Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Help! My kind is anders deur Christien Neser: ’n resensie

Rina Gous Resensies 2020-10-20

"Ek wens die boek was tien jaar terug beskikbaar. Ek weet vir ons as ouers sou dit ’n anker in ’n baie stormagtige see gewees het."

Waar onthou begin deur Connie Luyt: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2020-10-19

"Die boek het my ure se leesgenot verskaf. Ek wou dit nie afjaag nie, resensie of te not. Ek hou van die gereelde verwysing na die veertjies wat sy langs die pad optel, en aan die einde van die boek waar sy noem van die houertjie waarin haar vereversameling is, besef jy die simboliek én uit hoeveel veertjies ons almal se ondervindinge saamgestel is."

 

Hoop, heling & harmonie – dink nuut oor siekte en genesing deur Malcolm de Roubaix: ’n resensie

Dawie van Velden Resensies 2020-10-19

"Om aan ’n pasiënt te sê: 'Jy makeer niks nie', los nie sy probleem op nie. Hy is dalk bang dat die spanningshoofpyn die gevolg is van ’n breingewas, want sy vader het ook hoofpyn gehad wat later gediagnoseer was as ’n kwaadaardige gewas. Hierdie mense benodig dus gerusstelling deur ’n bekwame huisarts wat vertroud is met die omstandighede van sy pasiënte."

LitNet Akademies-resensie-essay: Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen 

Estelle Kruger Seminare en essays 2020-10-15

"Al het dit gelyk na doodlooppaaie, was dit vir my inderwaarheid asof ek deur ’n labirint stap – soveel keer kom ’n mens by dieselfde plek uit, maar die pad kronkel steeds vanaf die begin na die einde, hede en verlede vleg deurmekaar en vorm ’n digverweefde netwerk van oorsaak en gevolg. Wat ’n stimulerende leesavontuur!"

De Achtste Zonnebloemen. De zoektocht naar van Goghs verdwenen schilderij door Pauline Vijverberg

Herman Meulemans NeerlandiNet 2020-10-15

"Dat het universeel thema van migratie zo spannend wordt beschreven, maakt de roman onvergetelijk."

Finding my way: Reflections on South African literature by Duncan Brown – a book review

Kris van der Bijl Books and writers 2020-10-14

"Brown’s text reminds one of the special and continuous role that literature plays when one seeks to relate to the world one exists in. The book highlights how literature is that which is continuously imagining, connecting, exposing, blurring and knowing."

Voëlvrou deur Marlize Hobbs: ’n resensiebrief

Nadine Petrick Resensies 2020-10-13

"Jy gooi jou pyn uit soos ’n toordokter sy dolosse. Jy verklap jou seerkry soos ’n pasiënt op haar shrink se couch. Jy spook by dié wat jou en ander magteloses te na kom."

Maggie: My lewe in die kamp deur Maggie Jooste: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2020-10-12

"En hoe dankbaar kan ons wees vir Maggie Jooste wat hierdie intieme kykie op haar swaarkry met ons deel. En nog dankbaarder dat dit bykans 60 jaar later in boekvorm uitgegee word."

Landbou Boerekos – die beste gebak deur Arina du Plessis: ’n resensie

Armand Aucamp Resensies 2020-10-12

"Kos is die een ding wat ons almal, oor grense heen, binne enkele sekondes in ’n oomblik kan plaas: ’n reuk, ’n smaak, ’n gevóél … nostalgie! En dit is presies wat Arina in haar boek so perfek regkry."

Merk deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2020-10-08

"Merk is hoogs toeganklike leesstof. Dis trouens een van die boeiendste ervarings wat jy in ’n lang tyd sal hê."

Slagoffer deur François Smuts: ’n resensie

Jean Meiring Resensies 2020-10-08

"’n Mens hoop dat die verhuisingsmanne volgende keer versigtiger sal dra en dat Smuts nóg sierpotte en erdewerke, keurborde en fyn glas het om aan te bied."

Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2020-10-06

"Die opstand van Poppie Nel is ’n belangrike werk, ’n seminale roman wat geskryf móés word."

Hans gee Herklaas horings deur Rudie van Rensburg

Maryke Roberts Resensies 2020-10-05

"Mag ek ook kan oudword soos Hans van Kraaienburg – sonder die safaripak en Crocs natuurlik – maar met dieselfde onblusbare lus vir die lewe; vir lekker uiteet, ’n whisky drink en nie gaan lê nie, selfs nie eers as almal om jou kla en kerm nie."

Somtotaal deur Anchien Troskie – die somtotaal van ’n lewe uitgebeeld

Elbie Adendorff Resensies 2020-10-05

"Uiteindelik is Somtotaal die verhaal oor liefde: liefde tussen vriendinne, vakansieliefde, liefde tussen man en vrou, liefde tussen ’n ma en haar kinders, liefde vir jou instaan-ma wanneer jou ma sterf, liefde oor die kleurgrens."

Middeleeuse filosofie deur Johann Beukes: ’n resensie

Kobus Krüger Resensies 2020-10-02

"Hierdie land dryf ’n krisis binne waarin die toekoms van die Westers-gewortelde kulturele tradisie, en van Afrikaans as ’n draer daarvan, nie vanselfsprekend is nie. In hierdie situasie is Johann Beukes se Middeleeuse filosofie van die grootste relevansie, verlede-waarderend en -bevestigend, en so toekomsskeppend."  

Prisoner 913: The release of Nelson Mandela by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet

Bill Nasson Books and writers 2020-10-01

"A detailed and intricately plotted reconstruction of the actions surrounding the eventual release of Nelson Mandela from prison, Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet’s Prisoner 913 has some of the attributes of a good political or contemporary historical thriller – atmosphere, suspense, intrigue, surprise and double-dealing."

As die Cape Flats kon praat: Gewone mense in ’n uitstekende debuutbundel

Izak de Vries Resensies 2020-09-30

"Dalk kry Fredericks dit reg om ánder stories rugbaar te maak, die kleiner narratief teenoor die meesternarratief."

Donker web deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2020-09-24

"Die kuberruim met al sy wonders en gevare was die laaste paar maande gereeld in die kollig met COVID-19 en die grendeltydperk. Almal moes leer hoe om deur die internet vergaderings te hou, met geliefdes te kommunikeer en kinders wat tuis moes probeer leer. Hier is dus iets vir lesers van enige ouderdom."

Plek van poue as Gotiese roman

Gerda Taljaard-Gilson Resensies 2020-09-23

Die Gotiese roman is nie net veronderstel om “genotvolle verskrikking” te bied aan lesers met ’n morbiede fassinasie met die dood en die makabere nie, maar die Gotiek spreek ook dikwels op indirekte wyse sosiale euwels aan.

Ons erfenis: Internasionale boekklub soek naam

LitNet Skole 2020-09-21

Lesers wat belangstel in letterkunde wat die grense oorspoel, of wat graag deur die blaaie van boeke wil reis, word genooi om te deel ’n boekklub wat geskep word om jonger lesers in Suid-Afrika bekend te stel aan Nederlandstalige boeke. Ons soek ook ’n naam vir dié klub.

Top