Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Mad Monkey and the wildfire by Bookey Peek: a reader’s impression

Sumaya Adams Books and writers 2026-06-30

"The story is filled with exciting moments, but it also takes time to explore the emotional impact of losing a home and being forced into unfamiliar surroundings."

Brief op veertigduisend voet: Tom Dreyer se brose, dinamiese rariteitekabinet. ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Hein Viljoen Resensies 2026-06-26

"Die wye horisonne waarteen die gedigte geplaas word, die verskeidenheid verwysingsrame waarmee die bundel werk – van die oertyd tot in die toekoms, en op baie plekke in die wêreld – skep groot verwysingsmoeilikhede vir die leser, maar gee die gedigte ’n besondere diepte en rykdom."

Seuns weet deur Frederick Botha: ’n lesersindruk

Ronnie van Jaarsveld Lesersindrukke 2026-06-23

"Botha se grootste prestasie is dalk dat hy sy karakters met deernis benader. Selfs wanneer hulle buitestanders is, word hulle nooit bloot tot slagoffers of simbole gereduseer nie, maar bly hulle volledig mens."

Clunky bottom cats by Fanie Viljoen: a reader’s impression

Sumaya Adams Books and writers 2026-06-23

"The cast of quirky feline characters kept me entertained, and the cat-themed humour added plenty of fun without taking away from the emotional moments."

Vreemde dinge kan op ’n Dinsdag gebeur deur Jaco Jacobs: ’n kinderboekresensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2026-06-23

"Jaco Jacobs is een van ons beste boek- en leesambassadeurs. Hy skep boeke wat kinders sal geniet en by hulle ’n liefde vir lees en boeke sal kweek. Met blootstelling aan lekkerleesboeke, en goed toegeruste biblioteke, is dit dalk moontlik dat vreemde dinge nie net op Dinsdae gebeur nie."

Onder ’n bloedrooi hemel en Die oorkant deur Annemarié van Niekerk: Wanneer feite en stories ineenstrengel en kruisbestuif

Anschen Conradie Lesersindrukke 2026-06-17

"Die sentrale tema in beide is ’n herbesoek aan ’n omgewing wat uit die verlede dateer, gewapen met die kennis en terugbeskouings van die hede."

Kaaps. Woriboek – Woordeboek – Dictionary onder leiding van Quentin Williams: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2026-06-16

"Afrikaans en Kaaps is bekend daarvoor dat die twee tale histories ’n komplekse en ongemaklike verhouding het, en dit lyk nie asof dit spoedig gaan verander nie. Hierdie bespreking poog maar net om die problematiek uiteen te sit sonder om ’n spesifieke posisie te verdedig."

The boy and the whale shark by Cayla Lewis: a review

Etrecia van der Merwe Books and writers 2026-06-15

"In a world where we are regularly faced with body shaming and bullying due to appearance, this book allows us to talk to children openly about these important themes and how to deal with them."

Basjan se flessie vir depressie deur Joe Kleinhans: ’n lesersindruk

Carla van der Spuy Lesersindrukke 2026-06-11

"Geheime, skuldgevoelens en goeie bedoelings wat skeefloop, word alles hier ingespan. En as dinge te erg begin raak, gryp Basjan maar na sy vertroude flessie vir depressie."

Resensie van Mei en alles daarna deur Zelda Bezuidenhout

Analize Viljoen Resensies 2026-06-08

"’n Paar dae nadat jy die boek klaar gelees het, voel jy lus om vir ’n Juna ’n teksboodskap te stuur en te vra wanneer gaan julle weer saam koffie drink."

Enigma deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2026-06-08

"Van Rensburg het homself bewys as meester van intrige sowel as humor. Sy romans, ja selfs die misdaadfiksie, is nie ontdaan van deernis nie. Sy vertelstyl is gemaklik en die storie neem sy loop. Die karakters oortuig en die dialoog val reg op die oor."

Van Oekraïne tot Iran deur Evert Buurman: Reis is meer as net ontdekking en verkenning

Maryke Roberts Resensies 2026-06-03

"Dis ’n heerlike leunstoelervaring en kan in klein dosisse op ’n slag geniet word; of as jou reisvoete jeuk, alles na mekaar."

Die reus uit die bos deur Piet van Rooyen: ’n lesersindruk

André du Pisani Lesersindrukke 2026-06-02

"Die reus uit die bos het my half ironies herinner aan twee betekenisvolle Suid-Afrikaanse skrywers se werk wat deur enkele kritici as 'rassisties' bestempel is: die profetiese epos Raka van NP Van Wyk Louw wat in 1941 verskyn het, en meer onlangs, John Maxwell Coetzee se Waiting for the barbarians."

Waterman deur Herman Wasserman: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2026-06-01

"Waterman is ’n prikkelende debuut wat bewys dat joernalistieke helderheid en poëtiese diepgang mekaar nie uitsluit nie, maar inderdaad aanvul." 

Kaiings van wysheid deur Daniël J Louw: ’n resensie

Jannes Erasmus Resensies 2026-05-28

"Hebreeuse woordontledings, Bybelse narratief, Suid-Afrikaanse plaasstories en verwysings na kontemporêre politiek staan saam op dieselfde bladsy. Maar juis die weiering om teologie in ’n gesteriliseerde akademiese ruimte te hou, is wat Kaiings van wysheid sy tande gee."

Lesersindruk: Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen

Etrecia van der Merwe Lesersindrukke 2026-05-26

"Die seun met die swaeltjie is ’n verhaal van te vroeg grootword omdat die lewe nie tyd het vir jou om te wag tot jy agtien is nie."

Can an Old Covenant produce a New South Africa? A review of Justice, grief and Christ’s pathways to wholeness edited by James Goddard

Siya Khumalo Books and writers 2026-05-26

"South Africa’s challenge is no longer simply moral reconciliation, but coordinated survival. The capacities produced by Afrikaner covenantal thinking – planning, infrastructure, institutional memory, long-horizon cooperation – cannot simply be discarded because the metaphysics that once organised them has shifted."

We inherit the fire deur Kagiso Lesego Molope: ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2026-05-20

"We inherit the fire is ’n boek oor die kameraadskap van vroue, draers van die geskiedenis. In die tronk is Dolly, nog maar ’n kind, onder die vlerk geneem deur ouer vroue wat haar bemoeder het. Self weet sy nie hoe om te bemoeder nie."

Morena en Rorisang-leesreeks deur Refiloe Moahloli: ’n resensie

Magdel Vorster Resensies 2026-05-20

"Jong lesers sal hulle maklik met Refiloe Moahloli se prettige, eietydse stories en die situasies waarin haar karakters beland, kan identifiseer."

Spienekelientjies, saamgestel deur Antjie Krog: ’n resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2026-05-20

"Vir diegene wat ’n hupstootjie nodig het met die voorlees van hierdie bundel, is daar ’n QR-kode by die voorwoord ingesluit wat lesers sal neem na ’n indeks van 32 ryme, lieflik voorgelees deur Krog."

Top