Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Resensie: Katerina se mojo deur Kristel Loots

Corlietha Swart Resensies 2015-07-14

"Loots se weldeurdagte en aweregse humor, wat soos 'n silwer randjie om elke donker binnewroegingswolk van Katerina huiwer, sorg vir heelwat binnepret by die leser."

Resensie: Boekstaaf deur Nini Bennett

Phil van Schalkwyk Resensies 2015-07-14

"Boekstaaf verdien ʼn gunstiger ontvangs, want hierdie werk getuig van noemenswaardige groei."

Resensie: Skadu oor die sonwyser deur Kobus Lombard

Susan Smith Resensies 2015-07-13

"Die digter maak, soos in sy vorige drie bundels, gebruik van ’n sober, gestroopte aanslag. Die gedigte in hierdie bundel is eweneens deurlopend kort (soms net vier reëls) en is gestruktureer deur ’n kort daarstelling van ’n bepaalde beeld, opgevolg deur ’n fokus op die slotreël of -reëls waarin ’n verdieping of insig aangebied word."

Boekresensie: Die jaar toe Emma begin kook het deur Ilse de Korte

Mila de Villiers Resensies 2015-07-10

"Die jaar toe Emma begin kook het pas gerieflik in sy eie kategorie in: Afrikaanse chicklit vir enige Merlot-drinkende kosfundi en boekliefhebber op soek na spitsvondige en lekker vakansieleesstof. Emma is annie brand!"

It might get loud by Ingrid Winterbach (translated by Michiel Heyns): the uncut review

Chantelle Gray Resensies 2015-07-07

"Michiel Heyns beautifully retains the individual idiolects of characters in the translation, as well as giving careful consideration to Winterbach’s idiosyncratic language use, including Engfrikaans. In this way, It might get loud reveals itself as having the 'capacity to provoke new and singular responses' (Attridge 2004:75) that are accented."

Resensie: Siembamba – immergroen rympies vir kinders, saamgestel deur Wendy Maartens

Marèth van Schalkwyk Resensies 2015-07-07

"Ek vermoed die boek sal 'n nuttige aanvullende naslaanboek in enige laerskooljuffrou se arsenaal van poësiehulpbronne raak en vir ouers dien as 'n nostalgiese terugblik wat met hul kinders gedeel kan word."

Resensie: Wynie – my bloed is blou deur Wynie Strydom (met Alita Steenkamp)

Org Potgieter Resensies 2015-07-07

"Dis ’n boek wat veral vir Blou Bul-ondersteuners en die groot aantal spelers en mense met wie Wynie se paaie gekruis het, ’n bate sal wees."

Book review: The Death's Head Chess Club by John Donoghue

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2015-06-26

"Even if they are 'only' fiction, at the root of such [historical war - editor's note] novels is a reality where pure evil manifests in human form and, as Donoghue’s narrator notes, the voices of the dead 'clamour to be heard'. This is precisely why the task of imagining these stories bears a great responsibility and should not be undertaken lightly."

Boekresensie: Judaskus deur Rudie van Rensburg

Jaco Fouché Resensies 2015-06-26

"Die boek is baie visueel sonder om in beskrywing vas te val. Dis duidelik dat Van Rensburg die plekke ken waaroor hy skryf en dat hy weet van dinge soos filatelie en polisieoptrede. Die onderliggende komplot is ook intrigerend en ontvou op sy tyd terwyl die pas in sy geheel danksy die baie gebeure en gereelde toneelwisseling terselfdertyd goed volgehou word."

Boekresensie: Swemlesse vir 'n meermin deur Marita van der Vyver

Dewald Koen Resensies 2015-06-26

Swemlesse vir ’n meermin is ’n voortreflike opvolger vir Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. Dié tweeluik sal tienerlesers boei en selfs ’n paar volwasse lesers met nostalgie aan hul tienerjare laat dink. Met haar jongste jeugroman bewys Van der Vyver weer eens dat sy in voeling is met haar lesers en weet wat in tieners se koppe broei.

Tirza: Die moderne mens se bestaanskrisis

Marietjie Lambrechts Boeke en skrywers 2015-06-26

"Saam met eksistensialisme ondersoek Grunberg ook die moderne humanistiese wêreldbeskouing en die uitwerking daarvan op ’n individu wat in ’n bestaanskrisis vasgevang is."

Resensie: Die respektabele Meneer Hartslief deur Chris Karsten

Madri Victor Resensies 2015-06-24

"Chris Karsten se  wenresep in Die respektabele Meneer  Hartslief is dat hy weer eens genuanseerde karakters skep waarmee die  gewone leser kan identifiseer."

Resensie: Geheime revolusie: Memoires van ’n Spioenbaas deur Niël Barnard en Tobie Wiese

Jaco Fouché Resensies 2015-06-24

"Ek het die boek byna  hand aan hand met my eie herinneringe aan die tagtigs gelees. Ek kon sê: in  1980 was ek so oud; in 1985 se noodtoestand was ek hier; in 1988, toe PW Botha  siek word, daar. En natuurlik onthou baie van ons seker een Sondagmiddag vroeg  in 1990 toe Nelson Mandela uit die tronk gestap het."

Resensie: JM Coetzee and the Life of Writing deur David Attwell

Marianne de Jong Resensies 2015-06-24

"The Life of Writing bring die leser  effektief en intiem van aangesig tot aangesig met die al skrywende skrywer JM  Coetzee."

Boekresensie: Solitaire deur Vita du Preez

Daleen Venter Resensies 2015-06-17

"Du Preez moes omvattende navorsing vir hierdie roman gedoen het. As jy ’n leek op die gebied van juweelontwerp, boerdery en branderplankry is, sal hierdie roman jou kennis verskerp."

LitNet Akademies-resensie-essay: Ikarus deur Deon Meyer

Jonathan Amid Boeke en skrywers 2015-06-12

"Dit is deesdae byna  onmoontlik om na 'n speurfiguur te verwys sonder dat kaptein Bennie Griessel as  verwysingspunt dien ..."

Boekresensie: Die engel en die bont bees deur Johnita le Roux

Joel Claassen Resensies 2015-06-09

"Die engel en die bont bees ontgin op alle vlakke."

Boekresensie: Anni Dewani – a father’s story

Martie Retief-Meiring Resensies 2015-06-09

"Op 8 Desember sou  Shrien Dewani as 'n vry man uit die beskuldigdebank in Suid-Afrika stap om na  Engeland terug te keer. Die uitgebreide Hindocha-familie, en ook tot groot  hoogte Suid-Afrika self, sou verslae agterbly."

Resensie: Matriks deur Joan Hambidge

Thys Human Resensies 2015-06-05

 "Matriks behels enersyds  die aangrypende naspoor van die uiteenlopende invloede en patrone wat ’n  skrywerslewe help vorm het. Andersyds behels dit ook ’n skrywende sinmaak ..."

LitNet Akademies resensie-essay: Eugene de Kock – Sluipmoordenaar van die staat

Linda de Jager Boeke en skrywers 2015-06-04

"Deur Anemari Jansen se boek word Eugene de Kock letterlik weer eens opgeroep om in diens te bly staan van ’n ander stryd wat groter is as hy self, ’n broodnodige proses van versoening en waarheid in die ware sin van die woord."

Top