Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-01-05

"Die laaste woord oor die dood is dit sekerlik nie, maar hierdie boek is ’n unieke en vars bydrae oor ’n onderwerp wat nog nooit, sover ek weet, op dié manier in Afrikaans aangepak is nie."

Penseel-studentebundel: ’n resensie

Heilna du Plooy Resensies 2018-01-03

"Daarom is dit verblydend dat studente op eie stoom en uit eie geledere hulle skryfpogings bymekaarbring en uitgee. Dit gebeur by verskillende universiteite en is iets wat aangemoedig en aangeprys behoort te word, want hierdie onselfbewuste en selfs naïewe skryfoefeninge verskaf nie net ’n breë basis waarop latere skryfwerk as ’n piek kan voortbou nie, maar is as ’n oefenskool baie nodig."

Weerlose weerstand – Die gaydebat in die NG Kerk deur André Bartlett: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-01-03

"Bartlett se boek volg die spoor van die sinodesittings en studiekommissies wat oor die jare in die NG Kerk gehou is rondom die kwessie van homoseksualiteit, en al die drama en intrige wat daarrondom ontvou het."

Maria se armoire deur Johan en Ode Krige: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-01-03

"Maria se armoire is ’n boek wat uitbeeld hoe die samelewing met die jare verander het. Families en gesinne wat kleiner word, doopname wat hul waarde verloor, erfgoed wat agtergelaat word weens die kleiner leefareas van vandag se lewe."

Lore of nutrition – Challenging conventional dietary beliefs deur Tim Noakes en Marika Sboros: ’n resensie

Dawie van Velden Resensies 2018-01-02

"Ons kan ons hoed afhaal vir Tim Noakes wat gestaan het by sy beginsels, en met groot wetenskaplike integriteit sy standpunt verdedig teen sy eie kollegas en akademiese instellings wat hom ongenaakbaar gekritiseer het."

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n resensie

Chris van der Merwe Resensies 2017-12-21

"Dit gaan hier om ’n uitgestrekte hand wat ’n stut soek sowel as ’n uitgestrekte hand wat die nodige ondersteuning verleen. Die mens mag ’n nietige stofdeeltjie wees, maar deur so ’n liefde en empatie word ’n goddelike heerlikheid verkry."

Liewer deur Tertius Kapp: ’n boekresensie

Dewald Koen Resensies 2017-12-20

"Met Liewer bewys Kapp weer eens waarom hy die Hertzogprys waardig is."  

Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-12-15

"Dit vertel nie net die storie van die Brynard-familie nie, maar dien ook as platform vir bewusmaking van mense met Downsindroom en hulle uitdagings, is ’n godsdienstige getuienis, en dien ook as ’n verdere platform vir Brynard se werk as motiveringspreker."

Oor berge en dale deur Jackie Grobler: ’n resensie

Dawid de Wet Resensies 2017-12-14

"Hierdie boek hoort in die voertuig wanneer die gesin dié Kersfees die lang pad vat Stilbaai toe. Stop gerus by een van ons land se geskiedkundige plekke en waardeer die lang reis wat ons saam afgelê het."

Die boosaardige broers Botha deur Adeline Radloff: ’n boekresensie

Anke Theron Resensies 2017-12-14

"Hierdie teks is besonders en is ’n waardevolle bydrae tot die Afrikaanse kinderliteratuurkorps."

Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie deur Heilna du Plooy

Heilna du Plooy Resensies 2017-12-12

"Vir my ontwikkel hierdie eenvoudige vloeiende verse met goeie ritmiese gang, ’n merkwaardige diepgang op verskillende maniere."

1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk

Monica Hammes Lesersindrukke 2017-12-12

"Ek hou van boeke wat my prikkel om ander boeke te lees, om na musiek te luister, om kunswerke te bekyk en plekke te besoek wat in die teks genoem word en wat my nuuskierig maak. 1795 is so ’n boek."

Paulus deur Adrio König: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-12-12

"Met hierdie boek oor Paulus het König ’n belangrike publikasie in Afrikaans die lig laat sien oor ’n onderwerp waarvan baie mense hopeloos te min weet, en hoewel ek nie met baie van sy idees saamstem nie, het ek dit weer eens verrykend gevind om te lees wat hy alles oor Paulus se twis met die vroeë kerk te sê het."

Krap uit die see deur Fourie Botha: ’n resensie

Ronel Foster Resensies 2017-12-11

"Hy oorspeel nie sy hand met die simbole en intertekste nie en laat genoeg aan die verbeelding van die leser oor. Ten slotte is dit ’n bundel met die harde karapaks van ’n krap wat die intieme binneste beskerm en telkens weer hernuwe kan word."

Die onaantasbares deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-12-08

"Hofmeyr is ’n baie begaafde woordkunstenaar, soos ons reeds weet uit sy musiek. Sy taalgebruik is keurig. Dis gelaai met Bybelse metafore. Die verhaal vloei vinnig."

Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-12-06

"’n Klein 'meesterstuk'? Ek gaan 100% akkoord daarmee! Die korter formaat gaan ook moontlik die boek toeganklik maak vir potensiële 'nuwe' lesers van Meyer se werke."

Skepelinge: Aanloop tot ’n roman deur Karel Schoeman: ’n resensie

André Wessels Resensies 2017-12-06

"Maar soos wat die geskiedenis ’n debat sonder einde is en geen skryfwerk dus eintlik ooit voltooid is nie, moet die leser ook hier self die roman verbeeld, die legkaart voltooi, die karakters verder uitbou, en ook onthou dat ons ’n noue band met die see het."

Rooi haring deur Schalk Schoombie: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2017-12-05

"Dis asof ’n ingeligte verteller ons opwindend voorstel aan die karakters en gebeurtenisse dramaties beskryf. Schoombie is ’n ervare en bekroonde dramaturg, akteur en joernalis. Dit blyk uit die uitstekende dialoog, hoogs geslaagde beeldspraak, toeganklike paragraafbou en ritmiese sinne waarin sommige woorde rym of allitereer."

’n Leeftyd later deur Marthie Prinsloo-Voigt: ’n resensie

Nanette van Rooyen Resensies 2017-12-01

"’n Leeftyd later is die memoires van ’n besondere sterk vrou wat haar nooit laat onderkry het deur ontbering, geweld en verlies nie."

Per ongeluk deur Lloyd Zandberg: ’n resensie

AJ Opperman Resensies 2017-12-01

"Hy het ’n lekker familiêre trant. Val met die deur in die huis in ’n storie oor die en daai of so en so, asof jy ook die karakter jou lewe lank ken."

Top