Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Seun en Die binneland in deur Dana Snyman, ’n resensie
2024-11-20"Hy dwing ons om anders na die lewe te kyk, veral in ’n postapartheidera waar duisende wittes terug na die 'goeie ou dae' verlang."
Sing, Mamma, sing deur Theresa Papenfus: ’n FMR-resensie
2024-11-19"'Sing, Mamma, sing!' En sy mamma sing, aanhoudend, desperaat, soms onsamehangend en biddend, tot sy uiteindelik haar flou gehuilde kind weer kan aantrek en in haar arms toevou vir troos."
Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n resensie
2024-11-18"Met alles hier bo in ag genome, raak Bezuidenhout se lekker onderhoudende storie, steeds nooit ’n aktivistiese tirade nie."
Belle, met die hart vol blomme deur René van Zyl: ’n resensie van ’n waardige Romanza-wenner
2024-11-15"Ek het gou vergeet dat ek besig is om ’n storieboek wat binne ’n resepmatige raamwerk geskryf is en ’n voorspelbare einde móét hê, te lees. Dié lekkerleesverhaal speel af in Potchefstroom en is propvol heerlike draaie en kinkels."
Gebooie deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2024-11-13"Lees ek die boek vinnig klaar om uit te vind hoe hulle die man gaan vastrek? Of lees ek stadig om die plesier uit te rek?"
Word ryk, bly ryk deur PJ en Geo Botha, ’n resensie
2024-11-12"Hulle kombineer hulle ondersoek na suksesvolle mense met hulle eie insigte as adviseurs om die verskillende fases van die welvaartsiklus te bestudeer."
Witness to power deur Mathews Phosa: ’n resensie
2024-11-12"Hier het ons die geleentheid om ’n kykie in die binnewerke van die man agter die naam te kry, in sy eie woorde en uit sy eie perspektief. Maar terselfdertyd trek hy ook op besonderse wyse die gordyn weg sodat ons kan sien hoe die organisasie waaraan hy sy lewe gewy het, werk."
Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n lesersindruk
2024-11-12"Quinn en haar maats vlek ’n sleg ding oop, maar sal die onnies hulle steun? Dalk sal die bloedjong, vroulike Engelsonderwyser nog help, maar sal die skoolhoof hom steur aan hulle? Gaan hy die stinkryk pa’s van die stinkryk seuns ter wille wees?"
Die gestaltes wat in ons aanwesig is deur Frik de Beer: ’n resensie
2024-11-11"Omdat my eie boek, Onder ’n bloedrooi hemel, ook onder andere oor so ’n reis gaan; omdat ek ongeveer dieselfde generasie as De Beer is, ons albei binne konserwatiewe Afrikanergesinne grootgeword het, ons albei jare lank in die akademie gewerk het en ons bevraagtekening van die 'gestaltes wat in ons aanwesig is' konflik met ons pa’s veroorsaak het, het sy boek my geïnteresseer."
Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid: ’n lesersindruk van Sakkie Spangenberg se epistomologie, hermeneutiek en Christologie
2024-11-07"Die oëverblindery wat gepleeg word, is om die enorme komplekse proses waardeur die evangelies uiteindelik saamgestel is eenvoudig te laat lyk. Spangenberg noem nie die derduisende kopieë van kopieë wat deur tallose kopieerders met die hand oorgeskryf is nie en hy skep byna die indruk dat ’n groepie mense uit die staanspoor om ’n tafel gesit en saamgekonkel het."
Die onsigbare deur PJO Jonker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2024-11-06"'Uit Afrika altyd iets nuuts' – so lui ’n ou Romeinse gesegde. Dit sou ’n mens ook van die Afrikaanse letterkunde kon sê. In ’n literêre landskap oorgroei met misdaadromans het daar so pas ’n debuutroman verskyn wat nuut en anders is: Die onsigbare van PJO Jonker. Vir my ’n verademing."
Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais: ’n lesersindruk
2024-11-05"Die vrae waarmee die bundel my gekonfronteer het, was onder andere of die aard van ons werklikheid daagliks deur geskiedenis en herinnering gedikteer word."
The spirit of leadership by Reuel J Khoza, a review
2024-11-05"This is a deeply religious book, but it is so much more than that. Khoza reflects on a wide range of topics, such as the Atlantic slave trade, missionaries in Africa, the 1976 Soweto riots, Steve Biko and the Black Consciousness Movement, the South African transition to democracy, and leaders such as King Moshoeshoe, Thabo Mbeki and Nelson Mandela."
The South African keto and intermittent fasting cookbook, ’n resensie
2024-11-05"Hallo aan ’n nuwe, gesonder jy! The South African keto and intermittent fasting cookbook is meer as ’n resepteboek vol heerlike disse. Dit gee jou al die hulpmiddels om gesonder te leef."
Om Bibi Slippers in Gqeberha te vind: ’n lesersindruk van Soekenjin
2024-10-29"Daar is heelwat gedigte in Soekenjin wat ek nog moet ontrafel, maar oor die algemeen is die gedigte heel toeganklik vir ’n nie-letterkundige soos die uwe. Gedigte oor die lus, liefde, lewe en die soektog van die moderne mens met sy internet, WhatsApp, Google, Tinder en ander dinge waarvan ’n Baby Boomer soos ek nie eers weet nie."
Wildepruim deur Elmaré Lombard: ’n lesersindruk
2024-10-23"Wildepruim is soos een van daardie kunswerke waar ’n kyker van naby honderde klein sketsies sal sien. Elkeen verskaf ’n baie klein bietjie detail, maar nie ’n geheelbeeld nie. Dit is met sommige stukke visuele kuns nodig om weg te stap, om nie meer na die besonderhede te kyk nie – dán skielik sien ’n mens ’n totaal nuwe stuk kuns raak."
Kortliks met Stefaans: 23 Oktober 2024
2024-10-23"Nadat ek Nicol ’n paar jaar gelede toevallig ontdek het, het ek doelbewus na Suid-Afrikaanse Engelse skrywers begin soek. Daar was ’n paar verrassings, Roger Smith vir een. En nadese Kurt Ellis."
Life lessons: How to fail and win by Alan Knott-Craig: a reader’s impression
2024-10-17"What part of the book did I like most? The knowledge that you can still win, even if you sometimes lose. Losing isn’t always losing; sometimes it is merely something not working out now, and you need to move on to the next step."
’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk
2024-10-17"Die vertelling kombineer die verhaal van trauma, alkoholisme en huishoudelike en emosionele geweld met elemente van hoop en dien aanvullend ook as ’n soort gids vir mense wat hulleself in soortgelyke posisies mag bevind ... Met die buitengewone vlakke van gesinsgeweld in Suid-Afrika sal hierdie boek waarskynlik nog baie jare lank gelees word."
Your ultimate personal finance guide by Johan Gouws: a review
2024-10-15"In Your ultimate personal finance guide, the key, as in much else in life, seems to be self-exploration and self-knowledge. Defining your own ideals, vision and boundaries, identifying strengths and addressing weaknesses can set one on a path of success. Having a plan, even if it is not a good plan, is always preferable to having no plan, particularly when it comes to personal finances."
