Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Wond deur Gerhard M Pietersen: ’n lesersindruk

Carla van der Spuy Lesersindrukke 2025-12-22

"Hy slaag goed daarin om die leser te laat besef presies hoe wyd trauma uitkring. Selfs die hondjie wat tydens die aanval onder sy skoonouers se bed gelê het, was getraumatiseer en kon daarna nie blaf nie."

Lesersindruk: Automaton(tik): in remembrance of the patients of the Fort England Psychiatric Hospital deur Rory du Plessis

Kruger Uys Lesersindrukke 2025-12-18

"Du Plessis boots nie die argief na nie; hy skep eerder ’n poëtiese ruimte waarin die onbekende innerlike wêreld – drome, geheime vreugdes, herinneringe – kan opklink."

Skrikbeeld staar uit die toekomsspieël: ’n lesersindruk van Water deur Hein Griesel

Mimie de Vries Lesersindrukke 2025-12-18

"Water, wat grootliks in ’n 'nabye' toekoms” afspeel, lewer skerp sosiale kommentaar op lesers se huidige wêreld waar brutale sosiopolitieke skendings toeneem wat kan lei tot ’n woesteny waar die mees basiese lewensmiddele, soos kos en water, onbekombaar gaan wees."

Eleksie op Erdvark deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-12-18

"Glip een in elke Kerskous wat jy vanjaar moet vul. Dis lekker lag, na binne kyk en klein dorpie op sy beste."

Bundel wat huiwer tussen drama en poësie: ’n resensie van Klara du Plessis se Ek’t act

Hein Viljoen Resensies 2025-12-17

"Die bundel kan beskou word as ’n kruising tussen ’n digbundel en ’n drama, en dui Du Plessis se voorliefde vir interdissiplinêre werk aan."

Die drie weduwees deur Irma Venter: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-12-15

"Irma is bekend vir haar vermoë om spanning met ’n karaktergedrewe storielyn te balanseer, en in hierdie roman bereik dit ’n nuwe hoogtepunt."

My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver: ’n resensie

Ilse Salzwedel Resensies 2025-12-15

Marita van der Vyver se boek is veel meer as ’n reisboek – dis ’n besinning oor die lewe en oor hoe ons leef, skryf Ilse Salzwedel.

All the saints deur Wesley Roodt: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-12-09

"Daar is baie Izzy-karakters in ons skole. Nou nog. Hulle het ons hulp nodig. Wesley Roodt het gekies om ’n fiktiewe karakter te skep wat uitpraat. Ek salueer Izzy dus as ’n fluitjieblaser!"

Die stadsmeisie en die plaasjapie deur Beatrix de Villiers: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-12-09

"Daar is nie enige dramas, geskiedenis en verlore liefdes of kanse wat gebruik word om hulle huidige optredes en sienswyses mee te motiveer nie. Dis net ’n ongekompliseerde storie tussen twee mense wat mekaar opnuut leer ken en waardeer."

The wealth ladder deur Nick Maggiulli: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-12-09

"Ek beveel The wealth ladder aan as ’n nugtere beskouing oor rykdom wat elke persoon behoort te lees. Dit is leersaam en interessant en laat ’n mens na rykdom kyk op ’n holistiese, inklusiewe wyse. Daar is veralgemenings, maar die doel heilig die middele."

Dark academia: how universities die deur Peter Fleming – hoe universiteite korporasies word en die gevolge daarvan: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Frederik de Jager Resensies 2025-12-09

"Universiteite word soos korporasies bestuur en dit is nie nuus nie. Dit kom al meer as 30 jaar lank aan. Die persoonlike gevolge vir akademici en studente is minder in die oog, miskien omdat dit oor so ’n lang tyd aankruip. Eweneens die afstand tussen vandag se verbruikersmodus van kennis en die nou grootliks agtergelate idee dat universiteite daar is om die onthalwe van kennis op sigself."

Duifblou deur Mariane le Roux: ’n lesersindruk

Linda Roothman Lesersindrukke 2025-12-02

"Ek beveel Duifblou aan as ’n nuttige gids in die helingsproses van tieners wie se lewens deur trauma ontwrig is."

Klankbaan deur Stefan Schutte: ’n lesersindruk

Etienne Lombard Lesersindrukke 2025-12-02

"Die verhaal speel af oor een aand in ’n kroeg. Dit is ’n bekende ruimte, amper argetipies, waar mense hul maskers laat sak, waar toevallige ontmoetings dikwels meer onthullend is as beplande gesprekke."

Napraat, systap of emuleer? Boeiende hulde aan Wilma Stockenström: ’n resensie van Nogmaals vir die bysiende leser

Hein Viljoen Resensies 2025-11-28

"Dit het uiteindelik ’n baie mooi boek geword, vanaf die treffende ontwerp van Christiaan Diederichs (sy laaste ontwerp) op die voorblad tot by die slotgedig deur Ilse van Staden en die teks op die agterblad."

Frederik van Zyl Slabbert: Soekende profeet by Albert Grundlingh: a review

Bill Nasson Books and writers 2025-11-27

"In tackling the hopscotch existence of a complicated man who has generated competing and conflicting opinions, Albert Grundlingh has produced a meticulously researched, highly readable and very well-rounded portrayal of Frederik van Zyl Slabbert."

Amma deur Charmaine Africa: ’n resensie

Leona Conradie Resensies 2025-11-25

"Charmaine Africa doen baanbrekerswerk met hierdie memoir, wat glad nie moeilik lees nie en jou soos ’n doodgewone roman meevoer. Hierdie memoir het goeie karakterontwikkeling, die wêreld se spanning, ruimtebeskrywings wat goed inspeel op die spanning en ontwikkeling, maar die meeste van alles, ’n baie sterk storielyn wat spreek van diep letsels as gevolg van apartheid en familieverhoudinge."

Hinterland deur Piet van Rooyen: ’n lesersindruk

Emma Kirchner Lesersindrukke 2025-11-23

"Het die mens ontwikkel of gedegenereer uit die oerinwoners van Afrika, verwysende onder andere na die opgrawings in Sterkstroom waar die skedel van me Ples gevind is? Worstel die mens uiteindelik steeds met die gorilla in homself?"

Die lysie-man deur Salma Swanepoel: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-11-20

"Die milieu word baie goed beskryf – van die bibbernagte, die helder sterreprag en kampe waarin skaap aangehou word. Dit het vir my gevoel ek was daar op die plaas en het saam weggelê aan skaaptjoppies en Jan Ellis-poeding."

Deep fakes deur Nina Schick: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-11-19

"Die boek verduidelik wat 'deep fakes' kon doen in die hande van ’n klein groepie spioene wat geweldig baie geld van hul base gekry het. Vandag is daardie tegnologie op jou buurman, en elke tweede kroek, se selfoon."

Cliff-hanger: Knal deur Bettina Wyngaard

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-11-19

"Bettina Wyngaard herinner my met hierdie boek dat misdaadfiksie nie net oor bloed en spanning gaan nie – dit gaan oor mense. Oor die lyding wat soms in stilte gebeur. En dat hoop nie altyd lyk soos goud nie, maar eerder soos mense wat bereid is om alledaagse mense teen die ergste van ons samelewing te beskerm."

Top