Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Louise Viljoen Resensies 2017-08-07

"Van Heerden bou in hierdie roman met ’n uitnemende verbeeldingskrag, kennis en vernuf ’n wêreld wat vir jou nuwe perspektiewe op ou vraagstukke open. Die wêreld van Charlie Oeng is ’n waardige toevoeging tot ’n gedugte oeuvre."

A History of the Iziko South African National Gallery – Reflections on Art and National Identity deur Anna Tietze: resensie

Melvyn Minnaar Resensies 2017-08-03

"Anna Tietze se A History of the Iziko South African National Gallery is ’n belangrike publikasie as die eerste deeglike boekstawing van een van die land se vernaamste kulturele instansies."

Pad na Eensaamheid deur Kas van den Bergh: 'n boekbespreking

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2017-08-03

"Pad na Eensaamheid het wel in 1964 vir die eerste keer verskyn, maar die universele temas daarin vervat sal ook deur die hedendaagse leser van waarde gevind word." 

Keur 2 deur Christine le Roux: 'n resensie

Barbara Potgieter Resensies 2017-08-03

"Die lesers van liefdesverhale wat hierdie stories langs die pad misgeloop het, sal dit geniet – miskien hulle dogters en kleindogters ook."

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n resensie

Helize van Vuuren Resensies 2017-08-02

"Selde is ek so beetgepak deur ’n Afrikaanse roman, so gefassineer en beïndruk, so besig gehou, selfs na ’n tweede lees. Met SJ Naudé se Die derde spoel is daar ’n formidabele nuwe stem in Afrikaans, stewig gevestig."

Boekresensie: Hierdie huis deur Kleinboer

Koos Kombuis Resensies 2017-07-28

"Hierdie boek is, in kort, ’n woordskildery van die nuwe Suid-Afrika soos dit vandag daar uitsien. Dit is ’n spieëlbeeld van ons as samelewing. Dit gee ons ’n prentjie waarin ons die tye waarin ons leef, kan herken. En dis allermins ’n mooi prentjie."

Kamikaze deur Rudie van Rensburg: Nederlandse recensie

Herman Meulemans NeerlandiNet 2017-07-27

"Hij laat ze uiteenvallen in twee, soms drie, een enkele keer nog meer deeltjes en laat dan telkens een ander personage aan het woord, zoals in een caleidoscoop die de lezer verrast met een wirwar van veelkleurige elementen."

Megaboere: ’n resensie

Jolanda Andrag Resensies 2017-07-27

"In Megaboere neem Wynand Dreyer, die vervaardiger van die TV-reeks, die leser tot op die voorstoep van 19 merkwaardige boere. Dis visionêre individue wat ’n ongelooflike ondernemingsgees openbaar en nie konformeer tot middelmatigheid of hulle omstandighede nie."

Keur 1 deur Helene de Kock: ’n resensie

Yolanda du Toit Resensies 2017-07-26

"Dié bundel van vier stories getiteld Die soete dwaling, Seisoen van die skimmelson, Anderkant die vloedwaters en ’n Vrou van Ver-en-Naby laat jou sonder verskonings van nie tyd hê om te lees nie."

Isabella deur Mariël le Roux: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2017-07-21

"Iets wat besonder voortreflik gedoen word, is die slotsinne van die tonele. Dit dra ’n sekere finaliteit oor. Die sinne is sober en oorwoë."

Rooi haring deur Schalk Schoombie: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-07-21

"Daar bestaan by my geen twyfel dat die oorgrote meerderheid lesers hierdie teks terdeë sal geniet nie. En wanneer die misterie rondom die moordenaar uiteindelik ontrafel word, kan jy maar net sê: 'Slaan my met ’n pap snoek!'"

Making Africa Work: a book review

Willie Breytenbach Books and writers 2017-07-19

"Manufacturing in Africa has suffered: firstly, during colonial times, when raw materials were exported, as beneficiation took place abroad; and secondly, today, as China does the same."

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n resensie

Hennie van Coller Resensies 2017-07-18

"Van Heerden bereik met hierdie roman weer die peil van sy beste werk."

Met liefde wat saamgaan en ander stories deur Annalise Wiid: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2017-07-18

"Die trefkrag van die boek lê vir my daarin dat jy nie noodwendig ’n gelowige hoef te wees om waarde uit die stories en insigte te put nie; dat die fyner kyk in ander se vreugdes en seer jou deel maak van ’n groter groep."

Die mense langsaan deur Elsa Hamersma: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2017-07-12

"Die boek is relevant en wys dat Afrikaanse skrywers ’n boek in die konteks van die Suid-Afrikaanse samelewing kan plaas sonder om enigsins die leesgenot in te boet of prekerig voor te kom."

An entirely different world: Russian visitors to the Cape, 1797–1870, edited by Boris Gorelik – a book review

Paul Murray Books and writers 2017-07-12

"As with several other cases of travellers rounding the Cape, Russian travellers saw it as a convenient stopover, although it became more than that – a place worthy of a visit."

Misverstand deur Marita van der Vyver: ’n resensie deur Dewald Koen

Dewald Koen Resensies 2017-07-12

"Met hierdie roman het Van der Vyver weer eens, soos met Griet skryf ’n sprokie, ’n skitterende prosateks geskryf wat nie alleenlik toeganklik en genotvol is vir die breër leserspubliek nie, maar terselfdertyd allerlei pittighede en literêre verwysings bevat wat die meer kritiese leser se belangstelling sal prikkel." 

Hierdie huis deur Kleinboer: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Johann Rossouw Resensies 2017-07-12

"Waar Karel Schoeman die wel en wee van Suid-Afrika en veral die Afrikaners in die 19de en 20ste eeu soos geen ander Afrikaanse romansier geboekstaaf het nie, so boekstaaf Kleinboer die dood van apartheid en die lewe ná die dood van apartheid soos geen ander Afrikaanse romansier nie."

Kleure van die liefde, saamgestel deur Corlia Fourie: ’n resensie

Yolanda du Toit Resensies 2017-07-05

"Kleure van die liefde is allesbehalwe jou tipiese, stroperige liefdesverhale en verdien ’n plekkie op jou boekrak – vir daardie geleenthede waar die dag te lank was, die lewe dalk te veel, en jy net ’n paar minute het om te ontsnap." 

Die diepblou see deur François Loots: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-06-30

"Die diep blou see is ’n fyn gestileerde roman wat die leser op ’n reis neem na ’n belangrike tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis."

Top