Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

The fifth Mrs Brink, a memoir by Karina M Szczurek: a book review

Izak de Vries Books and writers 2017-10-17

"Karina Brink is now crafting a life as Karina Szczurek, author, lover of others, and who knows what else. André Brink’s presence will always be with her on her journey, just as his writing and his work will remain with an entire generation of readers."

Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n lesersindruk

Trisa Hugo Lesersindrukke 2017-10-13

"Vir my moet enige verhaal waar sou kon wees om geloofwaardig te wees. Hierdie was veel meer as dit: dit was asof universele emosies en gedrag uit ’n bron van buite geneem is en op ’n vlak aangespreek is wat in ons almal se onbewuste teenwoordig is."

Wintersrust deur Joyce Kotzè: ’n resensie

François Verster Resensies 2017-10-13

"Dis sonder pretensies van literêre gloeiings. Dit probeer nie pedagogies inlig nie, maar dit getuig van goeie kennis van die betrokke historiese milieu en tydgees."

Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-10-12

"Onopgesmukte eerlikheid, die eenvoud en prag van die lewe, verganklikheid en humor maak van hierdie bundel ’n leeservaring soos min."

Dwarsklap deur Piet Matipa: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2017-10-12

"Sy verwondering oor en bewondering vir die taal slaan egter oral deur in sy kleurvolle en verbeeldingryke gebruik van woorde, die manier waarop hy vars beelde oproep, en sy geesdrif om in Afrikaans te skryf."

Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-10-11

"Du Plessis se skryfwerk wemel van eietydse vraagstukke en karakters. Die heengaan van ikone soos David Bowie en Leonard Cohen. Die politiek. Die pynlike apartheidsverlede. En daarby ingemeng kom outobiografiese motiewe."

Uittogboek deur Johan Myburg: ’n resensie

Helize van Vuuren Resensies 2017-10-11

"Dis nie moeilik om in die idee van die dooie taal Latyn, indertyd nog lewende spreektaal, ’n parallel met die gevreesde lot van Afrikaans te lees nie."

Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans: ’n lesersindruk

Johan Schoeman Lesersindrukke 2017-10-10

"Hierdie teks is ’n persoonlike ervaring van waarde in ’n realiteit wat alte dikwels ’n gebrek aan betekenis, samehang en allerhande vorme van moderne korrektheid voorhuigel. Dit beskryf ’n tyd voordat alles ’n kommoditeit geword het; ’n handelswaarde gekry het."

Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: ’n lesersindruk deur Alta Cloete

Alta Cloete Lesersindrukke 2017-10-04

"Die grootste waarde van hierdie roman lê in die oopskryf van die lyding en psigiese ineenstorting van ’n enkeling en die langdurige uitwerking daarvan op haar nasate. Dis ’n tragiese verhaal, ja, maar dis eintlik verfrissend dat ’n stoere Boervrou in haar menslike swakheid uitgebeeld word."

Die diepblou see deur François Loots: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2017-10-03

"Soos in sy vorige romans is magiese realisme weer aanwesig. Bewonderaars daarvan sal bly wees dat die onreële baie sterker as vantevore is."

Vermis deur Jeanette Stals: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2017-10-03

"Liefhebbers van die spanningsgenre én Huisgenoot-lesers kan naderstaan. Jeanette Stals se nuwe roman, Vermis, bevat die vereiste spanning en drama. Daarby wag ’n paar sappige geheime om blootgelê te word."

Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard: ’n resensie

Louis Esterhuizen Resensies 2017-10-03

"Hierdie roman is inderdaad ’n sierlike sprong van tegniese vernuf wat nog lank in my gemoed bly naklink – soos die musiek van opgestopte voëls in glaskaste wat op kassette vasgelê is."

Wen met jou lesersindruk vir LitNet!

LitNet Lesersindrukke 2017-09-29

Lees jy ’n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van ’n boek wat gedurende die laaste twee kalenderjare verskyn het, te skryf en te stuur.

Alles begin met Anna deur Annemari Coetser

Liné Loff Lesersindrukke 2017-09-28

"Alles begin met Anna is ’n familiesage met storielyne wat soos treinspore Suid-Afrika se oorlogsgeskiedenis deurkruis en uiteindelik by dieselfde eindbestemming aankom."

Swanesang deur Karel Schoeman: ’n FMR-resensie

JC de Villiers Resensies 2017-09-28

"In hierdie werk slaag die skrywer in ’n besondere mate daarin om die veelvuldige faktore wat die nedersetting aan die Kaap – op daardie stadium ’n uithoek van die wêreld – beïnvloed het, aan te dui." 

The Life of Worm & Other Misconceptions: a review

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2017-09-26

"Barris will make you laugh, weep and think. Read The life of Worm & other misconceptions for the pure delight of experiencing the short story at its versatile best: take a flying room, add a saurian, and see where they might take you."

On record deur Schalk van der Merwe: ’n resensie

Etienne Viviers Resensies 2017-09-26

"Schalk van der Merwe het ’n fassinerende boek oor populêre Afrikaanse musiek gepubliseer."

Die reis gaan inwaarts deur Cas Wepener: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Chris van der Merwe Resensies 2017-09-22

"Die reis gaan inwaarts en Slot van die dag hou met mekaar verband deurdat albei fokus op die temas van dood en doodsbegeleiding by Schoeman. Belangriker nog: albei tekste bevestig watter fenomeen Schoeman in die Afrikaanse letterkunde was en steeds sal bly: ’n meester van die woord, ’n diepsinnige denker, ’n komplekse en fassinerende mens."

Vet feetjies vlieg nie deur Kristel Loots: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2017-09-20

"Chicklit soos Vet feetjies vlieg nie is maar een van die subgenres wat deesdae gretig gelees word en in haar werk in hierdie kategorie sluit Loots weer eens aan by die neiging tot meer realistiese heldinne in romantiese fiksie."

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie

Adean van Dyk Resensies 2017-09-20

"Die stories het sye en kante wat om en om gedraai moet word en van alle kante af bekyk moet word om Venter se fyn nuanses met taal (soms verruklik mooi!) en tema- en karakterontwikkeling te waardeer."

Top