Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Blinde sambok en Meerkat Maantuig: Die aanpassing van boek na fliek
2018-06-22"Lank lewe skrywers en hul verbeelding, en lank lewe filmmakers wat ons sinne betower!"
Tot die dood ons skei deur Schalk Schoombie: ’n lesersindruk
2018-06-20"Daarteenoor lyk die bloedbad in Tot die dood ons skei na ’n onoorkombare berg, en miskien is dit nie meer genoeg om net met onsself nie, maar met die saak van die bevordering van vroueregte te identifiseer."
Ys deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2018-06-20"Wat van Ys ’n uitstekende speurverhaal maak, is egter Van Rensburg se vermoë om fyn verwikkelde verhaallyne, komplekse karakters en vlymskerp sosiale kommentaar te verweef in ’n roman wat bloot net lekker is om te lees."
Jong lesers: Swemlesse vir ’n meermin deur Marita van der Vyver
2018-06-18"Dit was ’n absoluut wonderlike boek en ek kon as gevolg van al die opwinding en spanning dit amper nie neersit nie. Daar was selfs vir my – en dalk ook vir Hanna – ’n klein verrassinkie in wat ek nie voorspel het nie."
Winging it by Joanne Jowell: a review
2018-06-14"Winging it illuminates the entire undertaking of what an egg donation, IVF, surrogacy, and solo parenting entails. None of it is for the faint-hearted."
Wierook en sigare deur Sebastiaan Biehl: ’n resensie
2018-06-14"Die skrywer is ’n sendeling en gee heelwat aandag aan die gelowe en hoe hulle uitgeleef word. Hy reis uitgebreid in die streke waar elke dorp of stad sy eie gewoontes en voorkoms het: van uiterste armoede tot ’n soort Westerse welvarendheid."
LitNet wag op jou lesersindruk!
2018-06-13Lees jy ’n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van ’n boek wat gedurende die laaste twee kalenderjare verskyn het, te skryf en te stuur.
Spieëlbeeld deur Franz Marx: ’n resensie
2018-06-13"Ek voorspel dat wanneer hierdie boeiende storie jou eers beetgepak het, sit jy die boek nie neer voor die laaste bladsy nie."
Tweede kanse deur Stefan Enslin: ’n resensie
2018-06-13"Tweede kanse met sy ongekompliseerde boodskap van geloof in ware liefde sou beter tot sy reg kom op die silwerdoek, want dit is duidelik hier waar Enslin se talent lê."
Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis: ’n resensie
2018-06-13"Die dao van Daan van der Walt voeg ’n ander dimensie by deurdat dit spesifiek fokus op ’n ouer Afrikaner-man vir wie dit as gevolg van institusionele handhawing van kollektiewe identiteit nooit voorheen nodig was om eie identiteit te bevraagteken nie. Die roman lewer op verskillende vlakke ’n bydrae tot die debat en verdien ’n plek op elke leser se boekrak."
Die pasiënt as vennoot deur Dawie van Velden: ’n resensie
2018-06-12"Wat hierdie werk nog meer indrukwekkend maak, is die eenvoud en toeganklikheid van die teks. Ek wil graag voorstel dat dit verpligte leesstof word vir jongmense juis omdat die skrywer pleit vir ’n lewenslange betrokkenheid en verantwoordelikheid vir ons eie gesondheid."
Rian – 16 dinge wat ek nié moes sê nie deur Rian van Heerden: ’n lesersindruk
2018-06-12"Die lief en leed van Rian van Heerden se openbare lewe het selfs my verwagtinge ’n bietjie oortref."
Kringloop deur Bets Smith: ’n resensie
2018-06-12"Reine is 'n student en semifinalis in 'n skoonheidskompetisie. Dit bring haar in aanraking met verskeie instansies, soos 'n kleremaker, grimeerkunstenaar en 'n gesondheidspa."
In glas deur Nicola Hanekom: ’n resensie
2018-06-08"In glas is daardie betreklik rare verskynsel, ’n aanbiedinggerigte en hoogs speelbare verhoogteks wat absoluut vrá om in opvoering beleef te word, maar een wat terselfdertyd ook ’n uitdagende, dog leesbare, drama is wat net so dringend vra om indringend ontleed en bespreek te word."
Op pad: Snyman se groot trek deur die ruimtes tussen mense
2018-06-07"Tog word dit gou duidelik dat hierdie geografiese reis vir Snyman ook ’n reis van selfkonfrontasie word. Nie net ’n reis dieper die binneland in nie, maar ook ’n reis dieper die land van sy binneste in."
Yes, really! A life deur Kate Turkington: ’n resensie
2018-06-05"Turkington is onthutsend eerlik, maar sy vertel haar storie soos enige goeie rillerskrywer sou."
Die vyfde Aspoester deur Jan Vermeulen: ’n lesersindruk
2018-06-05"In die geheel is Vermeulen se roman ’n baie goeie speurverhaal wat sy lesers elegant na die antwoorde toe lei, maar wat terselfdertyd ook die leser míslei. Die roman bevat ook ’n universele boodskap van hoe monsters in die samelewing gekweek word en ongesiens kan rondloop."
Ingrid Jonker: ’n biografie, a review essay
2018-06-05"Reading a biography such as Petrovna Metelerkamp’s Ingrid Jonker: ’n biografie provides a fine example of what I am talking about. This is a nice fat book, chock-full of stories and reported data about the enigma that is Ingrid Jonker. Apart from anything else, it is clear that Metelerkamp’s 437-page tome is the product of many years of unstinting work ..."
Stroomop – Herinneringe van ’n koerantman in die apartheid-era deur Harald Pakendorf: ’n lesersindruk
2018-06-05"Stroomop dokumenteer ’n interessante stuk verlede van die Afrikaanse media, en het beslis my perspektief verruim."
Waar rats die ribbok gaan ... saamgestel deur Sarel Venter: ’n resensie
2018-05-31"Elsabe Steenberg moes haar kreatiewe lewe nie net met die liefdesdiens aan haar gesin en gemeenskap balanseer nie, maar ook met die 'gog', soos sy haar siekte genoem het. Humor en treffende beelde in die gang van gewone lewensfases te midde van lyding dra tot die leesgenot by."
