Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans: ’n lesersindruk

Johan Schoeman Lesersindrukke 2017-10-10

"Hierdie teks is ’n persoonlike ervaring van waarde in ’n realiteit wat alte dikwels ’n gebrek aan betekenis, samehang en allerhande vorme van moderne korrektheid voorhuigel. Dit beskryf ’n tyd voordat alles ’n kommoditeit geword het; ’n handelswaarde gekry het."

Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: ’n lesersindruk deur Alta Cloete

Alta Cloete Lesersindrukke 2017-10-04

"Die grootste waarde van hierdie roman lê in die oopskryf van die lyding en psigiese ineenstorting van ’n enkeling en die langdurige uitwerking daarvan op haar nasate. Dis ’n tragiese verhaal, ja, maar dis eintlik verfrissend dat ’n stoere Boervrou in haar menslike swakheid uitgebeeld word."

Die diepblou see deur François Loots: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2017-10-03

"Soos in sy vorige romans is magiese realisme weer aanwesig. Bewonderaars daarvan sal bly wees dat die onreële baie sterker as vantevore is."

Vermis deur Jeanette Stals: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2017-10-03

"Liefhebbers van die spanningsgenre én Huisgenoot-lesers kan naderstaan. Jeanette Stals se nuwe roman, Vermis, bevat die vereiste spanning en drama. Daarby wag ’n paar sappige geheime om blootgelê te word."

Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard: ’n resensie

Louis Esterhuizen Resensies 2017-10-03

"Hierdie roman is inderdaad ’n sierlike sprong van tegniese vernuf wat nog lank in my gemoed bly naklink – soos die musiek van opgestopte voëls in glaskaste wat op kassette vasgelê is."

Wen met jou lesersindruk vir LitNet!

LitNet Lesersindrukke 2017-09-29

Lees jy ’n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van ’n boek wat gedurende die laaste twee kalenderjare verskyn het, te skryf en te stuur.

Alles begin met Anna deur Annemari Coetser

Liné Loff Lesersindrukke 2017-09-28

"Alles begin met Anna is ’n familiesage met storielyne wat soos treinspore Suid-Afrika se oorlogsgeskiedenis deurkruis en uiteindelik by dieselfde eindbestemming aankom."

Swanesang deur Karel Schoeman: ’n FMR-resensie

JC de Villiers Resensies 2017-09-28

"In hierdie werk slaag die skrywer in ’n besondere mate daarin om die veelvuldige faktore wat die nedersetting aan die Kaap – op daardie stadium ’n uithoek van die wêreld – beïnvloed het, aan te dui." 

The Life of Worm & Other Misconceptions: a review

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2017-09-26

"Barris will make you laugh, weep and think. Read The life of Worm & other misconceptions for the pure delight of experiencing the short story at its versatile best: take a flying room, add a saurian, and see where they might take you."

On record deur Schalk van der Merwe: ’n resensie

Etienne Viviers Resensies 2017-09-26

"Schalk van der Merwe het ’n fassinerende boek oor populêre Afrikaanse musiek gepubliseer."

Die reis gaan inwaarts deur Cas Wepener: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Chris van der Merwe Resensies 2017-09-22

"Die reis gaan inwaarts en Slot van die dag hou met mekaar verband deurdat albei fokus op die temas van dood en doodsbegeleiding by Schoeman. Belangriker nog: albei tekste bevestig watter fenomeen Schoeman in die Afrikaanse letterkunde was en steeds sal bly: ’n meester van die woord, ’n diepsinnige denker, ’n komplekse en fassinerende mens."

Vet feetjies vlieg nie deur Kristel Loots: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2017-09-20

"Chicklit soos Vet feetjies vlieg nie is maar een van die subgenres wat deesdae gretig gelees word en in haar werk in hierdie kategorie sluit Loots weer eens aan by die neiging tot meer realistiese heldinne in romantiese fiksie."

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie

Adean van Dyk Resensies 2017-09-20

"Die stories het sye en kante wat om en om gedraai moet word en van alle kante af bekyk moet word om Venter se fyn nuanses met taal (soms verruklik mooi!) en tema- en karakterontwikkeling te waardeer."

Op ’n dag, ’n hond deur John Miles: ’n resensie

Andries Visagie Resensies 2017-09-19

"Op ’n dag, ’n hond is ’n boeiende verslag van ’n karakter wat sonder die rigtingwysers van die religie, spesifiek die Christelike godsdiens, met ongelyke sukses probeer om aan ’n morele bestaan beslag te gee in ’n vyandige wêreld waarin wreedheid en geweld te dikwels orde en stabiliteit versteur."

Wolf trap by Consuelo Roland: book review

Fiona Zerbst Books and writers 2017-09-19

"Somewhat darker and less fanciful than Lady limbo (although the same delightfully eccentric characters people its pages), Wolf trap takes Paola from a twisted Wonderland to a far more sobering reality (there are sly allusions to Through the looking-glass, and what Alice found there)." 

Hallo, Hekel deur Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding: ’n resensie

Nadia de Kock Resensies 2017-09-19

"Hekelaars sluit juriste, medici, D-studente, bedryfsielkundiges, bikers, wynplaasbestuurders en byderwetse oumas in. Mans hekel lustig saam en ’n hekelende apteker het onlangs laat weet dat ’n polisiemanvriend op aanbeveling van sy sielkundige begin hekel het om sy stresvlakke onder beheer te kry."

Elevation: the rising tide deur Helen Brain: ’n resensie

Henriëtte Loubser Resensies 2017-09-19

"Lesers van jongvolwassene-literatuur en fantasieverhale behoort hierdie reeks as uitdagende, maar opwindende leesstof te ervaar."

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2017-09-15

"Venter se fyn waarnemingsvermoë is ’n aanslag op die sintuie. Soos ’n goeie reisskrywer slaag hy daarin om die omgewing waarin die karakter hom bevind, telkens deeglik en op amper poëtiese wyse te beskryf."

Die Bergengel deur Carina Stander: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Elzette Steenkamp Resensies 2017-09-14

"Met die lees van Carina Stander se Die Bergengel het ek uiteindelik besluit dat ek nou maar gerus kan voel oor die stand van fantasie in Afrikaans. Stander se pragroman is ’n waardevolle bydrae tot nie net die afgeskeepte fantasiegenre nie, maar ook die Afrikaanse letterkunde in sy geheel."

’n ope brief aan Dorian Gray deur Ruan Fourie: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2017-09-13

"Fourie is ’n ambisieuse jong digter. ’n ope brief aan Dorian Gray is ongelukkig ’n voortydige debuut wat ’n vraagteken laat hang oor die rol en verantwoordelikheid van die keurder en uitgewer in die publikasieproses."

Top