Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Die Mannheim-sage 2: Die goudkewers deur Lerina Erasmus: ’n resensie

Roela Hattingh Resensies 2017-11-22

"Lerina Erasmus verwerk die piritiese erts van Johannesburg, die rommelerts van ons land se hartseer geskiedenis, sodat die sianiedproses in die smeltkroes ’n witwarm storie uitgiet met karakters waarmee lesers kan identifiseer."

Geloof alleen deur André Pretorius: ’n resensie

Gerrit van Wyk Kruger Resensies 2017-11-21

"André Pretorius het ’n gawe publikasie die lig laat sien: ’n reisboek, deeglik in volkleur geïllustreer, in die belangrike Hervormingsjaar van die Protestante."

The twinkling of an eye deur Sue Brown: ’n resensie

Juliana Coetzer Resensies 2017-11-21

"Dit is nie ’n weergawe van mense wat jammer gekry wil word nie, maar ’n storie vertel van Craig, hulle seun en broer, ’n twaalfjarige kind wat die lewe tot die einde gelééf het."

Kristalvlakte deur Amy Jephta: ’n FMR-resensie

Jaco Barnard-Naudé Resensies 2017-11-21

"Dit gaan hier om ’n oorlog wat op ons voorstoep plaasvind en wat genormaliseer word. Kristalvlakte as ’n epiese teaterstuk is ’n oproep tot optrede, dit is nie teater as blote bewusmaking nie."

Die onaantasbares deur Steve Hofmeyr: ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2017-11-21

"Ek stem met Deon Meyer saam: Hofmeyr weet hoe om spanning te skep. Dis een van sy gawes."

1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk

Micky Badenhorst Lesersindrukke 2017-11-20

"Die taalgebruik is deurgaans verruklik. Elke woord is perfek op sy plek. Daar is geen irriterende maniertjies, mooiskrywery, herhaling of clichés nie."

Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé: ’n resensie

Martie de Lange Resensies 2017-11-17

"Lees gerus Shéri – Nes ek is – dit sal jou nuut en anders na mense met gestremdhede en jou eie lewe laat kyk."

Terreur in Kaboel deur Hannelie Groenewald: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2017-11-15

"Terreur in Kaboel vertel die hartverskeurende verhaal van ’n vrou wat haar man, seun en dogter in ’n wrede terreur-aanval in Afganistan verloor."

Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer: ’n resensie

Jacques Myburgh Resensies 2017-11-15

"Hy het ’n meesterlike en kompakte speurverhaal saamgestel met geen pretensie nie, en dan is dit nog almal se gunsteling-speurder, Bennie Griessel, wat die vreemde moord van die verbleikte lyk moet oplos."

Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-11-15

"Vreedsame revolusie is nie ’n omvattende studie van die tydperk onder bespreking nie, en neem meer die vorm aan van die verhaal van een persoon se herinneringe, hoewel die skrywer ook deur middel van voetnote ’n wetenskaplike geurtjie aan die publikasie verskaf."

Wilde klawer deur Vita du Preez: ’n resensie

Yolanda du Toit Resensies 2017-11-14

"Wilde klawer slaag daarin om jou deurlopend te boei en inderwaarheid as gevangene te hou totdat antwoorde ontknoop en McKenna die geheime van lank gelede ontsyfer."

Queen of the Free State deur Jennifer Friedman: ’n lesersindruk

Micky Badenhorst Lesersindrukke 2017-11-14

"Die omslag en titel van Jennifer Friedman se 'memoires' het dadelik my aandag getrek; die boek stel nie teleur nie en die outobiografiese vertellings is nie selfvertroetelend nie."

Die goddelike komedie. Liefde laat die son en sterre sing: ’n resensie

Gerda de Villiers Resensies 2017-11-10

"Die goddelike komedie slaag uitmuntend daarin om La Divina Commedia uit die Middeleeue te gaan uithaal, en dit lewendig en in Afrikaans in die 21ste eeu te laat sing."

Tussen vriende deur Derick van der Walt: ’n resensie

Elbie Adendorff Resensies 2017-11-09

"Tussen vriende hanteer, behalwe die tema van vriendskap en verhoudinge, ook temas soos ontrouheid, kanker, kinders wat oorsee bly, ouderdom en siekte, kinders wat na hulle ouers moet omsien, die besluit om te emigreer of nie."

Hoë hakke met hoogwater deur Jacolet van den Berg: ’n boekbespreking

Jo-Riëtte Jacobs Resensies 2017-11-07

"Hoë hakke met hoogwater is in die geheel ’n aangename leeservaring met optimale karakterontginning en die uiteenlopende perspektiewe op menswees en temas as sterkpunte."

Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge deur Niël Barnard

Hans Pienaar Resensies 2017-11-06

"Miskien is dit omdat ek ’n politieke dier is, maar ek kon dit nie neersit nie. ’n Ware 'page-turner'."

geskoei deur Johan Rabie Murray: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2017-11-01

"Hy is nou duidelik, soos hy dit noem, ’n ou toppie, uncle. Maar hier is nie juis selfbejammering nie. Nee, daar’s kort besinnings en ook kort-kort humor en ’n geesdriftige lewensblyheid."

Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk: ’n resensie

Cas Wepener Resensies 2017-10-31

"Van Niekerk help ons om ’n spieël voor die leser te hou, nie alleen die spieël rakende jou eie sterflikheid nie, maar ook die spieël gegewe jou reaksies en optrede met betrekking tot ander se lyding, sterwe en dood."

My storie van hoop deur Hykie Berg: ’n resensie

Marthie Hauptfleisch Resensies 2017-10-31

"Dit het my laat dink aan die probleme van ons land in Suid-Afrika: hoë werkloosheidsyfers, mense wat hoop soek in bottels en hole met tik en dagga, mense sonder rigting. En ek wens ek kan in elkeen se hand ’n Hykie-hoopboek stop sodat hulle kan lees van die ander kant en dat dit 12 baie presiese nuanses van stappe kos om die lig te sien."

Gister is verby deur Juanita Aggenbach: ’n resensie

Elbie Adendorff Resensies 2017-10-31

"Die uitbeelding van kanker en kankerbehandeling wys daarop dat dit jou hele lewe oorneem en dat daar ’n fisieke en ’n psigiese dimensie daaraan verbonde is. Dit is veral ’n verhaal van oorwinning oor borskanker."

Top