Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Pienk is nie vir sissies nie deur Christien Neser: ’n resensie
2018-08-10"Met bestanddele soos bergfietse, ’n manlike balletdanser, ’n flambojante skoolsielkundige, gewapende roof en ’n hele paar aanhalings uit alombekende boeke is dit duidelik dat hierdie storie oor meer gaan as wat in die titel voorspel word."
Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk
2018-08-10"Die sielkunde agter misdadigers kan ons soos legkaartstukke aanmekaar probeer pluis vanuit die veiligheid van ons eie huise. Hoekom is misdadigers soos hulle is? En in die geval van ene Ralph Haynes is die vraag: Wat het van hom geword?"
Kringloop deur Bets Smith: ’n lesersindruk
2018-08-10"Bets Smith se roman was lekker om te lees. Dit neem onverwagse draaie en Smith hou die leser goed in die duister oor wie die ontvoerder is."
Ystervuis uit die see deur Arnè Söderland en Douw Steyn: ’n resensie
2018-08-10"Baie boeke is al geskryf oor die Suid-Afrikaanse magte in die Grensoorlog, maar weinig is bekend oor die rol van ons seemagte. In hierdie boek word verslag gedoen van 50 uiters geheime see-operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot."
Jongleserskompetisie: wenners aangekondig!
2018-08-08Hier is die wenners van hierdie resensiekompetisie vir skoolkinders.
Jong lesers: Middernagfees deur Jaco Jacobs
2018-08-08"Jaco se boeke lees altyd maklik en dit voel of ek in sy stories is en saam alles doen."
Jong lesers: The Twits deur Roald Dahl
2018-08-08"Baie snaakse dinge gebeur met meneer en mevrou Twit. Dit is ’n baie interessante boek. Toe ek die boek begin lees het, wou ek dit glad nie neersit nie."
Jong lesers: The adventures of Captain Underpants deur Dav Pilkey
2018-08-08"Dit is so ’n pragtige storie. Ek sal dit beslis aanbeveel."
Jong lesers: Dink hieraan as jy ’n boek resenseer
2018-08-08"Onthou, alhoewel ’n resensie ’n ernstige saak is, moet dit steeds lekker leesstof wees wat belangstelling in ’n boek sal prikkel. Dit behoort ’n potensiële leser te laat besluit of hy/sy die moeite wil doen om die boek te lees of nie. Geniet dit!"
Gesant van die mispels en In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2018-08-08"Van Niekerk gooi met haar nuwe werk ’n Nietzscheaanse tou oor die afgrond na lesende kritici, kritiese lesers, gewoond om 'teen die grein' en vryblywend te beoordeel, te evalueer en te kategoriseer. Nie langer kan kritici afstandelik, veilig en vanaf die verte sonder emosionele betrokkenheid skryf nie."
Brugbouers deur Rudi Buys: ’n lesersindruk
2018-08-03"Die boek is nie ’n geskiedenisboek oor die gebeure rondom die Reitz-video nie. Dit is eerder ’n boek wat probeer om die breë beginsels daar te stel van gemeenskappe wat verander. En verandering is iets wat nooit voltooi word nie. Dat daar konflik sal wees, is gegewe."
Jong lesers: Die tandeterroris deur David Walliams, vertaal deur Kobus Geldenhuys
2018-08-02"Ek hou baie van die verhaal, want dit gee vir mens gemengde/verskillende gevoelens. Dit laat mens emosioneel voel – partykeer hartseer, partykeer bly."
Jong lesers: Billionaire boy deur David Walliams
2018-08-02"Maar nes alle goeie boeke hou die boek jou op jou tone. Mense is geneig om te dink dat geld jou gelukkig kan maak, maar die boek verskil heeltemal van daardie algemene visie."
Jong lesers: Die leeutemmer se assistent deur Solet Scheeres en Marjorie van Heerden
2018-08-02"Kom beleef die sirkus soos nog jy dit nog nooit gesien het nie – jy sal voel of jy daar is!"
Jong lesers: Sarah Espinoza resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
2018-08-02"Die leser beveel hierdie boek aan, want dit het ’n interessante storielyn en dit is maklik om te lees, wat Engelssprekende tieners se woordeskat sal verbeter."
Jong lesers: Qailah Hannie resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
2018-08-02"Ek sal die boek vir jong lesers aanbeveel vir die uitstekende storielyn en interessante hoofkarakters."
Polemieke: bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël Bothma: ’n resensie
2018-08-02"Ek meen, wie sal sonder nuuskierigheid en sonder gevoel ’n boek oor polemiek en Afrikaans toeslaan wat 'Boetman is die bliksem in', Piekniek by Dingaan en Voëlvry, Daisy de Melker, Joost van der Westhuizen, Bram Fischer, Adam Small en 'beskaafde' apartheid in dieselfde asem noem?"
Jong lesers: Nicholas Hanlon resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
2018-08-02"Hierdie boek is vol geheime en plaas die leser op ’n emosionele wipplankrit."
Jong lesers: Kaitlyn Sookdhew resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
2018-08-02"Ek was hier is ’n roman wat ’n raaisel, ’n tragedie, ’n komedie, ’n drama, ’n aksie-storie en ’n romanse alles in een is."
Jong lesers: Nicole White resenseer Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute
2018-08-02"Dis skreeusnaaks. Ek het so gelag, selfs my ma wou die boek saam met my lees!"
