More about opera deur Hans van Heerden: ’n lesersindruk

  • 1

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

Die bariton Hans van Heerden het onlangs ’n baie welkome boek oor opera die lig laat sien. Hy was jare lank ’n bekende op die Suid-Afrikaanse en internasionale operatoneel.

Van Heerden is in 1935 in Pretoria gebore. Op grond van sy sangtalent verwerf hy die Mimi Coertse-beurs om in Wenen sang te studeer. Daar maak hy vinnig opgang en tree in verskeie operahuise op, oa in Ulm, Bonn, Wiesbaden, Keulen, Mannheim, Karlsruhe en nog veel meer. Hy het saam met beroemde sangers soos Mario del Monaco, Rudolf Schock, Renato Cioni, Johan Botha, René Kollo, Kim Borg, Ileana Corubas, Edda Moser, Anneliese Rothenberger, Marina Arroyo, Agnes Baltsa en Helga Dernesch opgetree.

.......

Hy het onteenseglik ’n grondige kennis van opera, maar soos hy in die voorwoord verduidelik, is die idee van die boek om opera by die breë publiek bekend te stel. Dit is ook nuttig vir persone wat af en toe ’n opera-opvoering bywoon.

........

In sy loopbaan het hy in 110 operarolle opgetree. Die rol van Scarpia in Tosca het hy 134 keer gesing en dié van Rigoletto 116 keer. Hy was agt jaar lank ‘n voltydse sanger van Kruik (Kaaplandse Raad vir Uitvoerende Kunste, die voorganger van Kunstekaap) en daarna administratiewe en artistieke direkteur van opera by Sukovs (destydse Streeksraad vir die Uitvoerende Kunste van die Oranje-Vrystaat) in Bloemfontein. Later word hy aangestel as hoof van die Operaskool van die Tegniese Universiteit van Tshwane.

Hy het onteenseglik ’n grondige kennis van opera, maar soos hy in die voorwoord verduidelik, is die idee van die boek om opera by die breë publiek bekend te stel. Dit is ook nuttig vir persone wat af en toe ’n opera-opvoering bywoon.

Foto van die boekomslag: verskaf; foto van die klavier: Pixabay

In die inleidende deel word verduidelik dat opera ’n kombinasie van sang, drama en kostuums is ten einde ’n teaterstuk daar te stel. Die oorsprong en ontwikkeling van opera en die verskillende tipes opera word uiteengesit. Heel interessante inligting word gegee oor alles en almal wat in ’n opera-opvoering ’n rol speel: die sangers, die verskillende tipes orkeste, die verhoogpersoneel, ens. Daar is ook interessante inligting oor operamusiek wat in rolprente gebruik word.

Die boek gee kort lewensketse met foto’s van 83 operakomponiste in alfabetiese volgorde. Die vader van opera was die Italianer Jacopo Peri, wat in 1600 die eerste opera geskryf het. Direk na elke komponis volg enkelbladsybeskrywings van party van die werke van die komponis. Daar is kort beskrywings van 180 operas. Interessante inligting word oor elke werk gegee, insluitende die “storie” van elke opera. Die meeste bekende operas is daar, asook ’n paar onbekendes.

Die publikasie van die boek is tydig en noodsaaklik vir elkeen wat van tyd tot tyd operas bywoon of aanlyn kyk. Die boek is aantreklik versorg en sal ook aanklank vind by mense wat nie normaalweg operas bywoon nie.

Die boek kos R350 en kan direk van die skrywer by [email protected] bestel word.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top