Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
LitNet Akademies-resensie-essay: Soos familie deur Ena Jansen
2016-05-11"Méér as inligting word hier meegedeel, meer as insig in ‘n komplekse en durende sosiale en literêre verskynsel. As leser voel ‘n mens dat jy deur Jansen se respekvolle en menslike benadering ook deurgaans opgevoed en gestig word."
Resensie: Hartklop deur Cecilia Steyn
2016-05-09"Dis ’n lekkerleesverhaal en soos die uitgewer tereg voorspel, hou dit jou vasgevang tot die laaste bladsy."
Boekresensie: Openbaring deur Johan Bakkes
2016-05-04"Bakkes en sy stam is net gewone mense, nie professionele avonturiers nie. Gewone mense wat buitengewone avonture aanpak, hulleself borg en hulleself met hul beursies by die huis kry. Dít is dalk die rede hoekom dié leser só ʼn diep beskrywing van die reisiger se psige raaklees. Bakkes het die keuse gemaak om nie lou te wees nie. Hy reis hard. En somtyds reis hy alleen."
Boekresensie: Gelukkige slawe deur Tom Lanoye
2016-05-04"Ek het my ... met lees en herlees met genot oorgegee aan die avonture van twee Belge met dieselfde naam en soortgelyke probleme, wat deur ’n geniepsige satirikus in die arena ingestoot word ..."
Boekresensie: Slaafs deur Bettina Wyngaard
2016-05-03"Die roman raak interessante onderwerpe aan en die narratief is so verslawend soos ’n dwelmmiddel."
Resensie: Hammie deur Ronelda S Kamfer
2016-05-03"Hierdie is ... geen soete Moedersdag-odes waarin die deugde van die ma liries besing word nie. Nee, dis liewer die ontbloting van die diep maar onvolmaakte liefde tussen gewonde mense."
Boekresensie: Marga & Henriëtte, in die skadu van skisofrenie deur Marga van Rooy en Henriëtte Boot
2016-04-25"Terwyl Marga se verhaal die agtergrond van die storie vertel, trek Henriëtte die drade bymekaar. Die krag van die boek lê in die feite, geskryf deur iemand wat persoonlike ervaring het. Iemand wat self die pad moes stap van skisofreniese simptome, van verstaan tot aanvaarding tot herstel."
Book review: Ontdekkingsreisiger of Soldaat? Die Verkenningstogte van Robert Jacob Gordon (1743–1795) in Suider-Afrika
2016-04-20"Luc Panhuysen has written a marvellous book on a period of Cape and South African history that truly enriches South African historiography. The painstaking task of rendering the original Dutch into Afrikaans, thus making it accessible to readers in this country, was undertaken by Wium Van Zyl."
Review: Affluenza by Niq Mhlongo
2016-04-13"If you want to take the pulse of present-day South Africa, you can turn to his [Mhlongo's] work for insight."
Boekresensie: Springbokrugby-vasvra deur Pierre François Massyn
2016-04-12"Dis 'n boek vir waar en wanneer rugbygeeste vergader en sal tot 'n lekker stryery, rondkrap in die geheue, raaiwerk en gesels lei."
Resensie: Portrette in my gang deur Dolf van Niekerk
2016-04-12"Eindelik word die digter ’n soort kurator, die skatmeester van ouds, en die bundel ’n opgaaf van kosbare memento’s en memoires."
Boekresensie: Skarlaken deur Irma Venter
2016-04-11"En met elke boek karteer sy skynbaar moeiteloos en met groot sukses ʼn nuwe gebied op die krimilandskap."
LitNet Akademies-resensie-essay: Vlakwater deur Ingrid Winterbach
2016-04-06"Met haar roman skryf sy dus voort binne die tradisie van die betrokke literatuur in Afrikaans, maar soos geen ander Afrikaanse skrywer tot dusver nie, slaag sy daarin om die dilemma van die metamodernisme vas te vat."
LitNet Akademies-resensie-essay: Oorsee deur Tertius Kapp
2016-03-31"Oorsee slaag daarin om op ’n speelse manier die absurditeite van bestaande hiërargieë te bevraagteken en sodoende kontroversiële onderwerpe te ondersoek."
Resensie: Where’s Zuma? deur Kobus Galloway
2016-03-30"Where’s Zuma? herinner in inhoud veel meer aan Zapiro as aan Idees Vol Vrees. Galloway bult hier sy spiere as politieke kommentator met groot sukses."
Boekresensie: Donderslag deur Wilbur Smith
2016-03-30"Donderse goeie vermaak uit Willeboer Smit se blitsverkoperpen," skryf Francois Verster.
LitNet Akademies-resensie-essay: Afrikaanse filosofie: Perspektiewe en dialoë deur Pieter Duvenage
2016-03-22"Intellektuele dekolonisering in Suid-Afrika behels dat die plaaslike denker erns met die plaaslike konteks maak en met behulp van idees wat, om welke rede ook al, plaaslik relevant is, daarna streef om ’n vrye en regverdige Suid-Afrika te bevorder – ongeag die plek van oorsprong van die idees wat plaaslik ingespan word."
Review: Mongrel - essays by William Dicey
2016-03-16"There is nothing quite as satisfying as an excellent personal essay, and William Dicey’s Mongrel contains six gems of the genre."
Resensie: Voor-bode deur Cas Vos
2016-03-15"Vos bly egter nie net in die verlede delf met die vertaling van die Griekse gedigte nie, maar bied ook ’n eietydse perspektief op Suid-Afrika en die wêreld."
