Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Closet: The remarkable wardrobe of Nataniël: ’n resensie

Frederick Botha Resensies 2018-01-24

"In plaas van ’n kas vol donker geheime en pynlike herinneringe is Nataniël se kas gevul met dramatiese en unieke uitrustings wat kenmerkend van hierdie ikoniese Suid-Afrikaanse persoonlikheid is."

Vroue van Atlantis saamgestel deur Anastasia de Vries en Eldridge Jason: ’n resensie

Anzil Kulsen Resensies 2018-01-24

"Met die lees van elk van hierdie vroue se verhale is daar ’n gevoel van bemagtiging, ’n soort aanmoediging dat die leser self beter behoort te doen, meer betrokke behoort te raak en ’n verskil behoort te maak."

Drie vroue en 'n meisie deur Hans du Plessis: ’n resensie

Elbie Adendorff Resensies 2018-01-24

"Drie vroue en ’n meisie is Hans du Plessis se nuutste roman en is onlangs deur LAPA uitgegee. Die keurige voorblad gee reeds ’n aanduiding van die belangrikste temas in hierdie roman, naamlik dat dit ’n verhaal is oor vroue, diamantdelwery, ’n ongenadige landskap en vooroordeel: 'Vooroordeel is die een sonde wat niemand onaangeraak laat nie.'"

Ramaphosa: The man who would be king deur Ray Hartley: ’n resensie

Frans Rautenbach Boeke en skrywers 2018-01-24

"Waar Ramaphosa: The man who would be king my onkant betrap het, is dat dit my gelaat het met ’n ietwat ongewone gevoel in hierdie dae: een van hoop."

Die beste lesersindruk van 2017 aangekondig

LitNet Lesersindrukke 2018-01-17

Alle lesersindrukke wat tot en met 15 Desember op LitNet verskyn het, het in aanmerking gekom vir ’n
R1 000-kontantprys. Bibi Slippers het die inskrywings beoordeel en hier is die wenner!

Voor ons vergeet: sodat ons kinders ook kan weet: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-01-16

"Voor ons vergeet vertel die verhale van mense wie se stemme dikwels in die verlede nie geduld was nie. Die boek bied ’n mens ’n venster in die komplekse verhouding van die NG Kerk-familie – ’n familie wat vandag nog steeds net so broos is as tydens die jare van apartheid."

As by fire – the end of the South African university by Jonathan Jansen: book review

Vicki Trowler Universiteitseminaar | University Seminar 2018-01-09

"Many news reports, blogs and scholarly articles have been written about 'the hashtag movements', but As by fire is the first comprehensive, systematic attempt at analysing the reflections on the movements from the perspectives of the leaders of those universities most closely involved."

Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-01-05

"Die laaste woord oor die dood is dit sekerlik nie, maar hierdie boek is ’n unieke en vars bydrae oor ’n onderwerp wat nog nooit, sover ek weet, op dié manier in Afrikaans aangepak is nie."

Penseel-studentebundel: ’n resensie

Heilna du Plooy Resensies 2018-01-03

"Daarom is dit verblydend dat studente op eie stoom en uit eie geledere hulle skryfpogings bymekaarbring en uitgee. Dit gebeur by verskillende universiteite en is iets wat aangemoedig en aangeprys behoort te word, want hierdie onselfbewuste en selfs naïewe skryfoefeninge verskaf nie net ’n breë basis waarop latere skryfwerk as ’n piek kan voortbou nie, maar is as ’n oefenskool baie nodig."

Weerlose weerstand – Die gaydebat in die NG Kerk deur André Bartlett: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-01-03

"Bartlett se boek volg die spoor van die sinodesittings en studiekommissies wat oor die jare in die NG Kerk gehou is rondom die kwessie van homoseksualiteit, en al die drama en intrige wat daarrondom ontvou het."

Maria se armoire deur Johan en Ode Krige: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-01-03

"Maria se armoire is ’n boek wat uitbeeld hoe die samelewing met die jare verander het. Families en gesinne wat kleiner word, doopname wat hul waarde verloor, erfgoed wat agtergelaat word weens die kleiner leefareas van vandag se lewe."

Lore of nutrition – Challenging conventional dietary beliefs deur Tim Noakes en Marika Sboros: ’n resensie

Dawie van Velden Resensies 2018-01-02

"Ons kan ons hoed afhaal vir Tim Noakes wat gestaan het by sy beginsels, en met groot wetenskaplike integriteit sy standpunt verdedig teen sy eie kollegas en akademiese instellings wat hom ongenaakbaar gekritiseer het."

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n resensie

Chris van der Merwe Resensies 2017-12-21

"Dit gaan hier om ’n uitgestrekte hand wat ’n stut soek sowel as ’n uitgestrekte hand wat die nodige ondersteuning verleen. Die mens mag ’n nietige stofdeeltjie wees, maar deur so ’n liefde en empatie word ’n goddelike heerlikheid verkry."

Liewer deur Tertius Kapp: ’n boekresensie

Dewald Koen Resensies 2017-12-20

"Met Liewer bewys Kapp weer eens waarom hy die Hertzogprys waardig is."  

Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-12-15

"Dit vertel nie net die storie van die Brynard-familie nie, maar dien ook as platform vir bewusmaking van mense met Downsindroom en hulle uitdagings, is ’n godsdienstige getuienis, en dien ook as ’n verdere platform vir Brynard se werk as motiveringspreker."

Oor berge en dale deur Jackie Grobler: ’n resensie

Dawid de Wet Resensies 2017-12-14

"Hierdie boek hoort in die voertuig wanneer die gesin dié Kersfees die lang pad vat Stilbaai toe. Stop gerus by een van ons land se geskiedkundige plekke en waardeer die lang reis wat ons saam afgelê het."

Die boosaardige broers Botha deur Adeline Radloff: ’n boekresensie

Anke Theron Resensies 2017-12-14

"Hierdie teks is besonders en is ’n waardevolle bydrae tot die Afrikaanse kinderliteratuurkorps."

Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie deur Heilna du Plooy

Heilna du Plooy Resensies 2017-12-12

"Vir my ontwikkel hierdie eenvoudige vloeiende verse met goeie ritmiese gang, ’n merkwaardige diepgang op verskillende maniere."

1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk

Monica Hammes Lesersindrukke 2017-12-12

"Ek hou van boeke wat my prikkel om ander boeke te lees, om na musiek te luister, om kunswerke te bekyk en plekke te besoek wat in die teks genoem word en wat my nuuskierig maak. 1795 is so ’n boek."

Paulus deur Adrio König: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-12-12

"Met hierdie boek oor Paulus het König ’n belangrike publikasie in Afrikaans die lig laat sien oor ’n onderwerp waarvan baie mense hopeloos te min weet, en hoewel ek nie met baie van sy idees saamstem nie, het ek dit weer eens verrykend gevind om te lees wat hy alles oor Paulus se twis met die vroeë kerk te sê het."

Top