Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Syferfontein deur Cas Wepener: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2017-03-23

Danie Botha resenseer Syferfontein deur Cas Wepener. Hierdie resensie is  oorspronklik op Fine Music Radio uitgesaai.

Ons kom van vêr: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Gunther Pakendorf Resensies 2017-03-23

"Ons weet dat taal, enige lewende taal, aan ’n gedurige verandering onderworpe is; dat dit, om met Bakhtin te praat, in sy wese 'karnavalesk' is, bont en middelpuntvliedend aan die beweeg, sonder te veel bekommernis oor reëls en voorskrifte."

Hanna deur Maretha Maartens: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2017-03-23

"En hoe prikkelend word die roman nie ingelei nie: 'Peninna kyk op en haar gesigsuitdrukking verander.' Dis wat Maretha Maartens se Hanna waarskynlik ook aan lesers sal doen."

For Friends & Family deur Nicky Stubbs: ’n resensie

Ilse van der Merwe Resensies 2017-03-22

"Familiefoto’s uit haar kinderdae verleen ’n ekstra skeut nostalgie en jy kan die onopgesmukte samesyn sien – dis ware familieresepte vir hegte familietye om tafels oraloor."

Die Herero-opstand 1904–1907 deur Gerhardus Pool, ’n resensie

Gunther Pakendorf Resensies 2017-03-10

"Dit was weliswaar ’n deeglike stuk navorsing wat nog tien jaar ná sy publikasie deur ’n Duitse studie oor dieselfde onderwerp vir sy bruikbaarheid as ’n onpartydige weergawe geloof is."

In die laksman se skoot deur Chris Marnewick, ’n resensie

Johan Jack Smith Resensies 2017-03-10

"In die laksman se skoot laat baie stof tot nadenke. Die mense wat gereeld vra dat die regering die doodstraf moet terugbring, sal twee keer dink ná die lees van die verhaal."

Sulamiet deur Lina Spies, ’n resensie

Heilna du Plooy Resensies 2017-03-06

"Lina Spies se poësie was nog altyd belydend en meditatief; dit was nog altyd persoonlik gekleur en mild verwoord; dit is poësie van ’n sagte stem, van inlewing meer as deklarasie, van nadenke en vraagstelling meer as van ontmaskering en geveg."

Misverstand deur Marita van der Vyver, 'n resensie

Yolanda du Toit Resensies 2017-03-06

"Soos met haar ander boeke, het ek ál meer begin uitstel om voort te snel namate ek hoofstuk 23 genader het. Want dan is nog ’n Marita-kunswerk voltooi. Nog een wat ek nie weer vir die eerste maal kan lees nie."

Die Chacma-ekspedisie deur Marius Ackermann, ’n resensie

AJ Opperman Resensies 2017-03-03

"Die lees van Die Chacma-ekspedisie laat ’n mens soms wonder of jy vandag se koerant vashou of ’n geskiedenishandboek. Daar is soveel moontlike goed wat jy hierin kan lees."

Web deur Naomi Meyer, ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2017-03-01

"In ’n lesersmark met voortreflike misdaadfiksie transendeer hierdie boek die genre: dis heelwat meer as misdaad, terwyl dit al die elemente het om misdaadvrate te versadig."

LitNet Akademies-resensie-essay: Kaaps in fokus

Gerda Odendaal Resensies 2017-03-01

"Kaaps in fokus gaan ten slotte oor mense, want '[d]ie soppangheid van Kaaps is in die laaste instansie nie net ’n linguistiese kwessie nie, maar wesenlik een van die waardigheid van alle sprekers van Afrikaans' (Willemse, 81). En dit is juis hierdie kenmerk van Kaaps in fokus wat dit so ’n tydige en relevante publikasie maak."

Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans

Marike van der Watt Resensies 2017-03-01

Oorlog en terpentyn: ’n boeiende en aandoenlike verhaal – ’n kosbare altaarstuk vir ’n oupa.”

Stanzas No 4, a book review

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2017-02-28

"Stanzas is a vibrant and vital contribution to the local poetry scene. Any reader’s soul will delight in a subscription to the quarterly, which I can wholeheartedly recommend."

Goede Hoop. Zuid-Afrika en Nederland vanaf 1600, ’n bespreking

Annemarié van Niekerk NeerlandiNet 2017-02-28

“Die boek Goede Hoop is, soos die tentoonstelling, ambisieus. In 21 hoofstukke met 34 intermezzo’s vertel 27 verskillende skrywers uit albei lande, onder leiding van Martine Gosselink, hoof van Geskiedenis van die Rijksmuseum, die gedeelde geskiedenis van Suid-Afrika en Nederland, vandat die Verenigde Oost-Indische Compagnie in die 17de eeu sy Kaapse verversingspos gestig het, tot vandag.”

Syferfontein deur Cas Wepener, ’n resensie

Trisa Hugo Resensies 2017-02-22

"Dit is egter terselfdertyd die afgryslikheid van die karakter wat die leser emosioneel ontstem en juis daarom vir my geslaagd is."

Vakansiehuis met swembad deur Herman Koch, vertaal deur Daniel Hugo

Etienne Britz Resensies 2017-02-22

"Daniel Hugo se vertalings van Nederlandse poësie en verhale maak dit vir ons moontlik om interessante variasies van ook hierdie soort skryfkuns te geniet. Vakansiehuis met swembad is één so ’n 'mooi lelike boek'."

Lugkasteel deur Annelie Botes, ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2017-02-22

"Haar skryfstyl het ’n eerlikheid wat jou by tye laat wonder of sy besef daar is mense daar buite wat haar woorde lees, wat haar as’t ware beter leer ken deur haar boeke, al sal sy hulle nooit ontmoet nie."

Indeks deur Joan Hambidge, ’n resensie

Helize van Vuuren Resensies 2017-02-22

"Joan Hambidge se Indeks is ’n veelfasettige en waardige toevoeging tot haar oeuvre, én tot die groeiende aantal laatwerkbundels in Afrikaans."

Arsenaal van klank deur Anna Enquist, vertaal deur Zandra Bezuidenhout

Alfred Schaffer Resensies 2017-02-22

"Arsenaal van klank is ’n boeiende en belangrike kennismaking met een van die bekendste Nederlandse digterstemme van die afgelope 30 jaar, uitstekend deur Zandra Bezuidenhout vertaal."

Fine Music Radio-resensie: Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans, vertaal deur Daniel Hugo

Danie Botha Resensies 2017-02-16

Danie Botha resenseer Oorlog en terpentyn, in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo. Hierdie resensie is  oorspronklik op Fine Music Radio uitgesaai.

Top