Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Die vyfde Aspoester deur Jan Vermeulen: ’n resensie
2018-05-31"Dit is wél ’n baie goeie begin vir ’n skrywer wat vir die eerste maal in die bokskryt klim en sy hand aan bloed en derms waag."
Die toespraak vir die spreker en die toespraakskrywer deur Daan Prinsloo: ’n resensie
2018-05-30"As ’n algemene gids en ’n handleiding oor die skryf en lewering van toesprake, slaag Die toespraak vir die spreker en die toespraakskrywer in sy doel en kan as nuttige hulpmiddel gebruik word wat beide teoretiese aspekte en praktiese wenke in een bruikbare gids saamvoeg."
Blom in die hare deur Kristel Loots: ’n resensie
2018-05-28"Sy skryf graag oor vroue wat sy raakloop, en vertel die stories wat sy om haar hoor. By almal sien sy ’n universele begeerte: iemand om lief te hê en iemand wat vir jou lief sal wees."
’n Luiperd in my bed deur Annelize Slabbert: ’n resensie
2018-05-24"Lanklaas het ek ’n boek gelees wat my tegelykertyd só laat lag het, laat terugdink het aan my eie ervarings in die bos én met soveel stof tot nadenke oor ons alledaagse bestaan gelaat het."
Ek & jy: verhoudings wat werk deur Louis Awerbuck en Lise Swart: ’n lesersindruk
2018-05-23"Dis nie ’n boek van komplekse filosofie nie. Die filosowe word baie vlugtig besoek, en dan begin die nare waarhede uit die blaaie uitklim. Mense trou met vreemdelinge."
Vandag wil ek my blou skoene dra deur Koos Kombuis: ’n resensie
2018-05-23"Na twee dekades (en seker baie wyn tydens die bepeinsing oor wat professor doktor Opperman as verruklike poësie sou beskou het) het ’n nuwe digbundel uit Koos se pen verskyn."
Jong lesers: Vandag is ek ’n windlawaai deur Philip de Vos
2018-05-17"As jy nou al volwasse is, sal die manier waarop Philip de Vos die woorde weef, jou laat terugverlang na jou kinderjare. Ek is nege jaar oud, in graad 4 (standerd 2), en soek altyd nuwe boeke om te lees – ’n mens kan nooit genoeg hê nie."
Sterre en planete: ’n lesersindruk
2018-05-16"Dit is ’n uitdaging om die sterrekunde toeganklik te maak vir die leek, en die boek vul ’n belangrike gaping in daardie opsig."
Jong lesers: Grilgrypers – die vloek van Vreesbaai deur De Wet Hugo
2018-05-16"En asof dít nie reeds genoeg is om 'n huiwerige leser aan die gang te kry nie, beloof hierdie onheilspellende boek as ’n welkome bonus ook nog 'n stewige dosis hoendervleis, koue rillings en kriewels!"
Ter wille van die vaders deur Marzanne Leroux-Van der Boon: ’n resensie
2018-05-14"Is dit verkéérd om ’n boek te skryf wat eerstens daarop gerig is om inligting te gee, met intrige en karakterontwikkeling in die tweede plek?"
Confessions oor kerkwees deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk
2018-05-10"Vir vyf, party weke ses, dae per week, werk ek vir agt ure skouer aan skouer saam met Suid-Afrikaners van elke ras, net om die sewende dag vir ’n uur elkeen in ons eie kerkie te gaan sit. Ons kan saam werk, maar ons kan nie saam ’n godsdiens beoefen nie."
Jong lesers: Onderwêreld deur Fanie Viljoen
2018-05-10"Ek beveel hierdie boek aan vir almal, jonk en oud, om te probeer agterkom wat met Eckardt Wilken gebeur het en watter geheime rondkinkel in albei karakters se lewens."
Leer lees en skryf vir graad 1, 2 en 3 deur Mart Meij: ’n resensie
2018-05-09"Die leeslesse en handskrif- en taaloefeninge in dié werkboeke sal leerdertjies se woordeskat verbeter, hulle help om met selfvertroue en begrip te lees, hulle help om die uitspraak van klanke korrek aan te leer, en hul handskrifvaardighede help ontwikkel."
If this be treason deur Helen Joseph: ’n resensie
2018-05-08"If this be treason, geskryf deur beskuldigde twee in die verhoor, Helen Joseph, slaag meesterlik daarin om ons daaraan te herinner dat daar vlees-en-bloed-mense agter die statistieke van hierdie marathonhofsaak was."
Navigate by Karin Schimke: a review
2018-05-07"[T]hroughout the volume, a wide range of subjects and diverse techniques are skilfully interwoven with a broad spectrum of emotions and finely tuned diction."
Pharos Afrikaansgids deur Nicol Faasen: ’n resensie
2018-05-02"Leerders, onderwysers, studente, belangstellendes en lees- en leergierige boekwurms, maak plek vir hierdie knap gids met sy mooi blou baadjie."
Somer deur Jaco Fouché: ’n resensie
2018-05-02"Fouché bespreek talle temas in die roman: emigrasie, godsdiens, seksualiteit, vriendskap, geestesgesondheid, armoede, misdaad, afwesige ouers, rassisme en stereotipering kom aan bod."
Tot die dood ons skei deur Schalk Schoombie: ’n resensie
2018-05-02"Enigeen van ons kan ’n moord pleeg. Ek. Jy. Enigeen."
Rympies vir kleintjies en kleuters, saamgestel deur Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit
2018-05-02"Elke grondslagfase-opvoeder en dramajuffrou soos ek is voorwaar baie dankbaar vir so ’n allesomvattende rympiesboek."
Bet-El deur Helena Hugo: ’n resensie
2018-04-25"Sy skryf die afgelope vyf jaar Christelike fiksie en in Bet-El is dit asof sy regtig die balans tussen storievertel en Christenskap vind. Die boek is aandoenlik en goeie leesstof, ongeag jou geloofsoortuiging."
