Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Regulating religion door Helena van Coller

Frank Judo Lesersindrukke 2020-09-17

"Kortom: als u belangstelling hebt voor religie, en denkt dat juridische boeken vervelend zijn, moet u dit boek ter hand nemen om van gedachten te veranderen. En als u houdt van recht, en meent dat religie als thema niet meer van deze tijd is, moet u hetzelfde doen."

LitNet Akademies-resensie-essay: Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché

Willie Burger Resensies 2020-09-10

"Maar om tyd met hierdie boek deur te bring is beslis lonend, nie omdat die roman troos nie, nie omdat dit lekker is om in ’n speurverhaal te ontsnap nie, maar omdat die speurverhaal aangewend word om die permafrost om jou hart soos ’n warm ploeg om te keer."

LitNet Akademies-resensie-essay: Tweegevreet deur Zirk van den Berg

Louis Esterhuizen Resensies 2020-09-09

"In die digkuns word daar vry algemeen na ’n geslaagde gedig of bundel verwys as ’n 'deurgekomponeerde' werk ... Sodanige beskrywing is net so van toepassing op Zirk van den Berg se Tweegevreet, want géén aspek van hierdie teks staan verwyderd van die sentrale vraag na betekenis (verklaring) en die 'ware' aard van die mens wat tegelyk brutaal én weerloos kan wees nie."

’n Ballade vir Nkunzi: gedonner, gedrink en gedempte hoop

Nadine Petrick Resensies 2020-09-03

"Hierdie klein silwer randjie klou regdeur die roman hardnekkig vas aan die donker wolk van ellende wat voortdurend dreig om die Welmans se lewe te verspoel. ... Dis bakens van gedempte lig wat help dat hy nooit ophou droom nie."

Middeleeuse filosofie deur Johann Beukes: ’n lesersindruk

Johannes Comestor Lesersindrukke 2020-09-01

"Gelukkig is daar nog uitgewerye wat hulle geloof in Afrikaans as akademiese taal behou het."

Reader impression: Prisoner 913 by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet

David Willers Books and writers 2020-08-27

"Loose talk, especially pillow talk, can be dangerous. In the arms of a lover, Nelson Mandela’s wife, Winnie, whispers that Nelson will be visiting Durban."

As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2020-08-19

"As jy van moord droom word sterk aanbeveel vir lesers wat nie net aksie soek nie, maar ook bereid is om op ’n emosionele vlak uitgedaag te word."

Resensie: Afspraak met moord – in die kake van die Krugersdorp-kultus deur Jana Marx

Carla van der Spuy Resensies 2020-08-19

"Mens besef met die lees van die boek hoe gevaarlik en bisar dinge kan raak as dit onder die dekmantel van godsdiens plaasvind."

Lesersindruk: Wolk deur Hannes Barnard

Anke Theron Lesersindrukke 2020-08-14

"Dié van ons wat maatjies gemaak het nog voor ons behoorlik uit ons doeke was, saam kleuterskool toe is en saam op skool was, sal hierdie boeke kan waardeer. Volwassenes kan ook gerus die boek lees."

Resensie: Move the border: A history of the greatest battles of the Angolan Border War 1966–1989 deur Marius Scheepers

André Wessels Resensies 2020-08-03

"Nieteenstaande die kritiek wat hier en daar hier bo uitgespreek is, lewer Marius Scheepers se Moving the border: A history of the greatest battles of the Angolan Border War 1966–1989 sonder enige twyfel ’n bydrae tot die beter verstaan van die sogenaamde Grensoorlog en is dit ’n belangrike toevoeging tot die Grensoorlog-historiografie."

Boekebesinning: Danie du Toit se intrekpoësie ná ’n boek oor die faalstaat

Frederik Rudolph van Dyk Lesersindrukke 2020-08-03

"Is daar fout daarmee om die tjokke-tjokke-tjok en warm straling van die tuimeldroër te gaan uitsoek? Het ons dit dalk lank nie gedoen nie, en onsself so bemoei met Groot Onderwerpe dat ons die nuanses van klein leef vergeet het?"

Lesersindruk: Worteltoon gaan jou vang deur Laantie le Roux

Berdéhan Brand Lesersindrukke 2020-08-03

"Die boek sal vir seker ’n aanwins wees vir skole. Dit bied ruimte vir interpretasie, selfondersoek, groeplees, gedeelde lees, voorspellings, menings wat beredeneer kan word, ’n visuele skatkis vir interpretasiedoeleindes, identifikasie, die verwantskap tussen oorsaak en gevolg, begripsontwikkeling en dan die belangrikste aspek  ̶  om ’n liefde vir lees te ontwikkel."

Reader impression: Has China won? by Kishore Mahbubani

David Willers Books and writers 2020-07-29

"Space doesn’t allow for a fuller discussion of the author’s conclusions, the main conclusion of which is that a major geopolitical contest between America and China is both inevitable and avoidable."

Tronkhond deur China Mouton: ’n resensie

Danie Botha Resensies 2020-07-27

"’n Groot verskeidenheid gebeurtenisse word gedramatiseer: misdaad binne ’n gevangenis soos moord, bendegeweld en ontsnappings; ook ontroerende voorvalle binne sy familie- en vriendekring. Waar nodig gebruik hy ruwe taaluitdrukkings, gevangenes se soort woorde en sekere uitdrukkings wat ek onthou uit my dienspligmaande van lank gelede."

Lesersindruk: Oorlewingsgids vir ’n prinses deur Federica Magrin

Anke Theron Lesersindrukke 2020-07-27

"Wat die boek besonders maak, is dat ons nie net die gewone, bekende prinsesse ontmoet nie, maar ook vir Thakane, Dulcinea, Kaguya-hime en Draupadi. Die verskeidendheid van prinsesse sorg vir ’n meer gebalanseerde blik op die prinseswese. Die leser kry ’n Afrika-, ’n Indiese en Asiatiese perspektief."

Lesersindruk: Iemand wat verdrink en ander verhale, saamgestel deur Fanie Viljoen

Anke Theron Lesersindrukke 2020-07-21

"Viljoen sorg vir ’n goeie balans en hierdie bundel het die potensiaal om goed benut te kan word in die klaskamer. Beslis een vir die boekrak." 

Boekbespreking: Hammie en feminisme

Zelda Mans Lesersindrukke 2020-07-21

"Hammie is ’n bewys dat die onderdrukking van die swart/bruin vrou nie net in die geskiedenis is nie, maar steeds vandag plaasvind."

Reader impression: The body: A guide for occupants by Bill Bryson

Barend van der Merwe Books and writers 2020-07-21

"This is a book that is really worth the read; I am even considering rereading it sometime, which is something that I very rarely do with books."

Treurtrips: De schoonheid van lelijk Nederland

Hendrik-Jan de Wit NeerlandiNet 2020-07-21

"Wat Mark van Wonderen vooral laat zien is dat sommige vermeende mooie plaatsen helemaal niet zo mooi zijn. Wat te denken van de Nederlandse kust – wat staat daar een lelijkheid!"

Spiraal in spiraal – Reise met Schoeman: In die voetspore van die skrywer, ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Johann Rossouw Seminare en essays 2020-07-20

"Die boek is nie net ’n treurwerk nie, nie net ’n reisverslag nie, nie net ’n opgaaf van ’n eerste poging om te verstaan wie Karel Schoeman was en waaroor sy werk ten diepste handel nie, maar die eerste tree, meen ek, in die rigting van wat moes kom, naamlik die werk van ’n persoon met die nodige gevoeligheid, afstand en verbintenis om die lewensreis van Karel Schoeman te boekstaaf."

Top