Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Boekresensie: Stories van die kantlyn deur Theuns Stofberg

Org Potgieter Resensies 2016-06-01

"Stofberg skryf onderhoudend, ook oor die wel en wee van 'n Springboktoerspan, soos die gesukkel met die rooi taal in van die lande."

Resensie: die bome reusagtig soos ons was deur Hilda Smits

Alwyn Roux Resensies 2016-05-17

"Smits se bundel is voorwaar ʼn merkwaardige debuut wat beslis weer gelees sal word."

LitNet Akademies-resensie-essay: Die taal van been deur Heilna du Plooy

Hennie van Coller Resensies 2016-05-17

"Kyk jy dieper as die skedel, vind jy die mens; ondersoek jy verskynsels soos vigs, regstellende aksie of geweldsmisdade, is daar altyd 'n ondergrond waarteen jy dit as 't ware moet 'lees' en begryp, en kyk jy dieper as die oppervlak van hierdie roman, vind jy weggesteekte lae betenisse."

Trek vertel die stories wat ons moet deel

Johan Anker Argief 2016-05-12

"In breë trekke handel Trek oor die gedwonge verskuiwing van die bruin mense uit die middedorp van Wellington gedurende die laat ’50’s en vroeë ’60’s van die vorige eeu. Dit bied egter ook ‘n breër kyk op die verskuiwings tussen plaas en dorp, en selfs, teen die einde van die teks, die verskuiwing na ander vastelande."

Boekresensie: Oorlogswinter deur Jan Terlouw

Coenraad Walters Resensies 2016-05-11

"Dít is dalk die belangrikste rede waarom soveel mense as moontlik – en bowenal jong lesers – Oorlogswinter moet lees: stories is kragtige hulpmiddels om mense se perspektief op die wêreld te beïnvloed ..."

Resensie: Amraal deur Marinda van Zyl

Philip John Resensies 2016-05-11

"Amraal staan in ander opsigte ook nader aan Fiela se kind as aan die ander genoemde tekste deurdat dit geklassifiseer kan word as 'goeie gewilde fiksie' ..."

LitNet Akademies-resensie-essay: Soos familie deur Ena Jansen

Gerrit Olivier Resensies 2016-05-11

"Méér as inligting word hier meegedeel, meer as insig in ‘n komplekse en durende sosiale en literêre verskynsel. As leser voel ‘n mens dat jy deur Jansen se respekvolle en menslike benadering ook deurgaans opgevoed en gestig word."

Resensie: Hartklop deur Cecilia Steyn

Maryke Roberts Resensies 2016-05-09

"Dis ’n lekkerleesverhaal en soos die uitgewer tereg voorspel, hou dit jou vasgevang tot die laaste bladsy."

Boekresensie: Openbaring deur Johan Bakkes

Dawid de Wet Resensies 2016-05-04

"Bakkes en sy stam is net gewone mense, nie professionele avonturiers nie. Gewone mense wat buitengewone avonture aanpak, hulleself borg en hulleself met hul beursies by die huis kry. Dít is dalk die rede hoekom dié leser só ʼn diep beskrywing van die reisiger se psige raaklees. Bakkes het die keuse gemaak om nie lou te wees nie. Hy reis hard. En somtyds reis hy alleen."

Boekresensie: Gelukkige slawe deur Tom Lanoye

Coenraad Walters Resensies 2016-05-04

"Ek het my ... met lees en herlees met genot oorgegee aan die avonture van twee Belge met dieselfde naam en soortgelyke probleme, wat deur ’n geniepsige satirikus in die arena ingestoot word ..."

Boekresensie: Slaafs deur Bettina Wyngaard

Dewald Koen Resensies 2016-05-03

"Die roman raak interessante onderwerpe aan en die narratief is so verslawend soos ’n dwelmmiddel."

Resensie: Hammie deur Ronelda S Kamfer

Vincent Oliphant Resensies 2016-05-03

"Hierdie is ... geen soete Moedersdag-odes waarin die deugde van die ma liries besing word nie. Nee, dis liewer die ontbloting van die diep maar onvolmaakte liefde tussen gewonde mense."

Boekresensie: Marga & Henriëtte, in die skadu van skisofrenie deur Marga van Rooy en Henriëtte Boot

Juliana Coetzer Resensies 2016-04-25

"Terwyl Marga se verhaal die agtergrond van die storie vertel, trek Henriëtte die drade bymekaar. Die krag van die boek lê in die feite, geskryf deur iemand wat persoonlike ervaring het. Iemand wat self die pad moes stap van skisofreniese simptome, van verstaan tot aanvaarding tot herstel."

Book review: Ontdekkingsreisiger of Soldaat? Die Verkenningstogte van Robert Jacob Gordon (1743–1795) in Suider-Afrika

Paul Murray Resensies 2016-04-20

"Luc Panhuysen has written a marvellous book on a period of Cape and South African history that truly enriches South African historiography. The painstaking task of rendering the original Dutch into Afrikaans, thus making it accessible to readers in this country, was undertaken by Wium Van Zyl."

Review: Affluenza by Niq Mhlongo

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2016-04-13

"If you want to take the pulse of present-day South Africa, you can turn to his [Mhlongo's] work for insight."

Boekresensie: Springbokrugby-vasvra deur Pierre François Massyn

Org Potgieter Resensies 2016-04-12

"Dis 'n boek vir waar en wanneer rugbygeeste vergader en sal tot 'n lekker stryery, rondkrap in die geheue, raaiwerk en gesels lei."

Resensie: Portrette in my gang deur Dolf van Niekerk

Nini Bennett-Moll Resensies 2016-04-12

"Eindelik word die digter ’n soort kurator, die skatmeester van ouds, en die bundel ’n opgaaf van kosbare memento’s en memoires."

Boekresensie: Skarlaken deur Irma Venter

Madri Victor Resensies 2016-04-11

"En met elke boek karteer sy skynbaar moeiteloos en met groot sukses ʼn nuwe gebied op die krimilandskap." 

LitNet Akademies-resensie-essay: Vlakwater deur Ingrid Winterbach

Andries Visagie Resensies 2016-04-06

"Met haar roman skryf sy dus voort binne die tradisie van die betrokke literatuur in Afrikaans, maar soos geen ander Afrikaanse skrywer tot dusver nie, slaag sy daarin om die dilemma van die metamodernisme vas te vat."

LitNet Akademies-resensie-essay: Oorsee deur Tertius Kapp

Carien Smith Resensies 2016-03-31

"Oorsee slaag daarin om op ’n speelse manier die absurditeite van bestaande hiërargieë te bevraagteken en sodoende kontroversiële onderwerpe te ondersoek."

Top