Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Resensie: I Have Life: Alison's Journey, soos aan Marianne Thamm vertel
2016-08-10"Alison Botha en Marianne Thamm slaag daarin om ’n kragtige verhaal van hoop te vertel en hoe dit nie nodig is om diegene wat jou wou vernietig het mag oor jou te gee nie. ... Jy is uiteindelik vir jou eie geluk verantwoordelik."
Boekresensie: Anderkant vergeet deur Santie van der Merwe
2016-08-10"Santie van der Merwe se jongste roman, Anderkant vergeet, is beslis iets wat meeste liefhebbers van Afrikaanse liefdesverhale in hul versameling sal verwelkom ..."
Boekresensie: Ek en Prins Donkerkuif deur Dihanna Taute
2016-08-02"Dihanna Taute het beslis ’n op-die-pols-aanvoeling vir wat in jong gemoedere aangaan."
Boekresensie: Bly, die US Woordfeesbundel 2016
2016-07-27"In die voorwoord van dié versameling noem die US Woordfeesdirekteur Saartjie Botha dat die Woordfeesdireksie vir sy 'lesende gehoor' graag iets ter herinnering wou gee as net ‘n T-hemp. Derhalwe is besluit om ‘n bundel kortverhale saam te stel van 24 gepubliseerde skrywers se werk. Dank die heelal vir hierdie wyse besluit."
Boekresensie: Tuisland deur Karin Brynard
2016-07-26"Terwyl jy jou egter nog verlustig in die taal, klap die storie jou soos ‘n goeie smoelslaner."
Boekresensie: All the way to an independent Namibia deur Dirk Mudge
2016-07-26"Dirk Mudge se outobiografie gaan oor vredeskeppende prosesse en oor menslike eienskappe van ideale, besieling en geloof. So beskou, is die boek tydloos."
Boekresensie: Hartbreker deur Cecilia Steyn
2016-07-26"Iemand het eendag gesê daar is niks so opwindend, maar tog ook so dramaties, soos jong liefde nie. En met haar Tienerharte-reeks en spesifiek dan nou met Hartbreker kry Cecilia Steyn dit reg om hierdie belangrike fase in die lewe van jongmense met deernis, begrip en groot sukses uit te beeld."
Resensie: Kroniek van Donkerhoek deur Kees van Dijkhorst
2016-07-20"Met elke hoofstuk behou jy jou konsentrasie baie goed, want die teks stu kragtig voort na die einde van elke hoofstuk."
Boekresensie: Goeie dood wat saggies byt deur Ilse van Staden
2016-07-20"Dis ‘n goeie roman, boeiend om die onderliggende tema: Is die genesing en versorging van diere belangriker as dié van mense?"
Boekresensie: Die skaalmodel deur Anneli Groenewald
2016-07-12"Voorspoed aan Anneli Groenewald, mag sy as romansier van krag tot krag gaan ná hierdie belowende debuut, mag die tragiek van ons kwynende museums tot soveel moontlik lesers se gewetens spreek ..."
Boekresensie: Mispa deur Helena Hugo
2016-07-11"Die boek bied goeie leesvermaak, die karakters is sterk en Hugo se woorde maak hulle lewendig en eg."
Boekresensie: Robbie se broer se roer en ander jagstories deur Pienkes du Plessis
2016-07-10"Die rede waarom die stories so lekker lees, is Du Plessis se skryfstyl."
Boekresensie: Submerged deur Louis Wiid
2016-06-30"Die boek het ’n goeie balans tussen persoonlike verhoudings, aksie, bedrog en teleurstelling en hou jou aandag vasgevang. Al die nodige elemente is daar – tot die skoonheid met die lang bene en smeulende oë."
Boekresensie: Vrediger deur Dibi Breytenbach
2016-06-17"Misdaadfiksie sonder 'n speurder as hoofkarakter, verrassende wendinge en oortuigende ontknopings maak van Vrediger 'n boek wat 'n mens sterk kan aanbeveel."
LitNet Akademies-resensie-essay: Wat nou, Suid-Afrika? deur Theuns Eloff
2016-06-14"Wat taal betref, is die universele probleem dat baie ouers, asook politici en amptenare, die rol wat moedertaal speel in die kognitiewe ontwikkeling van kinders ontken. Deur die oorgang na Engels te vroeg en onbegeleid te maak, verwoes ons kinders se vermoë om werklik te kan leer en verstaan."
Boekresensies: Lemoenseisoen en Sjokoladesoene deur Kristel Loots
2016-06-14"Kristel Loots kry dit reg om met haar liefdesromans ʼn mens weer in die genot van liefhê en die oorgawe aan die liefdesdaad te laat glo."
Boekresensie: 'n Vlerkslag van kleur deur Fransi Nieuwoudt
2016-06-13"’n Vlerkslag van kleur is ‘n bevredigende en moedige bundel met die belofte van ’n volhoubare digterskap."
Book review: Burchell’s Travels by Susan Buchanan
2016-06-09"The publishers have made sure that they give pride of place to Burchell’s life and travels in a highly accessible tome that is as attractive as it is readable. They have ensured that a life of extraordinary experience, in art and science, is appropriately commemorated."
Boekresensie: Daar doer in die fliek deur Leon van Nierop
2016-06-08"Daar doer in die fliek is ’n viering van die Afrikaanse filmbedryf se prestasies, en Van Nierop blyk positief te wees oor die toekoms."
Book review: The woman next door by Yewanda Omotoso
2016-06-06"Most importantly, Omotoso shows that life and love are rarely black and white. They are full of nuances and contradictions. We can be simultaneously kind and cruel, open and closed, warm and cold."
