Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Common names of Angolan plants deur Estrela Figueiredo en Gideon F Smith: ’n resensie

Dawid de Wet Resensies 2017-11-29

"Wat die boek so belangrik maak, is die verklarende aard van gebruiksname. Die name dui die tradisionele gebruik van die plant aan. Sulke gebruike is meestal mondelingse oorvertel."

Under Nelson Mandela Boulevard by Sean Christie: a book review

Clifford Roberts Resensies 2017-11-29

"Christie skilfully weaves historical and social context into the retelling of day-to-day events, from his early encounters with the Beachboys through to his introduction to the slums of Dar es Salaam."

Good Hope. South Africa and the Netherlands from 1600: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-11-29

"Hopelik sal die boek heling teweegbring tussen veral Nederlanders en Afrikaners, maar ook onder ander Suid-Afrikaners wat onder die juk van Nederlandse kolonialisme gely het."

Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n resensie

Herman Lategan Resensies 2017-11-28

"Coetzer hou ’n spieël op waarin jy deur ander mense se foute en terugslae jou eie gevoelsoordrag op die verskillende argetipes wat hulle verteenwoordig, kan analiseer."

Seleksies uit die briewe van president MT Steyn 1904–1910: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-11-28

"MT Steyn is op 28 November 1916 oorlede. Daar is nie briewe in hierdie versameling opgeneem uit die laaste jare van Steyn se lewe nie, maar danksy hierdie publikasie kan daar nuwe insigte verkry word in die naoorlogse rol van hierdie gerespekteerde staatsman."

Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-11-24

"Die leser hoef nie noodwendig ’n Christen te wees om die skoonheid van die Afrikaanse taal en metafoor in hierdie versameling gedigte te kan waardeer nie."

Migrations: New short fiction from Africa edited by Efemia Chela, Bongani Kona and Helen Moffett: book review

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2017-11-23

"Migrations is the fourth SSDA anthology after Feast, famine and potluck: African short stories, Terra incognita: New short speculative stories from Africa and the abovementioned Water. The idea behind the SSDA project is to offer a platform for writers across the African continent and the African diaspora to write about our experience on our own terms, and to support African writers in our endeavours through the SSDA Prize, anthologies and writing workshops."

Die Mannheim-sage 2: Die goudkewers deur Lerina Erasmus: ’n resensie

Roela Hattingh Resensies 2017-11-22

"Lerina Erasmus verwerk die piritiese erts van Johannesburg, die rommelerts van ons land se hartseer geskiedenis, sodat die sianiedproses in die smeltkroes ’n witwarm storie uitgiet met karakters waarmee lesers kan identifiseer."

Geloof alleen deur André Pretorius: ’n resensie

Gerrit van Wyk Kruger Resensies 2017-11-21

"André Pretorius het ’n gawe publikasie die lig laat sien: ’n reisboek, deeglik in volkleur geïllustreer, in die belangrike Hervormingsjaar van die Protestante."

The twinkling of an eye deur Sue Brown: ’n resensie

Juliana Coetzer Resensies 2017-11-21

"Dit is nie ’n weergawe van mense wat jammer gekry wil word nie, maar ’n storie vertel van Craig, hulle seun en broer, ’n twaalfjarige kind wat die lewe tot die einde gelééf het."

Kristalvlakte deur Amy Jephta: ’n FMR-resensie

Jaco Barnard-Naudé Resensies 2017-11-21

"Dit gaan hier om ’n oorlog wat op ons voorstoep plaasvind en wat genormaliseer word. Kristalvlakte as ’n epiese teaterstuk is ’n oproep tot optrede, dit is nie teater as blote bewusmaking nie."

Die onaantasbares deur Steve Hofmeyr: ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2017-11-21

"Ek stem met Deon Meyer saam: Hofmeyr weet hoe om spanning te skep. Dis een van sy gawes."

1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk

Micky Badenhorst Lesersindrukke 2017-11-20

"Die taalgebruik is deurgaans verruklik. Elke woord is perfek op sy plek. Daar is geen irriterende maniertjies, mooiskrywery, herhaling of clichés nie."

Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé: ’n resensie

Martie de Lange Resensies 2017-11-17

"Lees gerus Shéri – Nes ek is – dit sal jou nuut en anders na mense met gestremdhede en jou eie lewe laat kyk."

Terreur in Kaboel deur Hannelie Groenewald: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2017-11-15

"Terreur in Kaboel vertel die hartverskeurende verhaal van ’n vrou wat haar man, seun en dogter in ’n wrede terreur-aanval in Afganistan verloor."

Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer: ’n resensie

Jacques Myburgh Resensies 2017-11-15

"Hy het ’n meesterlike en kompakte speurverhaal saamgestel met geen pretensie nie, en dan is dit nog almal se gunsteling-speurder, Bennie Griessel, wat die vreemde moord van die verbleikte lyk moet oplos."

Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-11-15

"Vreedsame revolusie is nie ’n omvattende studie van die tydperk onder bespreking nie, en neem meer die vorm aan van die verhaal van een persoon se herinneringe, hoewel die skrywer ook deur middel van voetnote ’n wetenskaplike geurtjie aan die publikasie verskaf."

Wilde klawer deur Vita du Preez: ’n resensie

Yolanda du Toit Resensies 2017-11-14

"Wilde klawer slaag daarin om jou deurlopend te boei en inderwaarheid as gevangene te hou totdat antwoorde ontknoop en McKenna die geheime van lank gelede ontsyfer."

Queen of the Free State deur Jennifer Friedman: ’n lesersindruk

Micky Badenhorst Lesersindrukke 2017-11-14

"Die omslag en titel van Jennifer Friedman se 'memoires' het dadelik my aandag getrek; die boek stel nie teleur nie en die outobiografiese vertellings is nie selfvertroetelend nie."

Die goddelike komedie. Liefde laat die son en sterre sing: ’n resensie

Gerda de Villiers Resensies 2017-11-10

"Die goddelike komedie slaag uitmuntend daarin om La Divina Commedia uit die Middeleeue te gaan uithaal, en dit lewendig en in Afrikaans in die 21ste eeu te laat sing."

Top