderoon ... is the only poetry volume published by Kwela Books this year, but one which is a most welcome addition to the plethora of distinguished South African poetic voices."

The land is ours: die wortels van grondbesit en grondonteiening lê diep

Anne-Marie Mischke Resensies 2018-10-31

"Selde nog het iemand, in die woorde van Ngcukaitobi, soveel lig gewerp op die werklikheid van menslike lyding wat die gevolg van dié wet was. Msimang was die eerste een wat verstaan het dat die wet se reikwydte veel verder was as grondonteiening."

Ja vir God, nee vir die kerk? deur Kobus Kok: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-10-31

"Vir baie gelowiges is die eerste drie eeue van die Christendom ’n tydperk wat hulle verromantiseer. Die kerk is soms in hierdie tye vervolg, maar die Christelike godsdiens het soos ’n veldbrand versprei."

Bonita Avenue deur Peter Buwalda: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2018-10-31

"Dit was vir my telkens opwindend hoe vol besonderhede die teks is en hoe Bezuidenhout oor die taalkennis en letterkundige aanvoeling beskik om alles oortuigend en ongedwonge in Afrikaans te stel. Wonderlik ook die verrassings aan die eindes van sinne."

Tussen die abjekte en die eteriese. ’n Keur uit die poësie van Michel Houellebecq: ’n resensie

Elisabeth Snyman Resensies 2018-10-31

"Daar bestaan weinig of geen vertalings van ekstreem-kontemporêre Franse poësie in Afrikaans nie en in hierdie opsig kan hierdie bydrae van Henning Pieterse nie onderskat word nie."

Kinnes deur Chase Rhys: ’n resensie

Mercy Kannemeyer Resensies 2018-10-29

"Rhys kry dit reg om deur middel van die karakters se lewens die lewe en realiteite van talle ander op die Kaapse Vlakte te ontbloot. Hy doen dit egter met soveel empatie en deernis dat die leser toegelaat word om met elke karakter te simpatiseer."

Keshia Davids, superheld deur Alesha Dixon: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-10-25

"Alesha Dixon se roman en Lydia Du Plessis se vertaling daarvan is ’n unieke boek vir enige jong leser wat sy of haar tone in die leserswêreld wil doop."

Jong lesers: Kewerwraak deur MG Leonard

Karla Sandrock Jong lesers 2018-10-24

"Ek dink dat MG Leonard hierdie boek op ’n uitstekende manier geskryf het, en sy het aan my bewys dat kewers nie die walglike kreature of monsters is wat party mense dink hulle is nie."

Salutatio Terrae VII – ’n mening

Cas Vos Lesersindrukke 2018-10-24

"My mening oor Salutatio Terrae VII is dat dit ’n manjifieke werk is. Dit lei tot diep en vernuwende nadenke oor filosofie, godsdiens en wetenskap. En oor menswees in ’n tyd soos hierdie."

Plunderwoestyn deur Christiaan Bakkes: omgewingskwessies oopgevlek in aangrypende verhaal

Dawid de Wet Resensies 2018-10-24

"Die toekoms van die mensdom op hierdie aarde is in die weegskaal. Nou, soos nog nooit tevore nie, moet ons optree en die verwoesting stopsit."

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-10-23

"Die gemiddelde ouderdom van die deursneelidmaat is besig om drasties te styg, en baie gemeentes sukkel om kop bo water te hou en sluit selfs hulle deure."

The wives by Lauren Weisberger: book review

Karabo Kgoleng Books and writers 2018-10-22

"This book also gives one pause to reflect on whether it is worth it to try and keep up with a youth-obsessed society that makes unrealistic demands on how you spend your time and where, how your body should look (like Barbie) and how much you should have in your bank account."

Nagreisiger deur Leon van Nierop: ’n resensie

Elbie Adendorff Resensies 2018-10-19

"Die boek lees maklik en Van Nierop se mooi taalgebruik en beskrywings is ’n pluspunt. Maar dit is veral die tema waarmee lesers sal identifiseer: die nagreisiger wat dikwels saam met elke leser op reis is."

Losprys deur Martin Steyn: ’n lesersindruk

Alexander S Mickel Lesersindrukke 2018-10-19

"Martin Steyn se boeke word gekenmerk deur deeglike wetenskaplike en sielkundige navorsing en outentieke dialoë, en die uitstekende beskrywings van dinge, situasies en persone laat al dié goed voor die leser se oë verskyn. Steyn verskaf groot leesgenot."

Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-10-19

"Ten spyte van my kritiek, was die roman ’n lekker tydverdryf gewees. Dit het die potensiaal om genot aan vele ander lesers te verskaf."

Die tale wat ons praat, saamgestel deur Danny Fourie: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-10-18

"Die tale wat ons praat is ’n radioprogram wat ten minste deels staatmaak op die publiek se vrae aan taalkenners, en die boek wat daaruit voortgevloei het, is dan ook saamgestel uit ’n keur van hierdie navrae."

Top