Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Om ná verlies wéér te kies: ’n resensie van Madelie Human se Ter wille van
2026-03-10"Geloof en godsdiens word gebruik as deel van die karakters se soeke na sin. Dit is iets wat LUCA konsekwent regkry: geloof wat geïntegreer word sonder om voorskriftelik te raak. Dit bly deel van menswees, nie ’n oplossing of die antwoord op alles nie."
Zubayr Charles se Haram is ’n waarskuwing aan almal, gelowig of nie: ’n lesersindruk
2026-03-09"Hierdie roman rig ’n baie onderduimse waarskuwing: As jy dink die storie raak glad nie jóú lewe of jóú regte nie, verstaan jy duidelik nie die einde nie."
Januarie 2026 se Romanzas, ’n lesersindruk
2026-03-04"Ek het heerlik gelees aan die Januarie se Romanza-titels en ek deel graag so ’n klein ietsie saam met die sinopsis van elke boek. Mens moet tog so versigtig wees dat mens nie te veel weggee nie."
Boekevat met Deborah: Einde en begin deur Michèle Meyer
2026-03-04"Dis ’n betowerende reis waarvan die leser nie sy of haar oë kan wegskeur nie: ’n kind se verlies aan onskuld en groei tot wasdom ..."
Haram deur Zubayr Charles: ’n resensie
2026-02-26"Haram is ’n belangrike roman wat ’n waardevolle bydrae tot queerliteratuur in die Suid-Afrikaanse konteks lewer."
Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes de Villiers: ’n lesersindruk
2026-02-26"Hierdie roman is ’n ernstige en introspektiewe pelgrimstog, met ’n weemoedige gevoel."
Die grafdigter deur Gerda Taljaard: ’n resensie
2026-02-26"Die grafdigter is ’n vaardig gestruktureerde roman met relevante temas, maar die verhouding tussen die storiewêreld en die insigte wat die roman bied, is ongemaklik."
Treading water by Kay Brown: A reader’s impression
2026-02-25"I found the emotional tension engrossing and the ending very satisfying."
’n Resensie van Huisgenoot: Het jy geweet?
2026-02-23"Dit is ’n boek om deur te blaai en te lees wat jou oog vang, of waarin jy belangstel. Die lekkerte lê, soos met baie kleurvolle publikasies soos hierdie een, onder andere in die lukraak feite wat raakgelees word."
En toe kom jy deur Nerine le Roux: ’n resensie
2026-02-23"Ek waardeer die feit dat hierdie ’n skoon storie is. Ja, daar is heerlike fisieke aangetrokkenheid tussen Samantha en Zak, maar dis nie ’n blatante gegryp, gevroetel, gevat en gevry nie."
Kleurvol deur Erika Barnes: ’n lesersindruk
2026-02-23"Ek hou daarvan dat Erika Barnes in vrye vers skryf. Ek hou daarvan dat sy nie onverstaanbare simboliek gebruik sodat ’n mens moet wonder wat sy wil sê nie."
Dubbelspel vir haar hart deur Tosca de Villiers: ’n resensie
2026-02-19"Dubbelspel vir haar hart is ’n heerlike verhaal. As jy hou van ’n boek met ’n stadiger pas, maar wat jou tog verras met oomblikke waar jy jou oë ’n paar maal vinnig moet knip, dan sal jy hierdie Romanza geniet."
Die skaaktowenaar van Grootbos deur oom LJ: ’n lesersindruk
2026-02-17"In hierdie boek leer ons nie net skaak speel nie, maar sommer ook ’n paar lewenslesse. Een van die lewenslesse: eerlikheid."
Rietspruit deur Johann Lodewyk Marais: ’n resensie
2026-02-17"Die Rietspruit tree as’t ware op as ’n karakter in eie reg met sy eie geografiese, selfs emosionele en simboliese onderstrominge – riete buig, maar breek nie, en spruite borrel op as nuwe begin."
Wisdom takes work by Ryan Holiday: a reader impression
2026-02-17"Holiday has collected and collated significant, sometimes surprising, and always powerful glimmers of wisdom, reminding his readers that it is our duty to view ourselves as indefatigable readers and archivists of personal wisdom."
Een keer om die son deur François Bloemhof: ’n resensie
2026-02-17"Daar was oomblikke waar ek gevoel het asof ek nie lees nie, maar luister – asof iemand vir my hul storie vertel."
God gevind deur Frits Gaum: ’n lesersindruk
2026-02-10"Vir my is een van Gaum se aantreklikste eienskappe sy vermoë om te twyfel; gevolglik word dit ook ’n bate van die boek."
Die tyd van Verwoerd deur Louis Bothma: ’n lesersindruk
2026-02-10"Daar word egter eintlik maar min oor Verwoerd self in die boek geskryf, en waar daar wel detail opgeneem is, word die besonderhede uiters opsommend weergegee."
Samevatting van ’n Paastrilogie deur Jopie Coetzee as lesersindruk
2026-02-10"Hierdie drie werke, alhoewel fiktief, is geanker in die Skrif en binne die grense van alles wat heilig en dierbaar vir gelowiges is."
Seen elsewhere: We two from heaven by James Whyle – a reader’s impression
2026-02-04"What you can and should read him for are the myriad ways in which he reminds us of our responsibility and duty to question what we think we know."
