Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Boekresensie: Immer wes deur Irma Joubert
2015-12-14"Immer wes verwoord nie net die verhaal van ’n vrou in oorloggeteisterde omstandighede nie, maar verwoord veral die verhaal van hoop en ’n toekoms uit oorlog uit."
Boekresensie: Die dag na die rowers opgedaag het deur Johan Pienaar
2015-12-09"Vir alledaagse geluk sal dit bydra as jy leer om nie uit te stel nie, laf kan wees en weet hoe belangrik dit is om mense behoorlik te groet met die aankoms- en die vertrekslag. Sy wye verwysingsveld oor populêre sielkunde, Afrikaanse digkuns sowel as erkende, geliefde skrywers van geestelike boeke, maak hierdie boek ‘n klein biblioteek van alledaagse en antieke wysheid."
Nie-akademiese notas by die lees van Vry- deur Gilbert Gibson
2015-12-07"Ek het gestem, ek het ‘n stem. Ek is dus vry.
Of is ek net kwansuis
vry-?"
En so is Vry-.
Donker stroom: Eugène Marais veelsydig, dubbelsinnig
2015-12-03"Wat is dit aan Eugène Marais wat so enigmaties is?" – 'n LitNet Akademies-resensie-essay oor Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog deur Carel van der Merwe
Jeugresensie: Jasper op hoërskool deur CF Beyers-Boshoff
2015-12-02"Jasper-hulle vang baie kattekwaad aan, maar hulle is eintlik ouens met goeie harte."
Lesersindruk: Recce deur Koos Stadler
2015-12-02Wie en wat was die recce? Willem Krog skryf: "Koos Stadler maak op vele vlakke korte mette met die mites."
Boekresensie: The Good Story deur JM Coetzee en Arabella Kurtz
2015-12-02"Die boek is nie bloot gemik op literêre belangstellendes en Coetzee-aanhangers nie. Lesers wat self al terapie, veral psigoanalitiese terapie, beleef het, sal identifiseer met die pasiënt se frustrasie as ‘n terapeut nie ‘n 'waarheid' oor homself, sy familie of sy baas wil onthul nie. Hulle sal waarskynlik saamstem met Coetzee se verbygaande opmerking dat psigoanalitiese terapie lank en duur is."
Boekresensie: Die ewigheid in my hart deur Barend Vos
2015-11-25"En watter lekker gebede: eerlik, amper gedagtestroom; menslik en eg; gelowig en juigend; strydend en stoeiend. Alles in keurige, maklik leesbare taal."
Boekresensie: Tikkun Ha’olam – Herstel die wêreld deur Marzanne Leroux-Van der Boon
2015-11-25'n Skrywer se jongste boek word altyd met haar beste boek vergelyk, meen JB Roux.
Review: Career of evil by Robert Galbraith
2015-11-24"Simply put: Am I reading her adult detective novels only because I liked (loved) Harry Potter?"
Review: Storm Over the Transvaal by TV Bulpin
2015-11-16T.V. Bulpin (1918–1999) was a writer about African big game hunters, South African travel and history.
Hartstories: 'n Saamrystorie vir Amore
2015-11-11Nadine Petrick skryf 'n brief aan Amore Bekker van RSG oor Hartstories: Huis toe met 'n ligter tred.
Resensie: Buhr van die Bokveld, saamgestel deur Hermann Giliomee
2015-11-10Danie Botha resenseer 'n versameling skryfwerk van Johann Buhr, "een van die blinkste sterre van die jonger generasie van Afrikaanse joernaliste in die vyftien jaar nadat Afrikaans in 1925 ampstaal geword het”.
Review: Etta and Otto and Russell and James
2015-11-09"Part The Unlikely Pilgrimage of Harold Fry, part Forrest Gump"
Breyten Breytenbach se versamelde toesprake – Parool/Parole
2015-11-06LitNet Akademies-resensie-essay: Die filosoof Johann Rossouw lees Breyten Breytenbach se versamelde toesprake.
Boekresensie: Lafras Cuyper kanonnier deur Karl Kielblock
2015-11-05"En dit was veral Kielblock se skryfvaardigheid wat my geïnteresseer het toe ek na soveel jaar weer lees oor die seun wat uit die Kaap weggeloop het en op ’n Britse oorlogskip beland het. Sou ek teleurgesteld wees?"
Boekresensie: Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale deur Deon Meyer
2015-11-05"'Bottervisse in die jêm' is nog net so hartroerend soos wat dit in 1997 was. ‘n Onsentimentele verhaal oor ‘n siniese kunstenaar wat ‘n nuwe lus vir die lewe ontdek, danksy sy buurvrou se onbeskofte en skaamtelose seun. 'Om ‘n man te vang' is soortgelyk belowend; bewyse van ‘n meer volwasse skrywer. Dis ‘n pragtige verhaal."
Resensie: Stories deur Julia Donaldson leer kinders om te lag
2015-11-04Ses humoristiese verhaaltjies deur die bekroonde Skotse skrywer is nou ook in Afrikaans beskikbaar.
Jeugresensie: Die laaste geveg deur CS Lewis
2015-11-04'n Knap veertienjarige resensent lees die laaste aflewering in die Narnia-reeks.
Resensie: Die silwer stoel deur CS Lewis
2015-11-04Marike van der Watt bespreek die vertaling van hierdie Narnia-verhaal.
