Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Dik Dun Thick Thin deur Nataniël: ’n resensie
2021-01-13"In ’n tyd van inperking en sosiale-afstand-houding en handreiniger is hierdie jou kans om ’n bietjie teater in jou eie gemakstoel te geniet."
’n Geheelbeeld op die oeuvrebydrae van die digter Johann Lodewyk Marais ten opsigte van natuurpoësie en ekokritiese poësie
2021-01-12"Marais vervul ’n integrale rol in die Afrikaanse literatuur met sy intelligente en emosionele kommentaar op die omgewing en die gebruik daarvan."
Papierblomme deur Helena Hugo: ’n lesersindruk
2021-01-12"Dit is ’n boek vol swaarkry en ontnugtering, wat die storie ’n sekere oortuigingskrag gee."
Bethel se berg deur Maretha Maartens, ’n resensie
2021-01-08"Dis die onstuimige tagtigerjare. Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma reis deur die land in ’n Kombi. Hulle leef ’n nomadiese bestaan en bly net vir ’n kort ruk in een dorp voor hulle na ’n volgende beweeg. Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek. Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is."
Fanie Olivier resenseer Die meeste sterre is lankal dood deur Johann de Lange
2021-01-08"In die gedigte wat in hierdie bundel opgeneem is, wys Johann de Lange weer watter voortreflike versmaker hy is. Hy demonstreer hoe hy binne ’n baie ou tradisie skryf, maar dit terselfdertyd kan manipuleer, daarmee speel en dit vernuwe."
Anton Goosen – Liedjieboer deur Hanlie Retief: ’n lesersindruk
2021-01-07"Wees gewaarsku: Dit is ’n boek wat jy waarskynlik met moeite gaan neersit. Dit is asof jy vir Goosen self hoor soos wat jy deur die blaaie vaar."
Ons was daar: Sektor 20 & 70 deur Johan van Wyngaard: ’n resensie
2020-12-22"Hoewel die boek nie akademies-wetenskaplik nagevors is of aangebied word nie, sal die ernstige navorser wel inligting in die boek kan uitsnuffel wat nêrens anders te vinde is nie. Die persoonlike herinneringe van talle rolspelers wat in die boek opgeteken is, is op sigself ook waardevol."
My stryd met ADHD deur Hykie Berg: ’n boekresensie
2020-12-21"Nadat ek My stryd met ADHD gelees het, kan ek begryp dat dit inderdaad ’n onsigbare oorlog is. Dit is ook weer eens onderstreep dat pille nie altyd die enigste of beste uitweg is nie."
A book of friends: In honour of JM Coetzee on his 80th birthday, edited by Dorothy Driver: reader impression
2020-12-21"What will stay with me for a long time after reading this multilayered collection is the deep sense of curiosity which runs through A book of friends – it is an expression of care which the authors and artists share with the man they pay tribute to."
The Afrikaners: a concise history by Hermann Giliomee: a book review
2020-12-18"Now running to just over 200 pages, and wearing his immense learning much more lightly, the author’s new Concise history is more of a tapas-trek through the topic than his original pièce de résistance."
LitNet Akademies-resensie-essay: Baster deur Jan Vermeulen
2020-12-17"Deur lesers aan betrokke (“engagement”-)literatuur bloot te stel, kan ook hulle etiese standpunt in die ontginning van die probleme van menswees ontwikkel word, soos in Baster die geval is."
Voetstoots deur Annelie Botes: ’n resensie
2020-12-17"Botes laat haar nie stilmaak nie. Sy gesels al skrywend met haar leser oor letterlik alles en nog wat. Sy trek te velde, lewer sosiale kommentaar, dra vaandels en lê eiertjies by dosyne."
The lie of 1652 deur Patric Mellet: om die verlede te herverbeel
2020-12-10"Dit is ’n boek wat nie bloot óór onderdrukte groepe handel nie, maar vír hulle geskryf is. Dit is ’n strydskrif vir ’n simboliese oorlog, ’n roetekaart na ’n Suid-Afrika wat nie deur ’1652’ en alles wat dit simboliseer, gedefinieer sal word nie."
Bruidzilla deur Marion Erskine: ’n resensie
2020-12-10"Tillie en Milanka is die perfekte teenmiddel vir ’n goor ou jaar. Vat hierdie stukkie sonskyn saam see toe."
LitNet Akademies-resensie-essay: Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck
2020-12-10"Daar het selde so ’n driedimensionele, volronde karakter en vetsugtige protagonis in Afrikaanse fiksie verskyn as Wille Willemien, die spil waarom die narratief draai."
Weerlose meganika deur Anton Roodt: ’n resensie
2020-12-10"Met die uitdagings van 2020 se rekenaarskermvergaderings en met sosiale afstand holrug gery, lees Weerlose meganika besonder lekker in die tyd waarin ’n mens kan identifiseer met die robotiese interaksie en met goedkeuring aanvaar dat Piet eerder die perfekte meganiese liefde bo die ooglopende ware liefde met foute onder sy neus verkies."
Searching for Simphiwe by Sifiso Mzobe: a book review
2020-12-09"Mzobe is a consummate storyteller, and it is easy to lose oneself in the tales he shares so compellingly. My hope is that we won’t have to wait another decade for his next book to hit our bookshelves and hearts."
Die stoute Corona / The naughty Corona: ’n resensie
2020-12-08"Hierdie mooi, insiggewende teks is deur ’n mediese dokter vir sy kleinkinders geskryf. Die idee was aanvanklik om seker te maak dat hulle nie onnodig vir hulle eie veiligheid hoef te vrees nie."
Bethel se berg deur Maretha Maartens, ’n resensie
2020-12-08"Vir jong lesers wat in die 1980's nie eers ’n vonkel in hul ouers se oë was nie, verskaf dit ’n blik op ’n tyd in Suid-Afrika se geskiedenis toe dinge ’n heel ander sosiale dinamika gehad het, soos die engheid in ʼn plattelandse dorp; en dan is Bethel se ma boonop die predikant se dogter."
Branderjaer deur Joha van Dyk: ’n lesersindruk
2020-12-08"Ek beveel hierdie boek aan. Nie net vir die jeug nie, maar ook vir ’n breër groep lesers."
