Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Ink deur Ingrid Mennen, ’n resensie
2017-05-11"Hierdie boek bied ongetwyfeld iets nuuts vir die klassifisering van prenteboeke. Buiten die postmodernistiese aard kan dit gebruik word om ’n leeskultuur by jong kinders te bevorder."
Web deur Naomi Meyer: ’n FMR-resensie
2017-05-09"Een van die hoofredes waarom Web ’n sterk en oorspronklike bydrae is, is dat dit geskryf is vanuit die oogpunt van karakters wat meestal in die Afrikaanse spanningsroman ’n sekondêre verteenwoordiging kry: die vrou, die moeder, kinders."
Die Poort: Helers deur Nelia Engelbrecht: ’n resensie
2017-05-09"Nelia kwyt haar goed van haar taak om die leser vas te vang, byna soos in ’n surrealistiese borrel vol avontuur en bonatuurlike gebeure."
Gulp: Kaapse paragrawe deur Johann de Lange: ’n resensie
2017-05-03"Tussen die menigtes in die Goue Akker en met sielige musiek wat speel, beland sy agter twee netjiese jongmans met aktetasse. Bo die geraas hoor sy een vir die ander een vra: 'So, how’s your sex life?'"
Kaalvoet tot in die Drakensberge
2017-05-02Koos Kombuis vertel hoe Elders deur Erns Grundling en Dansend met die lewe: In die jeug van veroudering deur Kobus Anthonissen hom gehelp het om ’n naweek in die Drakensberge betekenisvol te maak.
Koors deur Deon Meyer, 'n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-04-27"Die mantel van spekulatiewe fiksie bied Meyer wel die vryheid om te speel met groot idees soos dat die drastiese verlaging van die menslike bevolking sal help om die aarde se biosfeer te herstel. Maar Koors ondersoek ook die komplekse verhouding tussen die mens en die natuur, die fyn balans tussen beskawing en animalistiese aard en die mens se reg op die aarde se hulpbronne."
A daughter of Africa: Writing through the apartheid years, a review
2017-04-27"The Afrikaans language, Joubert’s instrument of literary creation, is under siege and in the process of being dispensed with as a university language of instruction, signalling the eventual loss of its higher functions. It may be that this translation will one day be the only way to access the autobiography of a courageous writer who, in 2002, was considered one of the best writers on the African continent."
Suid-Afrika se Grensoorlog 1966–1989 deur Willem Steenkamp: ’n resensie
2017-04-25"Willem Steenkamp se werk oor die grensoorlog is ’n knap, breë oorsig wat in toeganklike taal met hope foto’s vertel word. Ek beveel dit aan vir alle wit mans wat diensplig gedoen het, en ook vir hulle gades."
Sielsmokkelaar deur Leon van Nierop: ’n resensie
2017-04-19"Aanhangers van Leon van Nierop sal nie teleurgesteld wees met hierdie boek nie. Nuwe lesers sal besef waarom hy een van die topverkopers is en hoekom Sielsmokkelaar ná 20 jaar herdruk is."
Baas Baba deur Marla Frazee: ’n resensie
2017-04-18"Baas Baba is ’n lekker tong-in-die-kies boek vir toekomstige mammas, veral as daar ’n boetie of sussie betrokke is."
Te veel sorge deur Hans Pienaar: ’n resensie
2017-04-13"Die idee is dus dat elkeen van die verhale wat in hierdie bundel of roman-in-stukke opgeneem is, iemand se 'sorge' verteenwoordig. Die verhale word dus saamgebind deur die feit dat dit gaan oor ’n wye spektrum van mense se sorglike lewenservarings, hulle sondes, skuldgevoelens, boetedoenings, onsekerhede en vertwyfelings."
Die vreemde China onder die knie van Elkarien Fourie
2017-04-12Etienne Britz bespreek Elkarien Fourie se boek oor China aan die hand van sy eie ervarings van dié oeroue, eksotiese, maar vinnig moderniserende land.
Jan Smuts: Afrikaner sonder grense by Richard Steyn – a book review
2017-04-07"At the heart of this absorbing portrait – within a ribcage that contains much else – lies the enigmatic contradiction of Smuts, a revolving mask that his latest biographer does a good job of lifting."
Man van Cirene deur FA Venter: ’n resensie
2017-04-06"Waarmee die leser hier gekonfronteer word, is ’n soort Bybelse toerisme waarby hy, byna soos tydens die Passiespel, Bybelse en Bybels-geïnspireerde taferele voor hom sien afspeel."
Die meisie op die bus en ander liefdesverhale: ’n resensie
2017-04-04"Die bundel is ’n samestelling van Doc Immelman se verhale wat in die jare 1955 tot 1965 in tydskrifte soos die destydse Die Huisgenoot en Sarie Marais gepubliseer is. Almal met die liefde as tema – al 13 van hulle."
Eindspel deur Wilna Adriaanse: ’n resensie
2017-04-04"Tipies Adriaanse is die ingewikkelde storielyn en die karakters wat nie eensydig en stereotipies uitgebeeld word nie."
Alles het niet kom wôd deur Nathan Trantraal: ’n resensie
2017-04-03"Dit is die produk van ’n digter volkome in beheer van sy vak. Veral is dit die werk van iemand wat met sy ingehoue, maar tog dringende stem die vermoë het om tot ’n wye spektrum van lesers te spreek."
Katryn deur Winnie Rust: ’n resensie
2017-03-28"Sy kon onder haar karakters se vel inklim en vanuit hulle harte praat. Sy kon lesers ontroer, soos wat ook haar eie maatstaf vir haar skryfwerk was: dat dit moet gaan oor dinge wat haar ontroer."
Nomme 20 Delphistraat deur Shirmoney Rhode: ’n resensie
2017-03-28"Hierdie beskeie bundel met sy 25-tal gedigte dra die goeie nuus van ’n nuwe stem uit die Kaapse Vlakte. Shirmoney Rhode behoort tot die sogenaamde millennariërgenerasie en haar gedigte praat ’n annerste soort taal."
Once we were sisters by Sheila Kohler: a book review
2017-03-28"Sheila Kohler’s tender, searing autobiographical memoir is emotionally and technically intelligent, shaped by a sense of the dangers of self-regard."
